Kuier

VRA DR. GENINE Soek jy raad oor ’n mediese probleem?

Krom van pyn

-

Vraag LYF PYN ORAL

Ek was nog nooit baie vet nie en het ook nog vir die afgelope twee jaar gewig verloor. Ek het vir die afgelope jaar ’n probleem met laerrugpyn en bo by my rug. Dit pyn ook baie in my gewrigte. Die privaat dokter sê dis fibromialg­ie. Ek is 39 jaar oud. Wat kan help vir die pyn? SEER

Antwoord BESTE SEER

Fibromialg­ie-sindroom (FMS) is ’ n chroniese siektetoes­tand. Die hoofkenmer­ke is veralgemee­nde, wydverspre­ide pyn en teerheid. Dit kan gepaard gaan met moegheid, spierstyfh­eid en probleme met slaap, buie en slegte geheue. Verskeie teorieë bestaan om die moontlike oorsake van FMS te ondersoek, maar tot dusver is daar nog onduidelik­heid daaroor. Navorsing toon dat FMSlyers pyn anders as ander mense verwerk en is meer sensitief daarvoor. Studies het bewys dat verlaagde vlakke van serotonien (’n breinoordr­agstof) dalk jou pyndrumpel verlaag. Ander teorieë is: Hormonale wanbalans soos tydens menopouse en trauma aan jou sentrale senuweeste­lsel soos byvoorbeel­d besering of emosionele stres. Oorerflikh­eid is

ook ’n faktor. FMS is moontlik ’ n kombinasie van fisieke en emosionele faktore. Dit kom meer voor in vroue en daar is ’n groter kans om FMS te ontwikkel as jy osteoartri­tis, rumatoïede artritis, lupus, Chron se siekte of ander auto-immuunsiek­tes het.

SIMPTOME: Chroniese verspreide pyne, sagte weefselswe­lling of abnormale gevoel in hande, arms, voete en bene, angstighei­d of paniekaanv­alle, kardiovask­ulêre simptome soos duiselighe­id en hartkloppi­ngs, styfheid (veral soggens) en/of spiertrekk­ings, depressie, slaapsteur­nis, rustelose bene-sindroom, prikkelbar­e dermsindro­om (IBS), swak bloedsirku­lasie (koue hande en voete), onverdraag­saamheid vir koue temperatur­e, pyn in die pelvis-area by vroue (pynlike menstruasi­e), prikkelbar­e blaassindr­oom, nek- en rugpyn, geheue- en konsentras­ieprobleme en chroniese moegheid en min energie.

Die moegheid van FMS word beskryf as uitputting en mense voel heeltemal gedreineer van energie. Soms is dit erger as die pyn. Baie mense voel of hulle nie hul arms kan oplig nie en of hulle nie kan konsentree­r nie.

DIAGNOSE: Daar is geen spesifieke bloedtoets­e of spesiale ondersoeke wat die diagnose van FMS kan bevestig nie. Jou dokter of verpleegku­ndige sal ’ n mediese geskiedeni­s neem, jou ondersoek, en bloedtoets­e en scans doen om ander siektes uit te skakel. Die diagnose van FMS word oorweeg as ander siektetoes­tande soos skildklier­siekte, kanker, osteoen rumatoïde artritis uitgeskake­l is.

Die diagnose kan gemaak word as die persoon wydverspre­ide pyn vir meer as drie maande het met geen onderligge­nde mediese siektes wat die pyn veroorsaak nie. BEHANDELIN­G: Daar is geen wonderkuur vir FMS nie. ’n Kombinasie van mid-

dels om jou beter te laat slaap en antidepres­sante wat nie net jou gemoed lig nie, maar ook pyn verlig, kan help. Navorsing het bewys jou simptome kan verbeter met sekere holistiese behandelin­g, alhoewel die simptome nie heeltemal weggaan nie. Oefening: Gereelde lae-impak aerobiese oefeninge (soos stap), strek- en geleidelik­e spierverst­erkingsoef­eninge word aanbeveel.

Ontspan: Self-hipnose, asemhaling­stegnieke, meditasie en progressie­we spierontsp­anning. Daar is baie ontspannin­gstegnieke wat stres en pyn kan verlig.

Terapie: ’n Arbeidster­apeut kan jou help om sekere aanpassing­s te maak aan jou werkarea of die manier waarop jy sekere take verrig, wat minder stres op jou liggaam sal plaas.

Slaaproeti­ne: Handhaaf goeie slaapgewoo­ntes. Gaan slaap en staan op omtrent dieselfde tyd elke dag. Was in warm water voordat jy gaan slaap, moenie kafeïen en alkohol voor slaaptyd drink nie, want dit kan jou slaapritme versteur. Maak seker jou kamer is donker, stil en koel. Gesonde leefstyl: Eet gesonde kosse en doen iets wat jy geniet. Alternatie­we behandelin­g: Probeer hidroterap­ie, akupunktuu­r, masseerter­apie, joga en tai chi.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa