Kuier

BELY, BELY & LAAT STAAN!

Mrs Jones wil weet vir hoe lank gaan ons nog bump ’n grind op musiek van mense soos R. Kelly wat ander misbruik.

- DEUR INGRID JONES

” I believe I can fly, I believe I can touch the sky . . .“

Oor die afgelope paar weke was mense op sosiale media vasgenael aan hul skerms om deel te wees van die #MuteRKelly- en #SurviveRKe­lly-storm wat oor die R&B-sanger se kop losgebars het. R. Kelly, die man agter van die sexyste musiek in R&B, musiek wat die agtergrond­musiek van ons romantiese verhouding­s was. Die man wat na homself verwys het as die “Fluitspele­r van R&B”. Wel, nou weet ons hy was die fluitspele­r van ander goed ook.

Musiek vorm so ’ n integrale deel van ons lewens en is die klankbaan daarvan. Vanaf geboorte is daar musiek wat ons aanluister. “Twinkle Twinkle Little Star” word later Grover Washington se “Just the Two of Us”, Gerhard Steyn se “Baby Tjoklits” of Rihanna se “Bitch Better Have My Money”. Ons hou van verskeie soorte musiek en elke liriek hou betekenis in.

Met die beskuldigi­ngs wat nou amptelike aanklagte geword het, is mense gevra om op te hou om R. Kelly se musiek te koop en om op te hou om daarna te luister. Toe is alle hel los! Want hoe de duiwel maak ’ n mens die man los van die musiek wat gesing is by jou troue? Dis op die video wat geneem is van jul eerste dans as man en vrou! Wat by ’ n begrafnis gesing is. Hoe dan nou?

Hier is hoe my poeiers val. As jy steeds bump ’n

grind op R. Kelly se musiek, is jy deel van die probleem. Maak nie saak hoeveel van jou herinnerin­ge aan sy musiek gekoppel is nie. Onlangs het ek die fliek Bohemian

Rhapsody gekyk. Ek het weereens bewus geraak van hoe Freddie Mercury, en so ook ander musikante, lirieke en musiek gebruik om hul gevoelens uit te druk en lewe te gee aan hul omstandigh­ede en omgewing.

Min mense is onbewus van R. Kelly se seksuele promiskuit­eit met meisies so jonk as 12 – dis verkragtin­g! Maar steeds glo ons dit nie, want hy is dan so ’ n cool ou. Hy is ryk, hy het huise en karre, hy laat ons goed voel en ons sing en grind saam terwyl ons “Step in the Name of Love” by ons parties. Spoeg. Opgooi. Sies. ’n Mens kan nie die man van die lirieke skei nie. Nie as hy duidelik met menige liriek uitspel waarmee hy besig is nie. Dan laat sy kultusstat­us hom glo hy is onaantasba­ar, want “I believe I can fly”. En hy het dit gedoen met die toestemmin­g van ouers wat so graag wil hê hul jong meisiekind­ers moet beroemd wees. Spoeg. Opgooi. Sies. Van die ouers het geweet van die aantygings teen hom en sy span. Hulle, en almal wat daarvan geweet het, is aandadig, want hulle het nie ’ n vinger gelig om dit te keer nie. Hulle het liewer steeds hul jong dogters aan hom afgestaan vir fame en fortune.

Baie van ons doen dit. Ons wil vinnig ryk raak en gebruik ons kinders om bekendheid te verwerf op sosiale media, om ’ n celebrity te raak, om ’ n Instagramb­ekende te wees. Dit maak my naar.

My dogter is 19 en ek gee nie om dat mense dink ek is ’ n control freak en of sy haar vererg vir my nie. Ek wil steeds weet waarheen sy gaan, met wie, hoe oud die mense is, of daar toesig is, foonnommer­s van vriende en ouers, motorregis­trasies, adresse. Alles. Sy kan maar kwaad raak, want ek sit haar in die oë. Dis ons verantwoor­delikheid om toe te sien dat ons ons kinders beskerm en nie agterna sê: “Ek het nie geweet nie.”

Die volgende keer as jy “I believe I can fly” neurie, wees bewus van hoekom hy die liedjie gemaak het. En al sy musiek wat jou laat dans. Ek het ook van sy musiek gehou, maar het al sy musiek van my toestelle delete. Ek het sy CD’s weggegooi. Hy het gedog hy is onaantasba­ar, maar die gety is besig om teen hom te draai, want vroue is nie meer skape wat na die slagpale gelei word nie.

Ek is baie versigtig waarna ek luister of waaraan ek my blootstel. Geen “anacondas”, “n”-woorde, “bumping” en “grinding” of “bitches and hoes” nie. Gaan ons die persoon van die lirieke skei omdat hy of sy ons laat goed voel?

Dis duidelik waaroor R. Kelly in sy liedjies sing, ons wil dit net nie sien nie. En moet asseblief nie vir my vra: “Maar wat van Chris Brown?” nie; of sê “bitch” is so algemeen in die volksmond soos “asseblief” nie.

Spoeg. Opgooi. Sies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa