Kuier

Hoofkos: Maak die lekkerste disse met spek

Spek is nie net smullekker as ontbyt nie, dit maak ook ongeloofli­ke smaaklike geregte wat die hele gesin sal geniet. En wanneer jy dié geregte maak, moenie suining wees met die spek nie!

- Deur Karen Hart

SPEK-EN-KAAS-QUICHE Genoeg vir 6

BESTANDDEL­E Kors 1½ koppies koekmeel ’n Knippie sout 6 eetlepels botter Yswater Vulsel 1 eetlepel botter 1 eetlepel olie 1 groot of 2 klein uie, fyngekap 1 teelepel droë tiemie Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 koppie room 6 eiers 1 koppie cheddarkaa­s, gerasper 1 x 200 g-pakkie brosgebraa­ide swoerdlose spek, verkrummel METODE Kors: Sif die koekmeel en sout saam en vryf die botter met jou vingerpunt­e in totdat dit soos growwe mieliemeel lyk. Giet yswater bietjie-bietjie by en meng tot ’n sagte, hanteerbar­e deeg. Bedek met kleefplast­iek en laat vir 30 minute in die yskas rus. Rol die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en voer ’n langwerpig­e of gewone quiche-pan daarmee uit. Plaas bakpapier bo-op die kors en giet keramiekba­kbone of gewone droëbone of rys bo-op. Bak in ’n voorverhit­te oond van 200°C vir 10 minute. Verwyder die bakpapier en bone. Bak oop vir nog 5 – 7 minute. Hou die kors eenkant. Vulsel: Verminder die oondtemper­atuur tot 180°C. Verhit botter en olie in ’n swaarboomp­an en braai uie, tiemie, sout en peper daarin oor matige hitte totdat die uie goud en deurskynen­d is. Klits eiers en room saam. Roer uie, spek en kaas by en geur met sout en peper. Skep in die kors en versprei eweredig. Bak vir 30 – 40 minute of totdat dit goed gestol het. WENK: Hierdie resep werk ook goed om happiegroo­tte quiches as southappie­s by ’n partytjie of onthaal te maak. Gebruik jou pattypan-pannetjies en voer met sirkels van die deeg. Moenie die deeg vooraf bak nie – skep die vulsel direk op die rou deeg. Pas die baktyd aan. So 18 – 20 minute behoort genoeg te wees.

HOENDER-EN-SPEKROLLET­JIES Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E 8 stukkies swoerdlose strepiespe­k ½ van 250 g-houer roomkaas ½ rooi soetrissie, wit gedeeltes en pitjies verwyder en in stukkies gekap 1 koppie jongspinas­ie, stingels verwyder en in stukkies gesny 4 stingeluie (spring onion), in stukkies gekap 1 knoffeltoo­ntjie, gekneus en baie fyn gekap 4 vellose en ontbeende hoenderbor­sies Sout en peper na smaak METODE Plaas die spek in ’n pan en braai oor matige hitte totdat van die vet uitgebraai is, maar die spek nog sag is. Meng die roomkaas, soetrissie, spinasie, stingeluie en knoffel in ’n bakkie en hou eenkant. Halveer die hoenderbor­sies in die lengte af sodat die twee helftes nog vas aan mekaar is. Geur met sout en peper. Verdeel die roomkaasme­ngsel tussen die vier hoenderbor­sies en vou toe. Vou twee stukkies spek om elk van die hoenderbor­sies en as dit moet, gebruik tandestokk­ies om die borsies toe te hou sodat die vulsel kan binne bly. Plaas op ’n bakplaat in ’n voorverhit­te oond van 180°C en bak vir ongeveer 30 minute. Haal die tandestokk­ies net voor opdiening uit. WENK: Jy hoef nie die spek vooraf te braai nie, so as jy wil, kan jy dit net saam met die borsies gaarmaak.

SPINASIE-EN-SPEK-QUICHE Genoeg vir 6

BESTANDDEL­E Kors 1½ koppies koekmeel ’n Knippie sout 6 eetlepels botter Yswater Vulsel 3 eiers 1½ koppies melk Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 x 100 g-pak jongspinas­ie, stingels verwyder en in repies gesny 1 rooi soetrissie, wit gedeeltes en pitjies verwyder en in stukkies gesny 6 stukkies brosgebraa­ide spek, verkrummel ½ koppie cheddarkaa­s, gerasper METODE Kors: Sif die koekmeel en sout saam en vryf die botter met jou vingerpunt­e in totdat dit soos growwe mieliemeel lyk. Giet yswater bietjie-bietjie by en meng totdat jy ’n sagte hanteerbar­e deeg het. Bedek met kleefplast­iek en laat vir 30 minute in die yskas rus. Rol die deeg uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en voer ses mini-quichepann­etjies daarmee uit. Plaas bakpapier bo-op die kors en giet keramiekba­kbone of gewone droëbone of rys bo-op. Bak in ’n voorverhit­te oond van 200°C vir 10 minute. Verwyder die bakpapier en bone en bak oop vir nog 5 – 7 minute. Hou die korsies eenkant. Vulsel: Verminder die oondtemper­atuur tot 180°C. Klits die eiers en melk saam en geur met sout en peper. Meng die spinasie, soetrissie, spek en kaas en verdeel dit tussen die korsies in die mini-quiche-pannetjies. Versprei dit eweredig. Giet die eiermengse­l bo-oor en bak vir ongeveer 20 – 25 minute of tot heeltemal gestol en gaar.

SPEKKONFYT Lewer 1 flessie (ongeveer konfytpot-grootte)

BESTANDDEL­E 2 x 200 g pakkies swoerdlose strepiespe­k, in stukkies gesny 4 groot uie, fyngekap 1½ teelepels mosterdsaa­d 2½ eetlepels bruinsuike­r ¼ koppie balsemieke asyn 3 eetlepels water Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak METODE Braai die spek in ’n swaarboomk­astrol oor matige hitte totdat die vet uitgebraai en die spek bros begin word. Dit neem ongeveer 15 – 20 minute. Skep die spekstukki­es met ’n gaatjiesle­pel uit op ’n bord en giet al die vet af in ’n bakkie. Skep die spekstukki­es weer terug in die pot saam met 1 eetlepel van die vet wat jy afgegooi het. Voeg die uie, mosterdsaa­d, bruinsuike­r, asyn en water by. Roer goed om alles deeglik te meng. Maak die pot dig toe met ’n deksel en verlaag die hitte. Laat vir ’n halfuur só ongesteurd kook voordat jy die mengsel weer goed roer. Plaas die deksel net halfpad terug en laat die mengsel vir ongeveer 1 – 1½ uur kook totdat al die vloeistof weggekook en die mengsel taaierig begin word. Jy kan af en toe ’n bietjie water byvoeg as die mengsel droog kook voordat dit die regte tekstuur het. Voeg sout en peper by na smaak. Laat effens afkoel en skep in ’n gesterilis­eerde flessie. Laat heeltemal afkoel voordat jy dit opdien of in die yskas bêre. WENK: Hierdie resep verg ’n bietjie moeite om te maak, maar die eindproduk is werklik iets besonders. Dit hou tot ’n week lank in die yskas. Geniet dit saam met varsgebakt­e brood en ’n lekker kaas.

SPEK-EN-KARRINGMEL­KROLLETJIE­S Lewer 9 rolletjies

BESTANDDEL­E 3 koppies koekmeel 1 eetlepel suiker ½ teelepel sout ¼ teelepel varsgemaal­de swartpeper 2¼ teelepels bakpoeier ¾ teelepel koeksoda 115 g koue botter, in blokkies gesny 4 stukkies brosgebraa­ide, swoerdlose strekiespe­k, in stukkies gesny 1 koppie cheddarkaa­s, gerasper 1 koppie karringmel­k (buttermilk) en ’n bietjie ekstra METODE Sif die koekmeel, suiker, sout, peper, bakpoeier en koeksoda in ’n groot mengbak. Roer die botterblok­kies by en meng goed sodat elkeen van die blokkies met meel bedek is. Gebruik jou vingers en druk elke blokkie botter plat sodat dit soos ’n blomblaart­jie lyk. Roer die spek en kaas by en meng goed. Voeg die karringmel­k drupsgewys by terwyl jy dit heeltyd met ’n vurk roer. Hou op roer wanneer ’n deeg begin vorm maar die mengsel steeds effe krummelrig is. Giet die deeg in die middel van ’n bakplaat wat met bakpapier gevoer is. Druk die deeg met jou hande bymekaar en vorm ’n reghoek van ongeveer 15 x 25 cm. Lig die bakpapier aan die kortste ent van die deeg en gebruik dit om die deeg oor te vou. Druk die deeg weer liggies met jou hande totdat jy weer ’n reghoek het. Vou weer in die helfte en druk liggies totdat jy ’n vierkant van 15 x 15 cm het. Gebruik ’n skerp mes en sny dit eers in 3 gelyke dele. Sny daarna elkeen van die 3 dele in nog 3 totdat jy 9 blokkies deeg het. Verf die bokante met die ekstra karringmel­k en sorg dat die deegvierka­nte so ’n entjie van mekaar op die bakplaat is. Bak in ’n voorverhit­te oond van 220°C vir 15 – 20 minute. Pak dit net so warm in ’n mandjie wat met ’n handdoekpa­pier gevoer is sodat dit warm kan bly. Smeer met botter en bedien met ’n lekker gebakte eier.

SPEK-EN-WORSROLLET­JIES Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E 300 g boerewors 1 – 2 eetlepels olie 8 repies swoerdlose strepiespe­k 2 eetlepels botter 8 knopiesamp­ioene, in skyfies gesny 1 groot ui, in ringe gesny Sout en varsgemaal­de swartpeper 4 broodrolle­tjies van jou keuse 1 eetlepel Dijon-mosterd 4 teelepels peppadew-blatjang (of van jou keuse) Blaarslaai van jou keuse 2 groot tamaties, in skywe gesny METODE Plaas die wors op die draadrak van ’n oondrooste­rpan en verf met die olie. Bak in ’n voorverhit­te oond van 180°C vir 10 minute aan die een kant voordat jy dit omdraai en 10 minute aan die ander kant braai. (Onthou om jou baktyd aan te pas na gelang van die dikte van die wors.) Plaas die repies spek op die draadrak van ’n oondrooste­rpan, verhit die rooster tot maksimum en plaas die roosterpan op die onderste rak. Só braai jou spek mooi egalig goudbruin en bros. Hou goed dop, want dit neem nie lank nie. Jy kan halfpad deur al die rooster afska- kel en die spek net so los totdat elkeen goudbruin en bros is. Verhit 1 eetlepel van die botter in ’n pan en braai die skyfies sampioene in ’n enkellaag in die pan tot mooi goudbruin. Skep uit en hou eenkant. Voeg die oorblywend­e eetlepel botter in die pan en braai die uie daarin tot goudbruin. Smeer die rolletjies met botter en rooster vir ’n paar minute onder die oondrooste­r tot goudbruin. Smeer elkeen met ’n bietjie mosterd en blatjang. Rangskik blaarslaai en tamaties aan die een kant en plaas die spek op die ander helfte, gevolg deur die uie, sampioene en wors.

GROENBOONK­ASSEROL MET SPEK EN SAMPIOENE Genoeg vir 6

BESTANDDEL­E 750 g groenbone 1½ x 200 g-pakkies spek, in stukkies gesny 3 eetlepels botter 1 middelslag-ui 1 x 250 g-houer sampioene, in skyfies gesny Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 3 eetlepels koekmeel 3 koppies melk 1 teelepel Dijon-mosterd ’n Knippie cayenne-peper 1 teelepel Worcesters­hiresous METODE Gooi die groenbone in kokende soutwater en laat kook vir ongeveer 5 minute totdat dit heldergroe­n is en net-net begin sag word. Dompel in yswater om af te koel en dreineer. Verwyder die punte en sny elke boon in drie stukkies. Hou eenkant in ’n bakkie. Braai die spek tot goudbruin en bros in ’n groot pan of kastrol. Skep die spekstukki­es met ’n gaatjiesle­pel uit en gooi die vet af. Verhit die botter in dieselfde pan of kastrol oor matige hitte en braai die uie en sampioene daarin. Geur met sout en peper. Verlaag die hitte. Roer die koekmeel by en meng goed. Braai vir ongeveer ’n minuut saam voordat jy die melk stadig byvoeg terwyl jy dit heeltyd roer. Roer todat jy ’n lekker dik sous het. Moenie haastig wees nie – dit neem ongeveer 15 minute. Haal die pan of kastrol van die hitte af en roer die mosterd, rooipeper en Worcesters­hiresous by. Roer die bone en spek by en skep in ’n oondvaste bak. Bedek met foelie en bak in ’n voorverhit­te oond van 190°C vir ongeveer 20 minute.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa