Kuier

Nuwe liefde: Is hy oukei met jou kinders?

Dis min dat geskeide ouers maklik weer liefde vind wat hou, want vir sommige partners is kinders eenvoudig ’n deal breaker.

- DEUR CHRISLYNN SIAS

Liefdestel­eurstellin­gs diskrimine­er nie en byna elke mens op aarde was al op een of ander stadium deur ’n geliefde teleurgest­el of in die steek gelaat. Maar dit is selfs erger wanneer jy geskei is of uit ’ n jarelange verhouding kom en boonop kinders het, dan begin jy wonder of jy ooit ware liefde gaan vind – veral omdat jy nog “bagasie” ook het. Volgens Statistiek­e SA was daar in 2016 altesaam 25 326 egskeiding­s in Suid-Afrika toegestaan. Dit is volgens ’ n verslag wat verlede jaar op hul webtuiste uitgereik is. Luidens die verslag is mans geneig om met jonger vroue te trou. Meer as 76% van bruidegoms was ouer as hul bruide, vergeleke met die byna 16% wat jonger was as hul bruide. Die res was dieselfde ouderdom as hul bruide. Mans is ook meer geneig om te trou met vroue wat nog nooit voorheen getroud was nie. Byna 94% van die bachelors het getrou met vroue wat nog nooit getroud was nie. Dit wil sê net 6% van mans wat nog nooit voorheen getroud was nie, sien kans om met ’ n vrou te trou wat al getroud was. Hierdie statistiek­e skets ’ n donker prentjie vir enkellopen­des of mense wat met “bagasie”

uit vorige verhouding­s of huwelike kom.

Volgens kenners is veral kinders ’n game changer en indien jy gelukkig genoeg is om ’n nog ’n kans op liefde te vind, gaan jy en jou nuwe partner ’n ernstige en oop gesprek hieroor moet hê.

Een van die eerste dinge wat die “nuwe liefde” gaan moet besef, is dat hy of sy jou spasie en tyd met jou kinders sal moet respekteer. Daar moet van die begin af gepraat word oor albei se behoeftes en begeertes en watter verwagting­e in die verhouding gekoester gaan word. Ook of kinders een van die ander persoon se deal breakers is. Ouers moet besef hulle kan en moet hulself toelaat om ’n liefdeslew­e weg van hul kinders te hê. Baie mense stel hul kinders te vinnig voor aan hul toekomstig­e maat en dit kan onnodige druk op die verhouding plaas, so hieroor moet ook besin word.

WAG ’N BIETJIE

Dis juis waarom Michaela Jansen (33) van Kensington in die Kaap, ’ n enkelma van ’n 10-jarige seun, eers minstens ses maande tot ’ n jaar wag voor sy iemand formeel aan haar kind voorstel. Sy is al vir die afgelope vier jaar enkellopen­d.

“Vir my is dit baie moeilik om weer liefde te vind. Nie net oor die feit dat mans my ouderdom nie eintlik in geskeide vroue belangstel nie, maar ook omdat ek nie my kind bloot wil stel aan enige Jan Rap en sy maat nie. Sommige mans is baie egotisties en as hulle hoor dat ek reeds getroud was, is daar ’ n shift in hul houding. Dit is amper asof hulle jou veroordeel oor jou huwelik nie uitgewerk het nie en dit word dikwels onder die lappe gehou as jy geskei is – hulle is skaam daaroor.”

Sy vertel dit is ook moeilik vir haar om ’n balans te vind. “Ek vind dit baie moeilik om my kind by ander mense te los. Ek werk vyf dae ’n week, vir agt ure per dag. Op ’ n Saterdag en Sondag spandeer ek al my vrye tyd met my kind. Reeds omdat ek probleme met sy pa het, wil ek nie hê hy moet voel ek skeep hom ook af nie. Hoewel ek besef my geluk is ook belangrik, kom my kind heel eerste in my lewe.”

Hoewel sy tans enkellopen­d is, het Michaela al probeer om die liefde weer ’ n kans te gee. Sy was vir ses maande in ’ n verhouding. “Ek het op ’ n stadium gedink dit miskien kan werk, maar soos die noodlot dit wou hê, was dit weer die verkeerde een. Vir die eerste drie maande was dinge maanskyn en rose, maar hy wou meer tyd saam spandeer en ek kon nie omdat ek gevoel het ek was nog nie gereed om my kind aan die verhouding bloot te stel nie en dit was ook maar goed, want hy is tog nou pad op.”

Glo sy steeds in die liefde en sal sy dit nog ’ n kans gee? “Ek glo steeds die regte man sal met tyd kom. Een wat my sal aanvaar met my kind. Liefde is mooi en elke mens op die aarde verdien dit om bemin te word.”

Mildrett Stevens (38), ’ n maatskapli­ke werker van Blue Downs in die Kaap, is ’n enkelma van ’ n vyfjarige seun. Sy meen die lewe van ’ n enkelouer is maar vol kronkeldra­aie. “My kind se pa is twee jaar gelede doodgeskie­t. Hoewel ek en hy nie meer in ’ n verhouding was nie, was hy baie aktief in sy kind se lewe. Daar is soveel aspekte wat in gedagte gehou moet word wanneer ’ n mens op soek is na liefde, veral in my situasie. Dit is sommige kere baie frustreren­d en selfsugtig­e prosesse wat ’ n mens moet deurgaan om weg te breek van society se persepsie en net te sê ek is ook net mens. Ek het behoeftes en begeertes en wil bemin wees.”

Sy meen dit is nie onmoontlik om weer liefde te vind nie, al het jy ’ n kind.

“Daai kind gaan eendag groot raak en jy gaan oud raak. Vir my is dit belangrik om uit die boks te klim wat society ons in gesit het. Ek gaan nie skuldig voel omdat ek net mens is en die nodigheid het om met ander mense te interact nie. As jy wel liefde vind, moet jy jouself so programmee­r dat jy dit verdien. Ouers het gewoonlik die neiging dat hulle gewoonlik net moet gee en niks ontvang nie. Ons moet leer om lief te hê en leer om liefde te ontvang.”

Mildrett sê sy sien tans iemand en is positief dat dit sal lei tot ’ n verhouding. “Op die stadium lyk dinge baie goed, maar dis nog early days en ek sal maar sien hoe dit gaan. Daar is baie interaksie en kommunikas­ie en ek is hoopvol dat dit gaan groei.”

HIER IS HULP

Louis Venter, ’ n huweliksbe­rader en terapeut en stigter van Couples Help, sê mense met kinders sukkel dikwels om weer liefde te vind.

“Een van die partye is gewoonlik ’ n enkelouer waar daar verskeie verantwoor­delikhede soos huiswerk en ’ n kinderoppa­sser in ag geneem moet word. Liefde in hierdie stadium is dan meer ingewikkel­d omdat daar spanning kan ontstaan van die kombinasie van twee gesinne. In my opinie gaan slegs 3% van mense deur terapie ná ’ n egskeiding en daarom hanteer hulle nie die kwessies van hul verbrokkel­de huwelik nie. As gevolg van die vrees om weer seer te kry of teleurgest­el te word, het individue soms onrealisti­ese verwagting­e wat ook kan lei tot konflik of tot die verbrokkel­ing van ’n verhouding,” sê hy.

“Mense is bang om alleen dood te gaan en dit maak dat hulle die eerste beste persoon gryp wat na hul kant toe kom wat nie noodwendig beteken dat dit die regte persoon vir hulle is nie. Daar is nog baie tyd om nuwe mense te ontmoet, so vat jou tyd en leer iemand eers ken voor julle ’ n verhouding begin. Om verhouding­s te vermy omdat jy bang is vir seerkry en verwerping, is ook nie goed nie. Neem die risiko. Elke ervaring is anders, maar die einddoel bly dieselfde – jy leer daaruit!”

Maar hoe jy ook al liefde benader ná ’n verbrokkel­de verhouding of huwelik, daar is hoop, solank julle van die begin af oop kaarte met mekaar speel oor die deal breakers en dit van daar af vat.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa