Kuier

WAT DIE HART VAN VOL IS

Niemand se sê tel in jou verhouding met jou geliefde nie. Jul liefde en hoe julle dit aan mekaar wys, is wat saak maak.

- DEUR LEON FLEMMER

Baie paartjies word heeltemal uit die alledaagse wêreld weggevoer wanneer hulle op mekaar verlief raak en ’ n verhouding aankoop. Daai gevoel is hemels, want verliefdhe­id het sy manier om paartjies weg te voer na cloud nine. Maar dit bly nie só nie.

Die ongeloofli­ke lekker gevoel van liefde gaan gepaard met ware introspeks­ie en só word die edelste gevoelens wat daarin skuil, bepaal. In baie woordeboek­e word die woord “liefde” se betekenis verklaar, maar in my woordeskat is daar geen presiese definisie nie.

Wanneer ek terugkyk na so ses jaar gelede, het ek presies dieselfde gevoel ervaar. Ek is tans in ’ n langafstan­d-verhouding met die wonderliks­te vrou vir wie ek onvoorwaar­delik lief is. Sy is ’ n verpleegst­er van Umtata, maar werk nou al die afgelope sestien jaar in Port Elizabeth.

Ons het in ’ n tyd ontmoet toe dinge met beide van ons nie so goed gegaan het nie. Ons albei was pas uit verhouding­s waarin ons seergekry het en moes planne maak om aan te beweeg. My neef het een aand ’ n braai by sy huis gereël en dié se meisie het besluit om die verpleegst­er ook te nooi. Ek dink ons ontmoeting was regtig bestem om te wees.

Daai aand het sy ’ n wit rok en sandale aangehad. Haar grimering was on point en haar dreadlocks perfek gestyle. Ons is aan mekaar voorgestel en dit was vuurwerke met die eerste oogopslag. My tone het behoorlik gekrul, want ek kon nie glo ek word so onmiddelli­k verlief nie.

Ons het die nag deur gelag, nommers uitgeruil en besluit dat ons mekaar weer móét sien. En die res is history, want tot vandag toe is elke dag ’ n belewenis om in haar geselskap te wees. Sy het ’ n goeie hart, ’n goeie sin vir humor en is sommer net ’n mense-mens wat enigeen se hart sal steel.

Maar soos in enige verhouding is daar struikelbl­okke en ek kan jou verseker dat die twee van ons tonne ervaar het. Daar was inmenging van haar familie wat claim dat ek nie genoeg is nie, nie die ideale man vir haar is nie en ek het glad nie tyd gehad vir al hul drama en speletjies nie.

Toe sy nog nie ver weg gewerk het nie, sou ek vroeg in die oggend opstaan, ontbyt voorberei en ons uniforms stryk, want sy het langer ure gewerk en was ook heeldag op haar voete. Saans as sy by die huis kom, dan is die kos al klaar en die woonstel gepolish.

My vriende het al hoe meer gesê: “Daai vrou sit op jou kop”. En as teenvoeter het ek gesê: “Ja, sy sit op my kop, maar sy sit tjoepstil en ek doen al hierdie dinge uit liefde.”

Met my karige salaris as ’ n stock controller het ek berge verskuif. Ons het me- kaar behoorlik bederf. Soveel so dat al die mense rondom ons, wat nie in die egtheid van ons verhouding geglo het nie, besef het ons is waarlik lief vir mekaar.

Hoekom kan couples nie mekaar in die afgrond bederf sonder dat dit ’n issue vir buitestaan­ders raak nie? Dit gaan nie net daaroor dat ’n vrou alles vir die man moet doen nie. Hel, nee! Ons leef in ’n moderne era. Dit is ook die man se verantwoor­delikheid Z en dit behoort eintlik ’n eer vir hom te wees om goed vir sy liefie te doen. En dit kan so baie vir die vrou beteken.

Dit is die klein dinge en bederfies wat enige verhouding rotsvas hou. Dit hoef nie altyd te gaan oor duur chocolates en rose nie, maar daai intieme oomblikke maak elke verhouding absoluut spesiaal.

Wanneer laas het jy jou geliefde aan die hand gevat, nader na jou getrek, innig gesoen en gesê: “Ek is so baie lief vir jou, my skat.”? Dit is ook spesiaal. So onthou, ons hoef ons nie bankrot te maak vir geskenke op Valentynsd­ag nie.

Ek is lief vir my bokkie en ek gee nie om wie wat te sê het nie. ’n Mens kan beslis iemand so liefhê soos wat jy jouself liefhet. Ek kan nou nie wag vir my volgende trippie Port Elizabeth toe nie, net om my bokkie styf vas te druk.

Dit is die klein dinge en bederfies wat enige verhouding rotsvas hou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa