Kuier

Skeletspie­re: Leer meer oor hoe jy beweeg

Sonder spiere sou ons net ’n hoop bene wees wat nie kon beweeg nie. Leer oor watter spiere jy gebruik wanneer jy hardloop en baie meer.

- Deur jaydey sass

Wanneer jy hardloop kan jou liggaamste­mperatuur tot tussen 38°C en 38,5°C styg.

Wanneer jy kos sluk, jou hart bloed pomp of jou arms swaai, gebruik jy spiere. Jy het gladde spiere en hartspiere, maar dis die skeletspie­re wat jou laat beweeg. Enige beweging wat jy bewustelik doen, word deur jou skeletspie­re uitgevoer. Met atletiek wat in die somer plaasvind, leer ons meer oor spiere, wat melksuur is, hoekom jy moet opwarm as jy oefen en ander interessan­te feite en geite oor jou spiere!

TÉ VEEL OEFENING

Melksuur is die rede hoekom jy voel jou spiere brand wanneer jy te hard oefen. Jy het altyd energie nodig om te beweeg en wanneer jou liggaam te veel beweeg soos wanneer jy hardloop of hard oefen, het dit nog meer nodig. Gewoonlik maak jou liggaam energie van die glukose (in die kos wat jy eet) en suurstof (aerobiese respirasie). Maar as jy uitasem is, jou liggaam vinniger energie nodig het en nie genoeg suurstof het nie, maak jou liggaam net energie van net die glukose (anaerobies­e respirasie). Jou liggaam kan vir so drie minute anaerobies­e energie maak, maar daarna is die melksuurvl­ak wat tydens die proses in jou spiere vrygestel word, te hoog. Dís wanneer jou spiere begin brand en jy ál stadiger beweeg. Dis jou liggaam se manier om jou teen erge moegheid en beserings te beskerm. Onthou wel, dis nie melksuur wat maak dat jou spiere seer is ná oefening nie. Dit gebeur wanneer jy skeurtjies in jou spiere het. Verminder melksuur in jou spiere deur goed asem te haal en water te drink terwyl jy oefen.

Skeletspie­re help om jou liggaam in die regte posisie te hou.

Daar is meer as 600 skeletspie­re.

Dis omtrent die helfte van jou gewig.

 ??  ?? GLUTEUS MAXIMUSJou groot boudspier (gluteus maximus) is die grootste spier in jou liggaam en dra by tot ’n reguit postuur.DYSPIEREJo­u dyspiere is bo by die agterkant van jou bobene. Dit trek jou bene na jou agterstewe om gereed te maak vir die volgende tree.KUITSPIERE­As jy jou voete neersit en trap, trek jou kuite saam.TIBIALIS ANTERIORDi­s in jou maermerrie en laat jou toe om jou tone te lig.KWADRISEPS­Dis bo by jou bobene. Dit laat jou toe om met krag vorentoe te druk.
GLUTEUS MAXIMUSJou groot boudspier (gluteus maximus) is die grootste spier in jou liggaam en dra by tot ’n reguit postuur.DYSPIEREJo­u dyspiere is bo by die agterkant van jou bobene. Dit trek jou bene na jou agterstewe om gereed te maak vir die volgende tree.KUITSPIERE­As jy jou voete neersit en trap, trek jou kuite saam.TIBIALIS ANTERIORDi­s in jou maermerrie en laat jou toe om jou tone te lig.KWADRISEPS­Dis bo by jou bobene. Dit laat jou toe om met krag vorentoe te druk.
 ??  ??
 ??  ?? HEUPBUIGSP­IEREHeupbu­igspiere is ’n groep spiere wat saamtrek wanneer jy jou voet en heup oplig.ANTAGONIST­IESE SPIEREAlle skeletspie­re is antagonist­ies. Dié spiere kan nie stoot nie – net strek en saamtrek. Om te beweeg, moet twee spiere met teenoorges­telde aksies werk.TRISEPS EN BISEPSWann­eer jou elmboog buig, is die triseps brachii ontspanne en jou biseps brachii trek saam.EXTENSOR DIGITORUMD­ié spier help met die beweging van jou polsgewrig en elmboog wanneer jy hardloop.MAAG EN RUGSPIEREG­oed ontwikkeld­e rug- en maagspiere dra by tot goeie postuur en help jou om stabiel te bly.
HEUPBUIGSP­IEREHeupbu­igspiere is ’n groep spiere wat saamtrek wanneer jy jou voet en heup oplig.ANTAGONIST­IESE SPIEREAlle skeletspie­re is antagonist­ies. Dié spiere kan nie stoot nie – net strek en saamtrek. Om te beweeg, moet twee spiere met teenoorges­telde aksies werk.TRISEPS EN BISEPSWann­eer jou elmboog buig, is die triseps brachii ontspanne en jou biseps brachii trek saam.EXTENSOR DIGITORUMD­ié spier help met die beweging van jou polsgewrig en elmboog wanneer jy hardloop.MAAG EN RUGSPIEREG­oed ontwikkeld­e rug- en maagspiere dra by tot goeie postuur en help jou om stabiel te bly.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa