Kuier

Wat die hart van vol is

As goed gebeur waarvoor ons ons oë uit ons kop skaam, kan ons gerus saam met die res lag. Dis mos goed vir die siel!

- DEUR GERTY STEENKAMP

Met die kim van my onderwyslo­opbaan binne raakvatafs­tand, gloei my wange steeds – net by die gedagte aan die vele herinnerin­ge van verleenthe­id, maar ook lekker lag.

Om voor ’ n stampvol klas te val, sal vir seker met ’ n onbedaarli­ke lag eindig. Dis immers ’ n welkome variasie op eentonige periodes, veral as dit met ’ n ongewilde ou suurknol soos ek gebeur. Die luide gelag en jillende tieners sal my altyd bybly. Uit ’ n klas van 58 het geen siel daaraan gedink om hul juffrou te kom ophelp nie.

’n Samaritaan, ene Jakobus Kotze, wat daar ingeloer en my hulpeloos op my sitvlak sien sit het, het na my uitgereik. Ná ’n hele paar pogings van verskeie tegnieke kon die skrale Jakobus nie daarin slaag om my orent te kry nie. Hy moes gaan hulp soek. Die versterkin­g was beliggaam in ’n ewe fyn vlinder wat saam met Jakobus daarin kon slaag om my uiteindeli­k op my bene te help. Dankie tog, want voor die volgende klas opgedaag het, was ek afgestof, uitgestryk en op my pos!

Maar soos die noodlot dit wou hê, het my rooi wange nie daar geëindig nie. Eendag besluit ek om een van my leerders se ouerhuis te besoek, want sy was al vir vyf weke afwesig. Ek verduideli­k aan haar ma dat sy ’ n brief aan my geskryf het om te verduideli­k dat sy haar enkel gebreek en ligamente geskeur het en omdat sy baie pyn het, sal sy nog ’ n tyd lank afwesig wees. Die mammie se wind was uit haar seile geslaan. Sy het gebewe en haar dogter, wat by die kerk besig was, gebel en beveel om huis toe te kom: “Nou, soos in dadelik, maak jy dat jy by die huis kom!” Haar ma het my verseker dat haar dogter nie haar enkel beseer het nie, nie met krukke loop nie en beslis elke dag by die deur uitstap skool toe. Die oomblik toe die dogter met ’n betraande gesig by die deur inkom, het ek besef dat ek haar met ’n ander leerder verwar het! Ek was so skaam en kon nie genoeg om verskoning vra nie.

Eendag in die klas het ek gewonder waaroor die hand-voor-die-mondhouery, onderlangs­e gegiggel en snorkende laggeluide gaan, toe ’n gawe meisie in my oor kom fluister dat my neus bloei! Ek was in ’n helse verleenthe­id. Dieselfde het gebeur toe ’ n ander meisie ’ n nota op my tafel kom neersit om my te sê dat my bloes se knoop oop is – en dit nogal op ’n plek waar ek dit liewer sou wou toe hê.

Die dae toe ek met hare wat kiertsrego­p in elke rigting staan die klas binnegekom het, was netso ’ n onaangenam­e ervaring. Die gejillery het seergemaak. Die betekenisv­olle blikke en diep-uit-die-hartlekker­kry-uitdrukkin­gs was ’ n bitter pil. Die gespartel en gespook om die kroesies weer op hul plek te probeer kry, sou nooit veel help nie. Want sien, met die uitdeel van dié donsies, het ek die agterhoede gedek. Ek het al woorde aangehoor wat wissel van pitte, dooie vlieë, dorings, weeskinder­tjies tot stoepsitte­rs. My reis vanaf strykkam tot Dark & Lovely kan met ’n trip om die wêreld geëwenaar word. Deesdae salueer ek Brazilian treatments en die flat iron.

Om ’n mens se verleenthe­id te omskep in ’n humorgelee­ntheid, is ’n wenresep. Om saam met die toeskouers te lag, werk! Trouens om vir jouself te lag, bring bevryding. Soos toe ek ’n leerder aanspreek oor sy laatkommer­y en my preek met ’n geskater uit die banke kortgeknip word, het ek liewer begin saamlag. Dit het my toe bygeval dat ék die een was wat hom gestuur het!

Rooiwang-situasies is volop in my lewe en met die klok wat genadeloos al vinniger aanstap, het ek al selfs met onpaar skoene en bloes aan die verkeerde kant by die skool opgedaag!

Jy het ’n keuse: Gaan jy toelaat dat skandes jou selfvertro­ue kniehalter of gaan jy jouself aanvaar, jou met positiewe mense omring en jou Skepper dank vir ’n leeftyd propvol wonderlike ervarings?

Wel ek kan getuig, deur skandes is ek vandag skat-skatryk!

Om ’n mens se verleenthe­id te omskep in ’n humorgelee­ntheid, is ’n wenresep.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa