Kuier

Kompetisie

Wen groot met jou wenk!

-

As daar nou een ding is wat ons weet, is dat Kuier- lesers absoluut mal is oor die wenke. Oor die afgelope tien jaar het die gewildheid daarvan só gegroei dat ons net nie kan bybly met al die wenke en rate wat instroom nie. Daarom gaan ons hierdie jaar groter met ons Wenk van die Jaar-kompetisie.

Om ons tiende jaar te vier, gaan die wenner van die Wenk van die Jaar-kompetisie wegstap met ’ n allemintig­e R10 000!

Soos gewoonlik gaan ons uit die wenke wat inkom ’ n maandwenne­r kies, wat ’n prys van ’n borg wen. Die maandwenne­rs ding dan mee om die groot prys van R10 000 vir die Wenk van die Jaar. Omdat die prysgeld soveel groter is, gaan julle moet uithaal en wys om seker te maak jou wenk staan uit bo die res.

SÓ WERK DIT

Ons soek soos gewoonlik ’n wenk wat werklik die lewe makliker maak of geld be- spaar, maar dit moet bowenal oorspronkl­ik wees – met ander woorde jy moet dit nie op die internet, in ’n ander tydskrif of in ander media gekry het nie. Gelukkig tel iets wat jy by jou ouma gehoor het, darem nie as media nie! Het jy dit dalk self uitgevind of het jou ma dit vir jou geleer? Hoe meer oorspronkl­ik jou wenk is, hoe groter is jou kanse om te wen.

Vertel ons hoekom dié wenk so besonders is of neem ’n foto of video waar jy jou wenk demonstree­r. Maak ook seker jou wenk is behoorlik getoets en dit werk, want aan die einde van die jaar gaan Kuier- lesers moet stem vir die beste wenk van die jaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa