Kuier

Vision boards: Knip en plak só vir jou toekoms

As jy nie seker is wat jy vir die res van jou lewe wil doen nie, kan ’n vision board jou help!

- DEUR TARREN-LEE HABELGAARN

Dis tans ’ n vrou van Bloubergst­rand in die Kaap se enigste missie om ander te help om hulself en hul drome te ontdek. Sy help hulle om dít te doen deur hul eie vision boards te maak.

Dit klink dalk vreemd, want hoekom sou jy nou ’ n vision board nodig hê om jouself te ontdek of planne vir die toekoms te maak?

Maar dit werk soos ’n bom, sê Sonja McKaiser (44). Dit werk só goed dat sy haar eie vision board-besigheid, The Creative Space with Sonja, begin het en nou daagliks mense help om hul nuwe destiny te vind – hetsy op ’ n persoonlik­e of beroepsvla­k.

By The Creative Space gebruik Sonja twee maniere om in kontak met jou kreatiewe kant te kom en dit is deur middel van die Expressive Writing en Vision Board Workshops. In die Expressive Writing Workshop kry jy ’ n onderwerp waaroor jy ’ n storie moet skryf, maar jy moet jouself ook deel van die storie maak. Sonja sê dié werkswinke­l is perfek vir diegene wat ’n bietjie stilte of “me time” soek.

Volgens haar is kreatiewe skryfwerk en vision boards goeie maniere om jou perspektie­f te gee en jou te leer om jou hart eerder as jou kop te gebruik om besluite te neem. “Mense is baie bang om met hul hart te dink, want ons wil altyd ’n plan hê. Daar is te veel op die spel en jy kan nie van drome leef nie, maar sodoende vergeet ons om gelukkig te wees. Jy moet ook iets hê wat jou opgewonde maak en jou harder wil laat werk, meer liefde wil laat gee en ook meer nuwe dinge wil laat probeer.”

VERANDERIN­G MOEILIK

Sonja, oorspronkl­ik van die Oos-Kaap, voel mense is deesdae te behep met hul eie idee van hoe dinge in die lewe moet gebeur. “As jy byvoorbeel­d rekeningku­nde geswot het, maak jou logika jou wys jy móét vir die res van jou lewe ’ n rekenmeest­er wees. Of as jy in die polisie opgelei is, móét jy tot jou aftrede in die polisiedie­ns bly. Jy glo omdat jou ouers of dalk jyself vir ’ n kursus betaal het, is dit geldmors om skielik of nóg erger, ná jare, te besluit om dit te los omdat jou passie nie in daardie rigting lê,” verduideli­k Sonja die saak. Sy sê dieselfde kan gesê word van verhouding­s, huwelike of selfs ’ n huis waarvoor jy betaal het.

Sy sê wanneer mense eers tyd en geld in iets geploeg het, is dit vir hulle moeilik om later van plan te verander as hulle nie meer gelukkig is nie. Volgens haar dink mense hulle moet aanhou totdat die tyd reg is om aan te beweeg, maar voor jy jou kom kry, is jy bitter ongelukkig en is dit 10 jaar later.

Volgens haar is baie mense bang vir veranderin­g en te bang om ’n kans te vat, omdat hulle nie weet of die veranderin­g hul situasie sal verbeter nie. Maar soms is hulle ook net nie seker wat dit is wat hulle werklik gelukkig gaan maak en waaroor hulle eintlik passievol is nie. En dís waar Sonja kan help.

Haar werkswinke­l vir vision boards wys jou stap vir stap hoe om jou hart te volg en te ontdek waaroor jy werklik passievol is. Sonja glo in prentjies. “Mense dink in prentjies. Ek laat hulle prentjies uitknip wat met hulle praat of wat ’n gevoel binne-in hulle wakker maak. Maar selfs dan wil ons koppe oorvat, maar ek probeer hulle leer om net te voel en nie te dink nie.”

Volgens Sonja maak mense se vision boards nie altyd aan die begin sin nie, maar dis slegs ’n padkaart sodat jy ’n visuele verteenwoo­rdiging het van jou doelwitte en drome sodat jy weet waarheen jy op pad is. “Die vision board is ’n tasbare ding waarmee jy huis toe kan gaan en as ’n kaart kan gebruik om by daardie doelwitte uit te kom.“

Sonja sê dis normaal vir mense om skepties te wees oor ’n vision board en of dit jou regtig kan help om jou passie te ontdek en gelukkiger te wees, maar volgens haar is ’n vision board nie die ding wat jou geluk gaan bring of jou lewe verander nie. Dit help jou net om uit te vind waaroor jy regtig passievol en opgewonde raak en waaroor jy graag droom of wil bereik, sodat jy ’n beter idee sal hê van waarheen jy gaan en waarop jy moet konsentree­r.

Maar in dieselfde asem verduideli­k sy dat nie alles onmiddelli­k vir jou gaan sin maak nie. Vir haar gaan dit oor meer as net prentjies uitknip en op ’n bord plak. Sy sien haar werk eerder as dit van ’n life coach wat kreatiwite­it gebruik om vir mense rigting te gee.

HAAR INSPIRASIE

Sy was self geïnspiree­r deur ’ n life coach wat haar gehelp en haar aan vision boards blootgeste­l het toe sy deur ’ n ongelukkig­e tyd in haar lewe gegaan het.

Sonja het taal geswot, maar moes ná universite­it by haar familie se verspreidi­ngmaatskap­py gaan werk om haar broer, Rurik, met bestuursta­ke te help. Sy was vir ’ n baie lang tyd ongelukkig, maar het nooit regtig geweet hoekom nie. Maar dit was toe juis Rurik wat haar die nodige inspirasie gegee het toe hy sý drome volg deur die familiebes­igheid te verlaat en regte gaan swot. Hy het later sy eie praktyk in Johannesbu­rg oopgemaak.

“Dit was iets heeltemal anders as wat hy oorspronkl­ik geswot het en iets heeltemal anders as die bedryf waarin ons al vir so lank gewerk het, maar dit was sy passie en dit het my geïnspiree­r om my eie passie te ontdek en te volg,” sê sy.

Rurik het Sonja aangeraai om ’ n life coach te gaan sien sodat hulle kon kyk hoe hulle vir haar ’n rol in die besigheid kon skep wat haar meer passievol en opgewonde sou maak. Die life coach het haar ’n vision board laat maak.

Sonja sê sommige goed op haar bord het makliker as ander gebeur, maar binne twee jaar was sy (op 42) getroud en het sy vir haar wittebrood in Zanzibar vakansie gaan hou. Dit was twee van talle goed op haar vision board wat waar geword het.

Die familiebes­igheid moes ná haar troue hul deure sluit toe een van hul grootste kontrakte beëindig is. Dit was hartseer, maar ook die perfekte geleenthei­d vir Sonja om haar eie pad te volg. Sy het toe in 2017 haar werksessie­s begin.

Vandag help sy talle mense om met hul kreatiewe kant in aanraking te kom en om uit te werk wat hul drome vir hul werk, besigheid, lewe of verhouding­s is. Sy geniet elke oomblik en voel nooit regtig asof sy ooit werk nie.

“Dit is vir my so lekker om elke dag op te staan en te weet ek gaan iets doen wat my inspireer en ’ n verskil in ander se lewens ook gaan maak.” Besoek sonjamckai­zer.com vir meer inligting.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa