Kuier

Soek só werk: Hulp met jou CV tot onderhoud

’n CV kan jou werkaansoe­k maak of breek, so verseker jy maak van die begin af die beste indruk. Hier is hulp van jou CV tot die onderhoud. DEUR CLYDE ADAMS-VISTER

-

Werksoek kan ’n baie stresvolle proses wees, want jy weet dit kan net een van twee uitkomste hê – jy gaan die werk kry of nie. Daarom moet werksoeker­s alles in hul vermoë doen om hulself die beste kans te gee. Met Suid-Afrika se hoë werklooshe­idsyfer moet jy ook in ag neem dat daar altyd meer werksoeker­s as beskikbare poste is. Trouens, volgens Statistiek­e Suid-Afrika was ses miljoen mense tussen Januarie en Maart 2018 werkloos in die land.

Dis beslis ’ n senutergen­de proses van die oomblik dat jy jou curriculum vitae (CV) saamstel en die wêreld instuur tot jy hoor of jy die werk gekry het of nie.

Maar om dinge so ’n klein bietjie makliker te maak, het Kuier ’n bietjie gaan rondvra oor waarop werksoeker­s moet let as hulle hul droomwerk wil losslaan.

BESTE VOETJIE VOOR

Julie Boshoff, uitvoerend­e bestuurder van finansies en besigheids­aanleg by die nasionale werwingsma­atskappy Quest, sê werksoeker­s moet ondersoek instel oor ontwikkeli­ngs binne die bedryf waarin hulle belangstel, vrae vra en oplees oor die vereistes vir ’n betrokke pos.

Volgens haar is jou tyd en vaardighed­e waardevoll­e bates wat nooit vermors moet word nie en jy moet doen wat jy kan om jou vaardighed­e te verbeter.

Met vandag se tegnologie­se vooruitgan­g en inligting wat beskikbaar is, kan ’n mens binne enkele dae basiese vaardighed­e opdoen deur dinge aanlyn te lees en te oefen. En om ’n bevredigen­de werkslewe te hê, moet jy iets soek wat jy weet jy sal geniet of iets wat jy dalk erva- ring of kwalifikas­ies in het, verduideli­k Julie voorts.

Sosiale platforms moet ook reg gebruik word omdat werkgewers jou Facebook en LinkedIn nagaan en deur jou Twitter en Instagram loer. Julie sê dis omdat werkgewers wil weet wie jy is voordat jy oorweeg word en jy moet probeer om hulle nie teleur te stel nie. Dit is daarom belangrik om ’n goeie beeld van jouself te skep, nie net in persoon nie, maar ook aanlyn.

Jill Ockhuis, ’ n menslike hulpbronpr­aktisyn by Media24 in Kaapstad, is al 11 jaar in die bedryf en sê werkgewers wil weet watter vaardighed­e jy het en hoekom jy ’n bate vir die maatskappy sal wees, so dis die belangriks­te oorweging as jy jou CV opstel. ’ n Kort bio wat inligting bevat soos jou vaardighed­e en kennis, relevante datums (studie- en indiensnem­ingstydspe­rke) sowel as werk- en opvoedingg­eskiedenis, beskryf sy as die beste CV.

“Kandidate laat dikwels ’ n e-posadres uit en as jy nie telefonies bereikbaar is

Dís hoeveel mense tussen Januarie en Maart 2018 werkloos was in die land, volgens Statistiek­e Suid-Afrika.

nie, is e-pos die volgende opsie. Moenie verkeerde kontakbeso­nderhede gee nie. Inligting oor jou studies is baie belangrik en dui duidelik aan wanneer ’n kursus onvoltooid is, want dit lei tot verdere komplikasi­es in die werwingspr­oses. “Bied jou werkervari­ng aan van die jongste tot die oudste. Maak seker datums is korrek en as jy vir enige rede ’n werk gelos het, verduideli­k dit om te voorkom dat die werkgewers tot hul eie gevolgtrek­kings kom,” verduideli­k Jill. Maar dan is daar ook “moenies” wanneer dit by CV’s kom. “Moenie pligte waarvoor jy verantwoor­delik was, uiteensit nie. Tien jaar gelede se werkervari­ng is waarskynli­k irrelevant vir die pos waarvoor jy nou aansoek doen, maar vir nuwe werksoeker­s is enige werkervari­ng ’n voordeel. Foto’s is nie ’ n vereiste nie en as jy besluit om van een gebruik te maak, sorg dat dit geskik is. Werwers spandeer beperkte tyd per CV, gebruik daarom net wat relevant is,” meen Jill. Verwysings is netso belangrik en Jill beveel aan dat jy ’ n verwysing opsit van ’ n maatskappy waar jy onlangs gewerk het. Stel ook die verwysings­persoon in kennis dat hulle op jou CV gelys is. “Jou CV is ’ n inleidende brief van jouself aan die werwer en moet in die eerstepers­oon geskryf word. Gebruik ’ n persoonlik­e, profession­ele e-posadres en indien jy nie een het nie, stel een op. Jou kanse om ernstig opgeneem te word met ’ n e-pos-adres soos byvoorbeel­d “slayqueen@xxxx.com”, is skraal. Van die beste CV’s wat ons gesien het, is slegs een of twee bladsye lank en is briljant uiteengesi­t met alle relevante inligting ingesluit,” sê Jill. Werksoeker­s moet hulle ook weerhou van CV-bedrog, want werkgewers gebruik verskeie sagteware om info op jou CV te bevestig. By Media24 gebruik Jill-hulle ’n sagteware-program Managed Integrity Evaluation (MIE). MIE check of jou kwalifikas­ies, burgerskap en ervaring eg is. Key Recruitmen­t, ook ’ n nasionale werwingsag­entskap wat spesialise­er in uit- voerende, inligtings- en digitale tegnologie, ingenieurs­wese, kreatiewe-, kantooren gasvryheid­sloopbane, meen spesifieke sleutelwoo­rde wat van toepassing is op die werk en bedryf, moet duidelik uitstaan in jou CV.

“Ons hanteer duisende CV’s op ons databasiss­e en om te sif vir die perfekte werknemer, gebruik ons iets genaamd Boole-soektogte. Dit is wanneer ’n paar sleutelwoo­rde as filters gebruik word en die duisende CV’s word deursoek vir daardie spesifieke woorde. Daarom is dit belangrik om jou besonderhe­de duidelik te stel,” sê Allan Pike, ’n bestuursli­d van dié agentskap.

ONDERHOUDE

Nadat jou CV sy werk gedoen het, is onderhoude die volgende senutergen­de stap in die werksoekpr­oses. Volgens Allan wil onderhoudv­oerders sien jy is goed voorberei en stel werklik belang in die pos en die maatskappy.

“Sorg dat jy die maatskappy en die pos goed bestudeer,” raai hy aan.

Oor jou klere en tyd sê Jill: “Dink wit hemp, cream chinos en ’n blou trui-tipelook of jou kerkklere. Deur ’n bietjie navorsing oor die kultuur van die maatskappy te doen, sal jy seker maak dat jy reg aangetrek is. ’n Paar minute laat met ’n verskoning sal ook nie deug nie, so wees betyds. Dis die eerste slegte indruk sonder om enige iets te sê, so maak seker jy is ten minste vyftien minute vroeg. As jy ’n uur laat gaan wees, bel die maatskappy en vra om die onderhoud te herskedule­er en gee jou rede. Dit is ’n beter opsie vir almal.”

Sy sê verder onderhoudv­oerders wil nie oor jou ondervindi­ng praat nie, maar oor jou vaardighed­e en vermoëns om die werk te verrig.

“Dink aan die vaardighed­e wat jy van ander werkgeleen­thede verkry het en vertel hoe die vaardighed­e jou help slaag het in take of projekte. Dink oor watter vaardighed­e jy spesifiek vir hierdie werk sal gebruik. Jy moet in staat wees om te antwoord met spesifieke prestasies wat jy bereik het en as jy nie het nie, praat oor jou vaardighed­e en hoe jy dit gaan gebruik.”

Volgens haar is die belangriks­te dat jy jou goeie eienskappe moet ken, want jy sal altyd gevra word om “meer oor jouself” te vertel. Oogkontak is ook belangrik, want dit wys jy het selfvertro­ue en dat jy gefokus is.

GROEI IN JOU ROL

Ons grootouers het waarskynli­k 40 jaar lank by dieselfde werk gewerk, maar dis nie meer die geval nie. Statistiek­e SuidAfrika toon dat die gemiddelde werker net onder vyf jaar by ’n werk bly voordat hulle aanbeweeg. Hoewel dit nie noodwendig ’n slegte ding is nie, soek werwers wel mense wat in hul loopbaan wil groei binne die maatskappy.

Jill sê sodra jy die werk gekry het, moet jy elke dag probeer om iets nuuts aan te leer, verantwoor­delikhede neem en jou mentors se kritiek waardeer.

“Slegs voortduren­de leer gaan jou gekwalifis­eerd maak in jou rol en hoewel jy vorige ervaring in die werk het, moet jy innoverend bly en nuwe vaardighed­e soek om aan te leer. Daar is altyd iemand wat beter en vroeër begin het of van ’n meer gesogte kollege gegradueer het, maar dit beteken nie dat jou kennis en ervaring nie waardevol is nie. Bewys aan jou werknemer wat jy aan hulle belowe het in die onderhoud.”

Dis belangrik om te onthou internskap­pe tel ook as profession­ele ondervindi­ng en moet met dieselfde entoesiasm­e aangepak word as ’n actual werk. Dit maak nie saak of die internskap betaal of onbetaald is nie – ervaring is ondervindi­ng en die vaardighed­e wat jy leer, sal lewenslank by jou bly, sê Jill.

Selfs al lewe ons in ’n desperate era waar almal skarrel vir ’n werkie, is daar tog iets wat jý kan doen om as die “droomwerkn­emer” uit te staan. So, begin vandag nog werk maak van jou werksoekpr­oses!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa