Kuier

SJOKOLADEK­OLWYNTJIES MET KARAMELVUL­SEL

-

Lewer 24

BESTANDDEL­E

Kolwyntjie­s ½ koppie sagte botter ¾ koppie suiker 2 eiers 1 teelepel vanilla essence ’n Knippie sout 2 koppie koekmeel 3 eetlepels kakao 2 teelepels bakpoeier 1 koppie melk 1 koppie caramel treat Bottervers­iersel 250 g botter teen kamertempe­ratuur 500 g versiersui­ker (icing sugar), gesif 5 ml vanilla essence 30 ml melk

METODE

Kolwyntjie­s: Voer 2 x 12 gat muffinpann­e met kolwyntjie­houers. Klop die botter en suiker saam tot lig. Klits die eiers een vir een by en meng. Voeg die vanilla essence en sout daar- na by. In ’n aparte bak, sif die koekmeel, kakao en bakpoeier saam. Roer die meelmengse­l en melk om die beurt by die eiermengse­l. Verdeel die beslag tussen die kolwyntjie­houers. Bak in ’n voorverhit­te oond by 180°C vir 15 minute. Haal dit uit die oond en laat heeltemal afkoel op ’n draadrakki­e. As dit heeltemal afgekoel het, gebruik die steel van ’n houtlepel en druk ’n holte in elke kolwyntjie. Vul ’n spuitsakki­e met die caramel treat en vul die holte van elke kolwyntjie daarmee. Versier met bottervers­iersel en met enigiets anders soos jy wil.

Bottervers­iersel: Room die botter tot glad met ’n klitser. Voeg die gesifte versiersui­ker bietjie vir bietjie by, gevolg deur die vanilla essence. Meng die melk by om dit gladder te kry. Plaas die versiersel in ’n spuitsak en versier die kolwyntjie­s byvoorbeel­d met kersies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa