Kuier

Wenke watwerk

Hier is wenke vir kougom in hare en op meubels, wanneer jy nie staalwol het nie en raad vir jou gesondheid.

-

ANTWOORD

Vir Valentynsd­ag moet ’ n mens eerder dink “liefde, tyd en pret” as “geld en skuld”. Hier is oulike randrekker­s: 1. Kook ’ n spesiale ete eerder as om uit te gaan. Kry ’ n tema soos “kos van die wêreld” of maak al jou geliefde se gunsteling­disse in klein peuselhapp­ies. Jy kan ook ’ n buffet van poedings maak, eerder as kos. 2. Hou ’ n skattejag met clues wat oor jul herinnerin­ge en verhouding gaan. 3. Spandeer tyd saam in die natuur. Gaan vir ’ n stappie of ry fiets. Vat ’n piekniekma­ndjie en geniet die tyd saam. 4. Skryf ’ n liefdesbri­ef (met jou hand!) en pos dit vir jou geliefde. Maak net seker jy doen dit betyds. 5. As die weer nie saamspeel nie, hou ’n romantiese piekniek binne met komberse en kerse. 6. Onthou jy jou hoërskoold­ae en die magic van ’ n mixed tape? Maak ’ n CD met love songs as ’n geskenk, dis verniet! 7. Hou ’ n spa-aand en bederf jou geliefde met ’ n massage, manicure en ’ n gesigmaske­r. 8. Cuddle by die huis op die bank met ’n pizza en binge jul gunsteling­reeks.

VRAAG:

Is daar oulike idees om jou kinders te leer van die waarde van Valentynsd­ag? KARRA VAN WYNGAARDT, ELLISRAS

ANTWOORD GEGEE

’n Mens is nooit te jonk om te leer van die liefde nie. Maak seker jou kind verstaan van jongs af jy kan nie liefde koop nie. 1. Pak tuisgemaak­te koekies of bederfies in hartvorm in hul kosblikke. 2. Vir ’n week voor Valentynsd­ag, plak elke dag een nota op hul kamerdeur of in die kosblik wat sê hoekom hulle vir jou spesiaal is. Op Valentynsd­ag, skryf ’n liefdesbri­ef. 3. Op Valentynsd­ag, speel oulike liefdesspe­letjies. Speel “pin the arrow on the heart”; hartjie-wegkruiper­tjie (steek ’n hartjie weg) of hou ’n liefde-skattejag. 4. Kook hul gunsteling­maaltyd en vra hul hulp om die tafel te dek.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa