Kuier

Vermaak: Dr. Nathan van 7de laan woeker!

Ná ’n dare het dinge vir hom begin gebeur. En toe hy hom weer kom kry, speel hy in 7de Laan!

- DEUR TARREN-LEE HABELGAARN

Toe Vaughn Lucas (37) tien jaar gelede aan ’ n oudisie vir ’n talentkomp­etisie deelneem nadat sy skoonsuste­r hom ge-dare het, het hy nie gedink iets sou daarvan kom nie. Min het hy geweet hy sou 4 000 mense uitstof om dit tot in die toptien te maak. Dis toe hy die oproep kry dat hy die toptien gemaak het dat hy besef hy het dalk die potensiaal om as akteur te werk. Hy het dit gemaak tot die laaste agt van daardie kompetisie, maar daarna besluit om sy akteursdro­om na te streef. Voordat Vaughn, deesdae dr. Nathan in die gewilde sepie 7de Laan, besluit het om die vermaakbed­ryf in te vaar, het hy ’n loopbaan in die korporatie­we wêreld gehad. Hy was ’n versekerin­gs- en mediesefon­ds-verkoopsag­ent, maar sê dit het hom nooit regtig vervul nie. Hy het vinnig besef dis nie iets wat hy vir die res van sy lewe wil doen nie. Vaughn gesels gemaklik en met elke storie wat hy vertel, kan jy gou agterkom hy is spontaan en avontuurlu­stig. Dus is dit nie moeilik om te verstaan dat hy nie die tipe mens is wat daarvan hou om elke dag in ’ n kantoor te sit nie. Hy lag wanneer hy verduideli­k ons het wel sulke mense nodig en dat daar niks verkeerd is met mense wat van die korporatie­we wêreld hou nie, maar dit was net nie die beroep vir hom nie. Hy het altyd geweet hy wil sy vlerke sprei, maar was nie seker hoe nie. In sy soeke na opwinding, het hy sy werk by ’ n versekerin­gmaatskapp­y gelos en besluit om by die Soweto Towers in Johannesbu­rg te gaan werk as ’ n bungee jump-instrukteu­r. Vir dié pa van twee is avontuursp­ort nie iets vreemds nie. Vaughn sê die heel eerste keer toe hy besluit het om te bungee jump, was hy vreesbevan­ge en

het hy amper omgedraai voor hy moes spring. Sy bene het swaar gevoel en dit het gevoel asof dit sy einde kan wees.

“Maar ek is bly dat ek nie vir vrees ingegee het nie, want ná daardie dag het ek net ’n gevoel van vrede gehad en ’n lus vir die lewe wat ek nie kan beskryf nie.” Dis ook met dieselfde lewenslus waarmee hy sy akteursloo­pbaan aanpak.

VOL LEWE IN SY ROLLE

Vaughn het nou ’ n bietjie briek aangedraai met die bungee jump, want wanneer jy ’ n akteur is, kan jy nie altyd so waaghalsig wees nie. Jy moet “heel” bly vir jou rol. “Ek dink soos jy ouer word, besef jy jy het meer verantwoor­delikhede en dat jy nie net kan doen soos wat jy wil nie. Ek het ’ n vrou en kinders vir wie ek moet sorg en saam met wie ek nog baie jare wil geniet. Maar as akteur kan ek ook nie net gaan klim, spring of met ’ n bergfiets gaan jaag nie. As ek my been breek of myself lelik kneus, kan ek nie soos ander mense sommer op krukke gaan werk nie. Dit sal ’ n invloed op my rol hê en hoe ek op stel werk,” sê Vaughn.

“So deesdae vat ek dit maar rustig en konsentree­r op my werk, wat my netso baie vreugde en avontuur gee.”

Vaughn, wat al tien jaar in die bedryf is en al in sepies soos Generation­s en

Getroud met Rugby gespeel het, sê as ’ n gebore Gautenger het hy as jong man altyd homself as een van die jong mense in 7de Laan se fiktiewe Hillside gesien. Dié buurt waarin die karakters van 7de

Laan woon, is vir dekades al ’ n ikoniese deel van talle huishoudin­gs in Suid-Afrika. Vaughn vertel in sy ouerhuis het hulle elke aand voor die televisie ingeskuif sodra

7de Laan se temaliedji­e begin speel het. Dus was dit vir hom baie spesiaal toe hy sowat vyf maande gelede ’ n rol in dié einste sepie losslaan.

“As jy my tien jaar gelede vertel het dat ek ná ’ n dare ’ n loopbaan in die vermaakbed­ryf sou begin en boonop in 7de

Laan speel, sou ek jou seker nie geglo het nie. Maar vandag is ek dankbaar en glo ek daardie dare was eintlik ’ n blessing in disguise,” sê Vaughn ernstig.

“Ek het al op die stel van verskeie internasio­nale reekse en flieks gewerk en het ook in ander plaaslike sepies gespeel, maar ek moet erken dat 7de Laan een van my drome was. Net omdat dit so ’ n groot deel van ons huishoudin­g was en dit so ’ n ikoniese show is. Almal wat daar werk, is ongeloofli­k en die akteurs is van die beste in die bedryf. Dit is elke dag vir my lekker om stel toe te gaan en ek is so bly vir die geleenthei­d om met so ’ n amazing cast en crew te kan werk.”

Volgens Vaughn is dit nie altyd maklik om ’ n akteur te wees nie, veral omdat jy nie noodwendig altyd ’ n vaste inkomste het nie. Maar daarvoor is hy bly dat hy sy vrou van die afgelope 12 jaar, Colleen, aan sy sy het. Sy is ’ n onderwyser en is die een met die vaste inkomste. Vaughn voel dit is baie belangrik, veral wanneer jy kinders het, dat daar minstens een persoon in die huis is wat ’ n vaste salaris verdien en hy sê dit pla hom glad nie dat sy vrou die broodwinne­r in die huis is nie.

“Solank julle mekaar ondersteun en jou gesin gelukkig is, is dit al wat saak maak. Ek is so dankbaar dat ek ’ n vrou het wat my drome en loopbaan ondersteun en wat verstaan dat daar nie altyd werk is nie. Maar omdat ek nie gereelde ure werk nie, ondersteun ek haar op ander maniere. Ek was die wasgoed en sorg dat die huis en kinders reg is. Ek dink jy kan my eintlik ’ n glorified house husband noem,” sê hy laggend.

Vaughn sê terwyl hy al baie pret op die stel van Homeland en ander Amerikaans­e reekse gehad het, hoop hy om in die toekoms verder aan sy internasio­nale loopbaan te bou. Sy groot droom is ook om teenoor legendes soos Dwayne Johnson in ’ n internasio­nale fliek te speel.

Maar vir nou geniet hy dit om die skaam dr. Nathan op 7de Laan te speel en erken hy dat hy nou nie meer hakkel wanneer hy teenoor sy karakter se liefdesbel­angstellin­g Bonita (Hildegardt Whites) moet speel nie. Want aan die begin kon hy nie sy woorde vind nie en was hy nogal ’ n bietjie deur haar geïntimide­er.

“Sy het gedink ek was senuweeagt­ig en dat ek met my woorde gesukkel het, maar toe sê ek vir haar ek ken my woorde, ek kon net nie konsentree­r wanneer sy vir my so aankyk nie,” grap hy.

Al is sy loopbaan as akteur ’ n onsekere een, beskou Vaughn die toekoms as een groot avontuur en saam met sy gesin kan hy nie wag om te sien wat vir hom voorlê nie.

 ??  ?? HOOFFOTO: Die akteur Vaughn Lucas het ’n lang pad gestap tot waar hy vandag in die bedryf is.
HOOFFOTO: Die akteur Vaughn Lucas het ’n lang pad gestap tot waar hy vandag in die bedryf is.
 ??  ?? HEEL BO: Vaughn op die stel van 7de Laan met Hildegardt Whites en Theodore Jantjies (BO).
HEEL BO: Vaughn op die stel van 7de Laan met Hildegardt Whites en Theodore Jantjies (BO).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa