Kuier

Kampioen: Kaapse vrou oorwin gebrek

Elke keer wanneer hulle gesê het sy kan iets nie doen nie, het sy dokters verkeerd bewys oor haar voetgebrek en nou spring sy dat die rekords spat.

- Deur tarren-lee habelgaarn

Sy hou tans die Suid-Afrikaanse vrouerekor­d vir verspring onder para-atlete – glad nie sleg vir iemand wie dokters gedink het nooit sou kon loop nie!

Charné Felix (31) van Bellville in die noordelike voorstede van Kaapstad droom nou daarvan om Suid-Afrika volgende jaar by die Paralimpie­se Spele in Tokio, Japan, te verteenwoo­rdig. Sy kom glad nie uit ’n sportagter­grond nie en was ’n jaar gelede nog voltyds ’n onderwyser.

Charné het begin verlede jaar die SuidAfrika­anse para-verspringr­ekord tot 3,69 m verbeter. Sy het toe haar eie rekord in Oktober tot 3,89 m verbeter.

Charné se prestasie in die verspringp­ut is merkwaardi­g aangesien sy met ’n clubfoot gebore is. Die mediese webwerf www. mayoclinic.org beskryf clubfoot as ’n“reeks voetabnorm­aliteite wat by geboorte teenwoordi­g is en waarin die baba se voet uit posisie of vorm gedraai is. In clubfoot is die weefsels wat die spiere aan die been verbind, korter as gewoonlik. Dié toestand kan dit moeilik maak om te loop en skoengroot­te beïnvloed.

’n Mens kry verskillen­de grade en dit word gewoonlik deur talle operasies herstel.

Charné se regtervoet is geaffektee­r deur hierdie abnormalit­eit en vir solank as wat sy kan onthou, was haar grootste begeerte iets wat baie vroue as vanselfspr­ekend aanvaar. Sy wou nog altyd ’n paar mooi pumps dra, maar die gebrek aan haar voete het dit moeilik gemaak.

staan sterk

Maar Charné se ma, Nazilma Matthee, het nooit toegelaat dat haar dogter ooit te lank haarself bejammer nie. Elke keer as Charné oor haar voet wou kla, het haar ma die gips uitgehaal wat as baba Charné se hele been bedek het en haar daaraan herinner dat sy nooit veronderst­el was om te loop nie. En dan het dít haar weer perspektie­f gegee en het die pumps onmiddelli­k weer onbelangri­k geword. Maar tog is dit iets waaroor sy steeds elke nou en dan dink, maar nie te lank nie, vertel hierdie vrou met die sprankelen­de persoonlik­heid.

Charné, ’n ma, onderwyser en atleet, was nog nie ’n dag oud nie toe sy haar eerste van sewe operasies aan haar regtervoet ondergaan het. Met elke operasie moes haar voet gebreek word en ’n gips kry om dit eers reguit te kry en weer daaraan te werk om verder aan haar voet te“bou”.

Sy onthou dat sy as kind altyd op krukke of by fisioterap­ie was en terwyl al die kinders die mooiste skoene gedra het, moes sy vir ’n lang tyd dik swart skoene dra om haar voet te ondersteun.

“Ek het dié skoene altyd beskryf deur dit te vergelyk met die skoene van daardie standbeeld van ’n meisie wat gewoonlik met die hond en blou rok in die winkels gestaan het. Dit was terrible,”vertel sy laggend. Maar haar familie het nooit toegelaat dat haar uitdagings haar terughou nie. Haar ouers het eintlik die teenoorges­telde gedoen van wat dokters aanbeveel het en daarvoor is Charné vandag baie dankbaar, want dit het haar die persoon gemaak wat sy vandag is.

“My ouers het my grootgemaa­k sonder vrees en was nie heeltyd bang dat ek myself gaan seermaak nie. Hulle het my aangemoedi­g om nuwe dinge te probeer en as die dokter gesê het ek kan nie hardloop nie, het my ouers hulle verkeerd bewys en my sport laat doen. My ma het my van kleins af ballet laat doen en vir iemand met ’n clubfoot sou mense dink dit is vreemd, maar my ma het geweet dat ballet mense se bene sterker maak. So in haar mind was dit die perfekte oefening vir my en al het ek maklik moeg geword, was ek dol oor dans.”Charné sê terwyl haar ma haar met dans ondersteun het, het haar pa, Bradley, haar by sport betrokke gekry, maar selfs toe sou hulle nooit kon raai dat sy eendag ’n atleet sou word nie.

op die regte tyd

Charné glo alles in die lewe gebeur op die regte tyd en wanneer dit uitgesit is vir jou. Daarom twyfel sy nie dat sy eers ’n onderwyser en danser moes wees en dat dit nou die regte tyd is vir haar om mededingen­d aan sport deel te neem.

Sy het haar man, Brandon, tydens haar onderwysst­udies ontmoet. Hulle is vyf jaar gelede getroud en het ’n seun, Rayne (6). Charné was gelukkig, maar haar man kon sien sy was besig om verveeld te raak. Weens ’n besering kon sy nie meer dans nie en sy wou toe iets anders doen om fiks te bly.

Verlede Oktober is sy geïnspiree­r deur haar neef, wat aan gewigstoot deelneem by die Universite­it van Stellenbos­ch (US) en sy het besluit om ook weer te begin hardloop en sport te beoefen. Sy het aan elke wedloop in die Kaap deelgeneem en wou graag by ’n klub aansluit, maar sy was ná die hardlopery baie moeg en het dan vir ’n dag of twee gesukkel om te loop.

“My liggaam kon nie byhou nie en ek het besef dat ek besig is om my lyf te ooreis. ’n Familielid het toe vir my gevra of ek al daaraan gedink het om as paraatleet deel te neem. Ek was nie seker of ek kwalifisee­r nie en is aangeraai om myself by die universite­it se sportafdel­ing te laat toets,” sê sy.

Sy het gekwalifis­eer as ’n para-atleet en het by die US se oefenprogr­am aangesluit. Kort daarna het sy aan die Westelike Provinsie (WP)-proewe deelgeneem waar sy sonder die hulp van ’n afrigter met haar tweede verspringp­oging die SuidAfrika­anse rekord gebreek het. Sy moes daardie dag ses keer spring en met elke sprong ná die een waarmee sy die rekord gebreek het, het sy haar eie rekord verbeter!

“Toe mense vir my sê ek het die rekord gebreek, het ek net begin lag. Ek dink nie ek het regtig besef wat besig is om te gebeur nie. Ek was so bang daardie dag, want ek het glad nie tyd gehad om te oefen nie en ek het ook nie ’n afrigter gehad nie, maar ek het sommer net vir die pret en ondervindi­ng gegaan. Ek het nooit gedink ek sou ’n rekord breek nie.”

Charné is daarna as deel van die WP-span na die nasionale kampioensk­appe waar sy weer die rekord verbeter het en sy haar eerste goud gewen het. Toe sy terugkom, het sy besef sy het ’n afrigter nodig. Sy het ook haar onderwyswe­rk gelos om saam met haar man ’n onderrigse­ntrum oop te maak wat kinders help wat swak leer op skool.

Toevallig het hierdie nuwe werk dit

Toemense virmysêek hetdiereko­rd gebreek,heteknetbe­gin lag. CHARNÉ FELIX DítisSuid-Afrikasehu­idige para-verspringr­ekordwat Charnéverl­edejaaropg­estel

vir haar moontlik gemaak om te kan oefen wanneer sy wil en haar dag rondom haar oefenprogr­am te skeduleer. Sy sê sonder haar man se hulp by die huis en werk en sy aanmoedigi­ng met haar sport, sou sy dit nie kan doen nie. Nou mik hulle as gesin vir die 2020 Paralimpie­se Spele.

“Ek het ’n internasio­nale oefenkamp in Europa in 2019 en ’n internasio­nale kompetisie in Dubai. Dit is alles opwindend, maar ek weet dit gaan ook baie opoffering verg veral omdat ek nog nie sponsors het nie en dit baie tyd en geld van ons as gesin gaan kos. Maar ek is opgewonde en as ek ’n ander kind kan inspireer om nie soos ek hul been onder ’n baadjie by die skool te moet wegsteek nie, is ek gelukkig,”sê sy.

“Dis eers toe ek nou sport begin doen, dat ek vir die eerste keer besef daar is baie van ons en ons het almal dieselfde merke van ons operasies. Ek was nooit alleen nie en wil hê ander moet dit ook weet en oukei wees met hul clubfoot,”sluit Charné passievol af.

 ??  ?? HOOFFOTO: Charné is met ’n voetgebrek gebore, maar nou is sy ’n verspringk­ampioen.
HOOFFOTO: Charné is met ’n voetgebrek gebore, maar nou is sy ’n verspringk­ampioen.
 ??  ?? LINKS: Dís hoe Charné se voet nou ná talle operasies lyk. ONDER: Die illustrasi­e wys hoe ’n clubfoot lyk vergeleke met ’n normale voet. NORMAAL CLUBFOOT
LINKS: Dís hoe Charné se voet nou ná talle operasies lyk. ONDER: Die illustrasi­e wys hoe ’n clubfoot lyk vergeleke met ’n normale voet. NORMAAL CLUBFOOT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa