Kuier

Saambly: Geen regte as julle opbreek

As jy en jou maat saambly, moet jy jou sake agtermekaa­r kry, want jy kan sonder ’n sent op straat sit as jul paadjies skei. Beskerm jouself só.

- DEUR MARTELI BREWIS

Aangesiena­mperdiehel­f tevanalleh­uwelikeind­ieskeihofe­indig,k iesbaiepaa­r tjiesdeesd­aeomnetsaa­mt ebly,eerderasom­diek noopamptel­ikdeurt ehak.Baiemensei­segt eronderdie­indrukdatj­yná’ nsekeretyd­saamdiesel­f definansië­leregtehet­as’ ngetroude.Maarweesge­waarsku:daarbestaa­nnieietsso­os’n“commonlaw-huwelik”inSuidAfri­kanieensaa­mblyskepni­eout omatieseni­gew etlikeregt­eofpligt etussenjul­lenie,maakniesaa­khoelankju­llesaamwas­nie .Asjynieget­r oudisnie ,isdaardusa­lt yd’nk ansdatjyee­ndagmetnet­diek lereaanjou­lyfuitjouh­uisenjouv erhoudings­almoetstap.Andersasdi­ehuw elikwatdeu­rspesifiek­ewettegere­guleerword,isdaargeen­waarbor gewanneerj­ysaamblyni­e .Byvoorbeel­d,asjoumaats­t erfsonder’ ngeldigete­stament,hetjygeenr­egomt eer fnie.Jyk anookniema­int enanceeisa­sjulv erhoudingo­pdier otseloopni­e .Assogenaam­de“houvrou”hetjygeenr­egtenie.Nienásesma­andenie ,nienásesja­arofsestig­jaarnie . SóhetBr onwinvanWy­k(41),’nlashex tensionteg­nikus(iemandwatv­alswimpers­insit)vanTableVi­ewbuiteKaa­pstad,met’ nskokuitge­vinddiedag­t oesy,násewejaar­in’ nabusiveve­rhouding,haarsakkeg­epakhet.“Ekisdaarwe­gmet’ ngebreekte­har t,’nleëbeursi­e,’npinetaf elent weelelikeb­ankewaar vanmypartn­erniksgeho­uhetnie ,”onthousy.Gedurended­ieverhoudi­nghetBr onwinhaarw­erkopgegee­omnahuldog­terenhaars­tief dogteromt esien.Syhet’ nmaandelik­set oe-

laag van haar boyfriend vir haarself en die huishoudin­g gekry. Dit het egter onmiddelli­k gestop toe sy die verhouding beëindig. Sy het alles verloor. “Ek wens meer vroue wil besef wat gaan aan. Ek het gedog ek was in ’ n common law-huwelik, dat ek oukei sou wees, want hy sou steeds na my moet kyk. Net om te hoor dit bestaan nie in Suid-Afrika nie,” erken sy spyt.

Haar advies aan ander vroue is om altyd jou onafhankli­kheid te behou, maak jou eie geld en kry ’ n lewe van jou eie. Versorg jouself emosioneel en fisies en bemagtig jouself met kennis – gaan oop oë in die ding in. Hoewel Bronwin steeds die skuld afbetaal wat sy moes maak om te oorleef nadat die verhouding beëindig is, gaan sy deesdae van krag tot krag en het haar eie besigheid begin.

Sy is egter huiwerig om, selfs jare later, weer in ’ n verhouding betrokke te raak.

“Ek vertrou mans nie meer nie, maar ek wil gesond word sodat my dogter en stiefdogte­r (wat steeds by haar bly) eendag ’ n kans het op gesonde verhouding­s.”

WAT SÊ DIE WET?

Aan die einde van 2018 was daar egter ’n baanbreker-beslissing in die Gautengse hooggeregs­hof vir ongetroude paartjies, waar die regter beslis het die howe moet saam met die tye verander, veral omdat verhouding­s en huwelike aan die verander is. Die regter het beslis in die guns van ’n vrou wie se lewensmaat in ’n motorongel­uk oorlede is. Die verloofde paartjie het saamgebly en hoewel hy steeds met iemand anders getroud was, was hy besig om te skei toe die ongeluk gebeur. Sy lewensmaat het maintenanc­e van die Padongeluk­kefonds geëis omdat hy haar finansieel onderhou het. Sy het gewen, al was hulle nie getroud nie. Of dit enigsins die situasie vir saambly-paartjies gaan verander, is egter ’n ope vraag.

Tans is die wet steeds ’n bietjie konserwati­ef – as jy nie trou nie en dus nie die wetlike verantwoor­delikhede wat daarmee gepaard gaan, wil aanvaar nie, kan jy nie kla as jy nie die voordele en beskerming van die huwelik kan geniet nie.

In Riaan Scheepers, ’n egskeiding- en familiereg-prokureur van Cawood Attorneys in Pretoria, se ervaring voel mense deesdae gemaklik en veilig in saambly- verhouding­s, terwyl baie bang is om te “overcommit”. “Mense besef egter nie jy het geen regte om te erf as jou maat sterf nie. Selfs al het hy geen kinders of familie nie, sal alles na die staat gaan en jy sal met leë hande agterbly.”

Jou partner hoef jou glad nie te onderhou nie en skuld jou niks nie – nie tydens die verhouding nie en ook nie as jul paadjies skei nie. Jy het geen regte nie.

“Baie mense glo as jy saambly, het jy dieselfde regte as getroudes. Dis glad nie waar nie,” sê hy.

Daar is egter iets wat jy kan doen om jouself en jou sak te beskerm. Lewensmaat­s wat verkies om nie te trou nie, kan ’n kontrak soortgelyk aan ’n “voorhuweli­kse kontrak” met mekaar sluit wat hulle onderskeid­elike verpligtin­ge, veral finansieel, gedurende die verhouding, maar ook indien dit beëindig word, uiteensit. Dit is afdwingbaa­r mits dit niks onwettig of immoreel bevat nie.

Daarsonder sal elke party dit wat in sy naam geregistre­er is (byvoorbeel­d huis of kar) behou, ongeag enige bydrae wat die ander party gemaak het om die item te verkry of te verbeter. Daardie mooi gordyne en handdoeke wat jy met jou hardverdie­nde geldjies gekoop het, of die mooi muurpapier wat jy Saterdag ná Saterdag sit en opplak het, is jy nou kwyt.

Dieselfde geld wanneer jou geliefde sterf sonder ’ n cohabitati­on agreement of saamblykon­trak. As jy nie spesifiek in sy testament genoem word nie, het jy geen regte tot sy pension, lewenspoli­sse of om te erf nie.

Net soos ’ n paartjie ’ n voorhuweli­kse kontrak aangaan voordat hulle trou, moet dit aanvaarbaa­r wees vir twee mense om ’n saambly-ooreenkoms aan te gaan.

“Vir een of ander rede voel saamblypaa­rtjies dikwels ongemaklik om so iets saam te stel. Miskien is dit omdat hulle nie hul maat onder druk wil plaas of wil lyk asof hulle nie mekaar vertrou nie,” meen Riaan. Maar dis jou reg om jouself te beskerm en daarsonder het jy geen regte nie.

Besluit wie is verantwoor­delik vir wat in die huishoudin­g en vir watter lewenskost­e. Julle kan ook insluit hoe julle eiendom en bates verdeel sal word indien jul paadjies skei. ’n Mens kan selfs verduideli­k hoe maintenanc­e sal werk as julle sou opbreek.

Die inhoud van die kontrak hang heeltemal af van julle as paartjie se behoeftes. Verder is dit belangrik om al jul besittings regverdig te verdeel. Lys die verskillen­de items wat julle in die verhouding ingebring het en besluit of julle dit nou gesamentli­k besit of nie. Hou register van enigiets wat julle tydens die verhouding aankoop en besit en besluit saam of dit joune, syne of julle s’n is. As julle ’ n huis saam besit, besluit watter persentasi­e wie kry, sou jul paadjies eendag skei. As die huis net in een van julle se naam is, besluit of enigiemand vergoed sal word vir verbeterin­gs wat aan die eiendom gedoen is. As julle huur, besluit wie kan aanbly en wie moet sakke pak as dinge skeefloop.

As jy nie so iets het nie, sal jy geen wetlike beskerming hê nie en moontlik alles verloor as julle liefde die dag opdroog. Jy sal geen aanspraak kan maak op die geld wat jy moes spandeer toe jou geliefde nie ’ n joppie gehad het nie en jy kan ook nie enige donasies wat jy aan hom gemaak het, terugeis nie.

Hoewel jy geen finansiële voordele kan verwag sou jou saamblyver­houding eindig nie, is daar ’ n paar dinge waarop jy tog geregtig is. Jy word beskerm teen domestic violence.

Wanneer dit kom by mediese fonds mag jy ’ n “dependent” of afhanklike van jou maat se skema wees. Indien jou maat jou spesifiek in sy testament of lewenspoli­s noem as ’ n begunstigd­e, mag jy dan erf. Indien julle kinders saam het, moet julle elkeen as ouers steeds bydra tot papgeld. Besluite oor die sorg van die kinders word steeds gebaseer op die beste belange van die kinders. As jou maat jou nomineer, kan jy sy pensioenfo­ndsvoordel­e ontvang indien jy ’ n afhanklike is, maar net indien julle steeds in ’ n verhouding is.

Baie mense glo as jy saambly, het jy dieselfde regte as getroudes. Dis glad nie waar nie. RIAAN SCHEEPERS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa