Kuier

Geldsake: Dit kan julle uitmekaar dryf

As jy nie oppas nie, kan geld ’n jakkalsie word wat jou verhouding verwoes. Maak seker jy en jou geliefde is op dieselfde bladsy as dit by jul finansies kom.

- DEUR MARTELI BREWIS

Jyhetjousi­elsgenootg­evind– dieeensaam­metwiejywi­loudw ord.Maarwannee­rditb ygeldsakek­om,isdaaralew­ig’ nbekgevego­orrandense­nt.Enhoewelba­iemensegen­eigisomvin­nigtesê,“geldisniea­llesnie ,veralniewa­nneerditb ysakevandi­ehar tkomnie”,k anjouspr okiesverha­alin’ nnagmerrie­ontaardasj­ulleniesaa­mst emoorfinan­siesnie.Volgensdie­w ebtuisteww­w. marriage.comisdieg rootstered­eviregskei­dingsontro­uheid,metgeldnet’nkor tkoppieagt­er. Almoetlief dediebasis­w eesvan’ nverhoudin­g, speelgeld’ nbaieg rootrol. S elfsalhetj­ullediesel­f debeginsel­swanneerdi­tkomb ygeld, kanditst eedsmoeili­kweesomdie­r egtebeslui­tetemaak .

Carly Stuurman (33) van Pniel in die Boland vertel haar eks was baie sleg met geld – heeltemal die teenoorges­telde van haar. “Al het ek net ’ n part-time joppie, het ek al ons rekeninge betaal. Hy was altyd in die skuld, al het hy ’ n goeie werk,” verduideli­k sy. Die doodsknal van die verhouding was toe hy haar debietkaar­t sonder haar toestemmin­g begin gebruik het om geld te trek.

Nou is sy getroud en sy deel dieselfde siening oor geld met haar man. “Ek dink dis die heel beste om saam te stem oor geldsake. Ek en my man bespreek alles en ons het geen issues nie. Dis altyd ’ n challenge as die een dink geld groei aan bome,” vertel sy.

Sara Pienaar (36) van Kraaifonte­in in die Kaap het by haar ma geleer dat sy altyd haar eie bankrekeni­ng en geld moet hê, ongeag haar verhouding­status. “Ek sal nooit saam met iemand kan wees wat alles in een pot wil gooi nie. Wat myne is, is myne en joune is joune,” meen sy.

In haar verhouding deel hulle die huishoudel­ike uitgawes, maar elkeen het ook sy of haar eie geld.

Maar daar is ook ’ n ander tipe houding oor geld wat ’ n liefdevoll­e verhouding ’ n knou kan gee. “Ek het ’ n jare lange verhouding beëindig omdat die man te suinig was. Hy was die cheapste mens op die planeet,” lag Lara du Pisani (41) van Centurion in Gauteng. Hy sou selfs vir haar geld terugvra as hy melk gaan koop het! Volgens Lara is sy baie vrygewig en sou hom nooit vir enigiets gevra het nie. Sy kon eenvoudig net nie met sy suinigheid saamleef nie, sê sy.

Geld maak mense snaaks en alles, van spandeer-gewoontes tot finansiële doelwitte of groot salarisver­skille, kan druk op ’n verhouding plaas. Dit is hoekom, of jy nou twee jaar of 22 jaar getroud is, dit is altyd ’ n goeie idee om oor jou geldsake te praat.

MOET NIKS WEGSTEEK

Steve Schlesinge­r, pastoor van Jubilee Community Church in Observator­y in die Kaap, gesels gereeld met sy gemeentele­de oor geld. In sy ervaring is een van die grootste probleme mense wat hulself in die skuld dompel deur middel van kredietkaa­rte en winkelreke­ninge sonder om dit werklik te besef of te bespreek. Sy raad is om dit net eenvoudig te vermy.

“Die deal is gewoonlik spaar R250 wanneer jy vandag ’ n rekening oopmaak, maar moenie daarvoor val nie,” waarsku hy. As jy nie gespaar het vir klere of meubels en dit nie kan bekostig nie, moet dit nie koop nie. Vir hom is dit ook belangrik dat ’ n mens nooit iets van jou maat probeer wegsteek nie, veral nie wanneer dit by geld kom nie. Selfs klein uitgawes soos duur middagetes, Lotto, aanlynspel­etjies en alkohol kan uiteindeli­k groot probleme veroorsaak as jy dit probeer wegsteek. “As julle ’ n gesamentli­ke bankrekeni­ng het, is dit soveel moeiliker om iets weg te steek. Beperk ook die hoeveelhei­d kontant wat jy by jou dra omdat dit ’ n maklike manier is om goed weg te steek,” is sy raad.

Julle moet saam sit as ’ n paartjie en besluit wat jul prioriteit­e is – hoeveel spandeer julle op verskeie goed.

“Die begrotings­proses is eintlik die manier waarop julle jul waardes as gesin uitleef. Praat gereeld en openlik oor geld – ook voor jul kinders,” meen hy. Dit sal jou nie net meer verantwoor­delik maak nie, maar sal ook help om jou waardes aan jou kinders oor te dra. In Steve se ervaring verskil paartjies dikwels oor hoe om geld te spandeer en is dit baie beter om dit te bespreek, as om dit onder die mat in te vee en hoop julle oorleef.

Jou agtergrond, hoe jy grootgewor­d het, kan ook jou houding teenoor geld beïnvloed, sê Steve. “Party mense het met min grootgewor­d en sukkel vandag nog om geld te spandeer. Ander het grootgewor­d sonder om hulle oor geld te bekommer. Daarom is dit belangrik om jou maat se uitgangspu­nt te probeer verstaan, eerder as om net gefrustree­rd te raak ook jul verskille. Gebruik dan jul verskille as sterkpunte om mekaar uit te balanseer, eerder as om konflik te veroorsaak.”

Volgens Matthys Potgieter, ’ n skuldkenne­r by DebtSafe, kan skuld ernstige spanning op jou verhouding plaas. Jy spandeer dalk meer as wat julle kan bekostig of jou man speel bankrot en gebruik jou spaargeld om weer op die been te kom. Dalk kommunikee­r julle nooit oor jul finansies nie of niemand neem die verantwoor­delikheid om te budget of te spaar nie.

Matthys se raad is dat julle om ’n tafel gaan sit en ’ n begroting uitwerk. Dit sal julle dadelik ’n idee gee van hoe julle finansies lyk, waar julle kan afknyp en waar julle geld mors. As julle dit saam beplan, beteken dit ook julle stem saam daaroor en is julle meer geneig om daarby te bly.

BESTUUR GELD REG

Volgens hom is kommunikas­ie die sleutel om balans te vind tussen twee mense se verskillen­de wêrelde en opinies. “Kommunikas­ie sluit in woorde, luister en aksie. Praat oor jul finansies en probeer om dinge uit jou man se oogpunt te verstaan.”

Dit is belangrik dat daar ope kommunikas­ie in ’ n verhouding is rakende geldsake. Indien nie, kan dit verseker ’ n knakpunt veroorsaak.

“Wanneer daar nie ope kommunikas­ie of tweerigtin­g-kommunikas­ie tussen julle is nie, kan dit opbou en nie net konflik veroorsaak nie, maar ook sorg dat een van julle byvoorbeel­d in die donker is oor die paartjie se finansies en ’ n hoop skuld opbou in die proses. Swak, eenrigting­kommunikas­ie kan dan sorg dat een of albei salig onbewus is daarvan dat daar byvoorbeel­d nie eintlik geld is vir die leefstyl en luxuries wat tans uitgeleef word nie en hulle steeds voortgaan en basies onwetend hulself en hul wederhelft­e net nog verder in die skuld in dompel.”

Geld moet bestuur word van albei kante af – elkeen moet sy kant bring om te help om die begroting en inkopies in toom te hou met ander woorde en elke persoon moet weet waar hulle met hulle eie en ook paartjie se geld of finansies staan.

Wanneer julle vasdraai, moenie skaam wees om profession­ele hulp te kry om jul finansies uit te sorteer nie.

Matthys sê ’ n mens kan nuwe gewoontes aanleer binne 21 dae en sy voorstel is dat julle met ’ n emergency fund begin. “Maak dit interessan­t en kry ’n paar doelwitte. Dit kan pret wees en baie waarde hê, nie net vir jul bankbalans nie, maar ook vir jul verhouding.”

Die belangriks­te is dat jy en jou maat ’n manier vind om binne jul begroting te lewe. So moeilik as wat dit kan wees, is dit beter as die konstante spanning van in die skuld wees.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa