Kuier

KuierCoach

Wanneer jy nie gelukkig is in jou werk nie, is die oplossing nie altyd om jou goed te vat en te loop nie. Hier is raad as jy nie meer werkbevred­iging ervaar nie en jouself wil motiveer.

- DEUR MICHELLE BLOEM

Die meeste mense spandeer die grootste gedeelte van hul dag by die werk. As ’ n mens ongelukkig of ongewaarde­er voel by die werk, het dit ’n groot invloed op jou algemene gemoedstoe­stand en dit beïnvloed die res van jou dag ook negatief.

Natuurlik oorweeg baie mense wat nie werkbevred­iging ervaar nie soms om van werk te verander, maar dit is nie altyd prakties nie. Dis baie belangrik om altyd eerste met jou baas te praat as daar dinge is wat krap. Goeie, oop en eerlike kommunikas­ie is die basis van enige verhouding. Laat jou baas weet dat jy met hom of haar wil gesels en maak ’ n afspraak vir ’ n gepaste tyd.

Dit is nie altyd maklik om te gesels oor dinge wat jou pla by die werk nie – veral nie as jy ’ n probleem met jou baas self het nie.

Die beste manier om ’ n sensitiewe onderwerp aan te raak, is om die gesprek met ’n positiewe gedagte te begin en te eindig en dit wat jou pla in die middel te sê. Begin deur te sê jy waardeer dat jou baas tyd gemaak het om na jou te luister. Lig hom of haar dan in oor wat jou pla. Nadat jy jou saak gestel het, kan jy eindig deur byvoorbeel­d te sê: “Ek hoop regtig dat ons so en so kan uitsorteer, want ek wil graag ’ n goeie werksverho­uding met jou hê.”

Luister dan met aandag wanneer jou baas reageer op wat jy gesê het en as hulle nie saamstem met wat jy gesê het nie of iets sê waarmee jy nie saamstem nie, moet onder geen omstandigh­ede emosioneel reageer nie. Laat hul woorde insink, dink daaroor, haal diep asem en reageer op ’n gepaste manier.

’n Goeie manier om doeltreffe­nd met jou baas of iemand anders te praat, is om uit te vind wat vir hulle belangrik is in die lewe, wat hul waardes is en dan die gesprek daar rondom te voer. As jy byvoorbeel­d weet jou baas wil hê jy moet elke dag betyds by die werk wees, maar jou taxi of trein is altyd laat, vra of julle miskien jou ure kan verander sodat jy altyd stiptelik by die werk kan opdaag.

Nie-gewelddadi­ge kommunikas­ie is ’n bekende manier van kommunikas­ie wanneer twee mense nie oor ’n saak kan saamstem nie. Die beginsel daaragter is dat albei partye moet bepaal watter behoefte van die ander persoon nie bevredig word in die huidige situasie nie. Wanneer jy kan sien wat die ander persoon nodig het en dit erken, stem julle oor iets saam en kan julle verder die saak probeer uitpluis en oplos. Jy plaas jouself dus in die ander persoon se skoene en kan dus empatie met sy of haar siening oor die saak ervaar.

Vra byvoorbeel­d dié vraag in die gesprek: “Wat het jy van my nodig om hierdie saak op te los?” Gebruik soveel moontlik positiewe taal. In plaas van om te sê: “Ek weet jy hou nie daarvan dat ons tyd mors nie. . .,” sê: “Ek weet werktyd is kosbaar vir jou . . . ”.

Let ook daarop dat jy in jou gesprek fokus om die probleem op te los en dat dit nie klink asof jy kla nie. Fokus op die positiewe. Wees ook bewus van jou lyftaal. Sit byvoorbeel­d met jou hande in ’n ontspanne, gevoude posisie en nie met styf gekruisde arms in ’ n verdedigen­de posisie nie.

As jy regtig voel tot hier toe en nie verder nie, gaan jy dit goed moet deurdink en nie net impulsief bedank nie. Gaan sit en dink rustig oor wat jy regtig wil doen in die lewe en werk dan ’ n plan uit om daarby uit te kom.

’n Goeie vraag om jouself te vra, is: “Wie is die persoon wat ek wil word om gelukkig te kan wees?”. Skryf ’ n gedetaille­erde, realisties­e doel vir jouself met ’n duidelike tydlyn vir voltooiing neer. Gaan doen navorsing oor watter kwalifikas­ie en ander hulpbronne jy gaan nodig hê en werk die mylpale uit wat jy moet bereik om die groot doel te kan haal.

As jy byvoorbeel­d weet jy gaan nog twee jaar in jou huidige pos moet bly terwyl jy aanlyn of deur die pos ’ n kursus voltooi vir jou ideale beroep, gaan jou huidige werk draagliker wees. Jy gaan ook gemotiveer­d wees.

Dis baie belangrik om altyd eerste met jou baas te praat as daar dinge is wat krap. Goeie, oop en eerlike kommunikas­ie is die basis van enige verhouding.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa