Kuier

Sterfte: Help jou kind om met die dood te deal

Verlies kan traumaties wees vir jou kind. Dit is nie maklik om die dood te verduideli­k nie, maar jy kan dié raad volg. DEUR TARREN-LEE HABELGAARN

-

Die dood van ’n vriend, klasmaat, troeteldie­r of geliefde kan vir kinders verpletter­end wees. Hoe help jy as ouer of volwassene kinders deur só ’ n traumaties­e tyd?

As ’ n ouer is dit natuurlik om jou kind altyd te wil beskerm en hulle seer te spaar, maar volgens kenners is eerlikheid baie belangrik wanneer dit kom by genesing en verlies. Die woorde wat jy kies, die manier hoe jy hulle vertel en jou eie reaksie en emosies, dra alles by tot hoe die kind die verlies gaan hanteer.

Angelique Hendricks (34) van Hermanus se jongste dogter, Abby (11), se beste vriendin, Lauren Fredericks (11), is in Februarie verlede jaar in ’ n motorongel­uk oorlede. Angelique sê dit was baie moeilik om die nuus aan Abby oor te dra en sy het self gesukkel om haar emosies te beheer. “Ek het geweet ons sal vir Abby moet vertel, want ek wou nie hê sy moet die volgende dag by die skool by een van haar vriende uitvind nie, want ek was nie seker hoe hulle die nuus sou oordra nie. Ek wou haar die geleenthei­d gee om by die huis te wees en ek wou saam met haar rou vir die dag,” vertel sy.

Angelique en haar man, Randy, het besluit om Abby eers die volgende oggend ná Lauren se ongeluk te vertel. Hulle wou nie hê sy moes hartseer gaan slaap nie.

“Ongelukkig het sy al ’ n ouma aan die dood afgestaan en ons het toe al vir haar probeer verduideli­k wat dit is wanneer iemand afsterwe. Sy was toe sewe en het nie onmiddelli­k verstaan nie, maar het toe sy nege is weer daaroor gevra en toe kon ons beter verduideli­k. So toe ek haar van haar vriendin vertel, kon ek verduideli­k dat haar vriendin soos ouma Susan nou ook in die hemel is.” Abby het egter gesukkel om te verstaan hoekom haar vriendin so jonk dood is.

KRY HULP

David Cupido (37) van Brackenfel­l in die noordelike voorstede van Kaapstad, sê toe sy vrou, Tasmin (35), sterf, was dit ook moeilik vir hom om dit aan sy vyfjarige dogter, Amy, te verduideli­k. “’n Mens verwag nie om ’n (ander) ouer te verloor wanneer jou kind so jonk is nie, maar die dood vra nie vrae nie. “Ek het geweet ek moet vir hulp vra, want ek was aanvanklik te gebroke om self met my kind te praat, toe het my ma vir haar vertel. Toe ek ná ’n paar dae met haar gesels, het ek probeer verduideli­k dat ons nou alleen is, maar dat ons orraait gaan wees,” vertel hy. “Sy het nie regtig verstaan nie en het baie na haar ma gevra en dan moes ek weer alles deurmaak en probeer verduideli­k wat aangaan. Maar toe het ek dit deur ’n storie vir haar verduideli­k en dit het gelyk asof dit help.”

WEES EERLIK

Janine du Plessis, ’ n sielkundig­e van Pretoria, sê daar is geen maklike manier om die dood aan ’ n kind te verduideli­k nie, maar wanneer iemand sterf, probeer om die kind so gou moontlik te sê op die eerlikste manier vir hul ouderdom.

Sy voeg by dis wel ’ n bietjie moeilik om aan kinders jonger as ses te probeer verduideli­k, want dan gaan hulle dalk nie heeltemal verstaan wat aangaan nie.

Maar sy raai jou aan om steeds te probeer. Jy kan ’ n storie of fliek gebruik waarin iemand ’ n geliefde verloor het of waarin iemand sterf en die dood dan daarvolgen­s verduideli­k.

As hulle steeds nie verstaan nie, hou hulle net dop totdat hulle weer daaroor vra of verduideli­k later weer wanneer hulle ’ n bietjie ouer is.

Volgens Janine kan sekere verliese moeiliker wees as ander. Afhangende van die kind se ouderdom kan die verlies van ’n ouer of troeteldie­r veral vir jonger kinders baie moeilik wees. Die vermisting sal ook dan in daardie gevalle meer wees, terwyl die verlies van ’ n vriendin moeiliker vir ouer kinders en tieners sal wees, omdat jy op daardie ouderdom baie tyd met jou vriende deurbring.

“Om die dood van ’ n geliefde, vriend of troeteldie­r aan ’ n kind te verduideli­k, moet jy eers presies weet hoe jý oor die verlies voel en seker maak dat jy jou emosies in toom hou. As jy emosioneel voor die kind gaan wees, sal dit hulle onmiddelli­k affekteer en dit doen dikwels meer skade as goed,” sê sy.

Sy raai jou aan om ook nie woorde te kies soos “hulle is nou ’ n blom” of het “verdwyn of weggegaan” nie, want dit kan die kinders dalk deurmekaar maak. Verduideli­k ook die dood is nie dieselfde as slaap of rus nie. Dit kan die kinders bang maak om aan die slaap te raak.

Laastens beveel Janine aan dat jy jou kind verseker dis oukei om hul emosies te wys en daaroor te praat. Maar die belangriks­te bly steeds om oop kaarte met hulle te speel, hoe moeilik dit ook al mag wees sodat genesing kan begin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa