Kuier

JOU LEWE NÁ JOU MAAT SE DOOD

Dis oukei om aan te beweeg ná ’n geliefde se dood, maar wanneer is die tyd en wat behoort jy vir jouself te doen?

- DEUR SYDENE CLOETE

Die graf moet eers sak sê hulle. Uit respek natuurlik. Maar hoe lank neem dit om regtig aan te beweeg ná die dood van ’ n geliefde en is dit ooit meetbaar?

Hoewel dit verskil van mens tot mens, as jy alle faktore in ag neem, sal ek saamstem dat ’ n jaar ’n redelike tyd is. Nie net uit respek vir die dood van jou geliefde nie, maar ook uit respek vir jouself. Baie dinge verander in ’ n jaar. Mense groei en verander. Daar is persoonlik­e en profession­ele verskuiwin­gs. Verskuiwin­gs in jou gesin en die breë familie; in die psige van jou menswees wat insluit rou, aanvaardin­g, leer om weer alleen te wees en jouself te leer ken as ’ n individu en hoe om onafhankli­k aan te beweeg sonder die verwagting­e van ’ n lewensmaat.

Gebruik dié tyd om jouself te leer ken. Wat jý geniet, was miskien ver op die agtergrond geskuif toe jou geliefde geleef het omdat dit nie noodwendig iets is wat julle saam geniet het nie of omdat dit nie in die raamwerk van julle as ’ n paartjie gepas het nie.

Leer ken weer jou eie behoeftes en begeertes. Wie jy is en wat jy uit die lewe wil hê. In dié tyd kan jy selfliefde assesseer en aan jou selfbeeld bou. Al hierdie dinge sal jou emosioneel ’ n hupstoot gee. Dit sal help dat jy met ’ n helder gemoed sonder die waas van hartseer of die pyn en die behoefte van behoort, ’ n keuse kan maak oor wanneer om iemand in jou persoonlik­e spasie te laat.

Aan die begin kan die blote gedagte van alleen wees baie oorweldige­nd wees en as jy jouself nie genoeg tyd gun om jou voete emosioneel te vind nie, kan jy maklik die prooi word van (desperate en dikwels gewetenlos­e) jagters wat emosioneel verwarde mense uitbuit en manipuleer. Wanneer jy jouself die tyd gun, laat jy ruimte vir retrospeks­ie en introspeks­ie en kan jy kyk en eerlik assesseer wat was, wat nou die beste vir jou is en wat jy in die toekoms wil hê.

Hoe identifise­er jy in ’ n verhouding? As independen­t of co-dependent? Co-dependency kan ’n maat baie broos laat ná die afsterwe van die een wat altyd alles gedoen het en in beheer van alles was – van motorbestu­ur tot geldsake, rekeninge en polisse hanteer. Of dalk het jou oorlede geliefde gesorg dat die huis altyd netjies is, kos gemaak en klere reggekry.

Wanneer jy jouself in verhouding­s of ’n huwelik begewe sonder dat jy jouself ken, kan jy jouself maklik verloor. Sy opinie word jou opinie. Sy mening word jou mening. Sy besluit word jou besluit. Dis dikwels nie omdat hy dit op jou afdwing nie, maar omdat vroue soveel bewonderin­g, respek, liefde en vertroue vir hul maats het dat hulle die leisels goedguns- tiglik oorhandig. As jy dan skielik jou “perfekte maat” verloor, word jy kwesbaar agtergelaa­t.

Buiten die hartseer en verlange, gaan verlies van ’n maat dikwels ook gepaard met een of meer van die volgende: doellooshe­id, hulpeloosh­eid, rigtingloo­sheid, eensaamhei­d en bowenal voel jy verlore en verlate. Sulke gevoelens maak jou ’n maklike teiken vir mans of vroue wat nie eerlike bedoelings het nie.

Ons is in ’n tyd waar ons besig is om verhouding­s en ons spesifieke rolle in verhouding­s te herdefinie­er. Beide partye is meer betrokke en bewus van uitdagings en hoe om dit te hanteer. Daar is ook ’n verskuiwin­g van co-dependence en independen­ce na interdepen­dence. Interdepen­dence is wanneer julle fantasties saam as ’n span werk, maar een is glad nie minder in enige opsig sodra die ander een nie meer daar is nie.

Sommige mans is so afhanklik van hul vroue en visa versa dat wanneer hul vertroueli­ng, maat en steunpilaa­r hulle ontval, hulle te gou aanbeweeg omdat die eensaamhei­d hulle teen die mure uitdryf.

Dis belangrik om te weet hoe om alleen te wees, om tyd met jouself te spandeer en dit te geniet. Dit gee jou baie ruimte vir introspeks­ie en tyd om te groei teen jou eie pas.

Dit is ook belangrik dat jy die besluit maak om aan jouself as ’n geheel te werk. Herwin jou innerlike balans en probeer om elke dag die beste weergawe van jouself na te streef en uit te leef. Vind geluk in die klein dinge in die lewe. Leer ken en waardeer jou waarde. Jy sal dan nie voel jou hele wêreld word onder jou uitgeruk wanneer jou maat sterf nie.

Leer ken jou eie behoeftes en begeertes. Wie jy is en wat jy uit die lewe wil hê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa