Kuier

Kortverhaa­l

Jomé se hart breek weer van voor af toe Jacques op die dorp kom en boonop verloof is. Is dit regtig die einde vir hulle?

- DEUR LARA MÜLLER

Jomé wag in die ry in Spar. Die mandjie met ’ n paar goed in is op haar skoot. Toe dit haar beurt is om te betaal, rol sy haar rystoel met albei hande vorentoe.

“Jomé, is dit jy?” hoor sy ’ n stem agter haar wat haar ’ n koue rilling gee. Sy pak eers die goed uit en kyk uiteindeli­k agter haar. Haar grootste vrees het waar geword. Voor haar staan Jacques.

Sy kan nie ’ n woord uitkry nie, draai weer haar kop terug en betaal haar goed.

“Ek kan nie hiermee deal nie,” sê sy en gaan by die winkel uit.

“Jomé, gee asseblief vir my ’ n kans. ’ n Kans om te verduideli­k,” smeek Jacques. “Ek is vir ’n rukkie terug in Clanwillia­m. Wil jy nie dalk vanaand êrens iets gaan eet om te praat nie?”

Die vermetelhe­id, dink sy. Maar voordat sy haar kom kry, knik sy haar kop. Spyt spoel dadelik oor haar. Spyt dat sy ingestem het om die man wat haar sewe jaar gelede voor die kansel gelos het, te ontmoet. Die persoon wat gevoel het hy sien nie kans om met ’ n vrou te trou wie se bene besig is om in te gee nie.

Op pad huis toe gaan tienduisen­d dinge deur haar kop. Wanneer het hy so aantreklik geword? En van wanneer af skeer hy sy baard?

Die aand haal sy diep asem voor sy by Floris Restaurant ingaan. Wat gaan sy vir die man sê? Soveel water het al in die see geloop. Só baie dat sy nie eens meer kan loop nie!

Binne is dit ’ n lag en ’ n baljaar en mense wat mooi herinnerin­ge skep. Jacques kom na haar toe.

“Is dít wat vanaand is? Om nog ’ n laaste pyngedagte te skep?” vra sy toe hy ’ n stoel wegskuif sodat sy kan inskuif. “Jomé, nee, glad nie.” ’n Pragtige vrou kom van die toilet se kant af en kom sit by hulle.

“Dis my verloofde, Lisa. Lisa, dit is Jomé. My er . . . My vriendin,” sê hy onseker.

Vir ’ n oomblik is sy stom. Haar wêreld stort weer in duie. Al is dit soveel jare gelede, maak dit steeds so seer om te weet dat hy haar gelos het. Dat hy nooit saam met haar gaan wees nie. En dit was sy keuse. Sy keuse alleen.

“Nice om jou te ontmoet, Lisa,” mompel sy vinnig omdat sy nie wil hê hy

“Is dit wat vanaand is? Om nog ’n laaste pyngedagte te skep?

moet weet hoe sy regtig nou voel nie.

Nadat hulle geëet het en vir nagereg wag en Jomé ’ n bietjie meer ontspanne is, vra Lisa haar iets wat sy nooit gedog het sy sou hoor nie.

“Jomé, ek en Jacques wil graag hê jy moet na ons troue toe kom. Ek weet dis al baie jare ná julle twee, maar ek sal verstaan as jy nie wil kom nie. Ons trou op 27 September en wil jou daar hê,” sê Lisa. “Asseblief,” voeg Jacques sag by. “Ek sal kom. Dankie vir die invitation,” sê Jomé effens huiwerig.

Later toe hy haar afsien begin hy ongemaklik: “Mé, ek sal altyd lief wees vir jou. En ek is bly jy kom en dat ek jou blessing het.”

“Jacques, verstaan my mooi, ek doen dit nie vir jou nie. Ek doen dit omdat ek nie lelik wou wees met jou baie nice en baie mooi verloofde wat nog goed kan loop nie. En jy het beslis nie my blessing nie, want ek is steeds seer. Bye.”

“Mé . . .” probeer hy weer, maar sy maak asof sy hom nie hoor nie.

’n Paar maande later durf sy die lang pad aan Buffelspoo­rt toe. Die dag het gouer gekom as wat sy gedink het dit sou. Die dag wat sy gaan moet kyk hoe die liefde en rede vir al haar seer van haar lewe sy hart aan ’ n ander vrou gee. My eks, eks, eks . . . Ná al die jare voel dit steeds so verkeerd om eks te sê, eggo dit in haar gedagtes.

Langs die pad is daar ’ n aanwysing wat wys waar jy moet indraai na die plaas waar die troue gaan wees. Bekende gevoelens kom terug. Die angs, die onsekerhei­d oor wat gaan gebeur.

Op die plaas is almal opgewonde oor die troue en almal is bly om die familie en vriende weer ’ n slag te sien. Sy is nie regtig seker waar sy inpas nie. Vriend? Familie? Weggooigoe­d? Sy weet self nie hoe om dit te beantwoord nie.

Die meeste van die mense wat groet en uitvra oor haar lewe en hoe dit gekom het dat sy in ’ n rystoel sit, oorweldig haar en sy besluit om te ontsnap na die rivier by die houtpaadji­e af. Om vars lug te kry, nee, om vars gedagtes te kry.

Sy kry ’ n gevoel iemand agtervolg haar en sy hoor ook ’ n plank nou en dan kraak oor die gerol van haar wiele. Sy volg die pad verder af na die rivier toe.

Sy gaan staan stil by die railing en kyk hoe die vlak water oor die klippies spoel. ’n Voëltjie sit op ’ n takkie en nog een kom sit langsaan. Hulle vlieg skielik saam weg en hul swart vere skitter in die son.

Sy staar in die verte en dink aan wat was en wat alles kon wees. Dit is die “what ifs” wat elke keer al die rowe aftrek.

Jomé kan nie help om aan hom te dink nie. Sy het hom nog altyd voor die kansel sien staan, maar sy is die een wat in die aisle afstap of rol of wat ook al. Nie sy wat sit in die agterste ry en iemand anders loop na hom toe nie.

“Is dit moontlik dat ek ná sewe jaar van voor af verlief kan raak op ’ n man wat my met die seerste seer gelos het?” wonder sy hardop.

Sy kan nie meer die trane terughou nie. En op daardie oomblik verloor sy haarself oor die wete dat sy nog lief kan wees vir ’ n man wat haar beslis nie liefhet nie en dat hy met ’ n ander vrou gaan trou.

“Pla ek?” hoor sy ’ n stem agter haar. Sy draai om. Dit is hy! Dis Jacques.

“Wat . . . Wat maak jy hier?” Sy vee haar trane af met albei haar hande. “Wat gaan die mense sê as hulle jou by jou eks sien staan? Die mense sal praat.”

Hy sak op sy knieë voor haar neer en gee nie om of sy pak vuil raak nie. Hy vat haar hande in syne.

Jacques haal diep asem en kyk diep in haar oë voor hy verder praat. “Jomé, sal jy my ooit kan vergewe? Ek was ’ n vark. Ek het net aan myself gedink. En vir ’ n 25-jarige was ek baie dom. Ek moes jou bygestaan het . . .”

Sy keer hom voor hy verder praat. “Wag, wag, wag. Wat gaan hier aan? Dis jou troudag!”

“Luister net. Ek moes jou nie gelos het nie. Ek moes jou ondersteun het. Jou versorg het. En almal het gesê ek maak die fout van my lewe om met ’ n vrou te trou wat nie regtig ’ n vrou vir my sal kan wees nie . . . Maar nou weet ek van beter.”

“Ek is bly jy weet van beter, maar wat is dit alles veronderst­el om te beteken? “Mé, ek is werklik jammer.” “Jammer? Jammer oor wat? Die feit dat jy my seergemaak het of die feit dat jy my nooit so lief sal hê soos ek vir jou het nie?” Die oomblik toe sy dit sê, weet sy sy moet daar wegkom.

Toe sy verby hom gaan, gryp hy die handvatsel­s van haar rystoel vas. “Loooooos!” gil sy en begin huil. “Jy het gedoen wat jy gedink het goed is, jy het my gelos, voor almal . . .”

Sy ruk haar los en ry weg terwyl hy haar agterna kyk. Sy moet wegkom . . .

Twee weke later is daar ’ n klop aan haar deur. Toe sy oopmaak, staan Jacques daar. “Asseblief, luister net. Dan kan jy my maar wegjaag,” sê hy dringend. “Ek moet iets vir jou sê. Ek en Lisa is nie lief vir mekaar nie. As vriende, ja. Sy het my verlede jaar gevra of ek nie met haar wil trou nie. Haar mense is baie ryk, maar ook old school. Haar ma en pa het gesê as sy nie getroud is nie, sal sy nie kan erf nie, maar die ding is sy stel nie belang in mans nie.

“Ek het ingestem om dit te doen, want sy het vir my blyplek gegee toe ek net hier weg moes kom ná ons. Toe ek jou weer sien, kon ek nie meer my gevoelens ontken nie. Al waaraan ek kan dink is jy, oor ons, wat ons dalk kon wees, elke oomblik van my bestaan berou ek die besluit wat ek daardie dag voor die kansel gemaak het.”

Toe hy stil word, vra sy sag, dog hoopvol: “En nou? Wat wil jy eintlik sê?”

“Ek was verkeerd. Ek moes harder teen myself en ander vir jou baklei het. Dis hoekom ek nie kon voortgaan met die troue met Lisa nie. My hart behoort nog altyd net aan jou.” En voordat sy weer iets kan sê, soen hy haar hartstogte­lik op ’n manier wat sy in haar tienerjare in sprokiesve­rhale oor gelees het.

”Ek wil dinge regmaak. Sal jy my nog ’n kans gee?”

Dis toe sy weet hy is hare. Hare alleen. Vir nou en vir altyd.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa