Kuier

Boodskap:

Leer kindersvan kleins af van God

- DEUR PASTOOR PATRICIA NOBLE

As ouers is ons verantwoor­delik vir ons kinders se geestelike welstand, veral wanneer hulle nog jonk is. Volgens Spreuke 22:6 moet ’ n mens jou kinders van kleins af reg leer, want klein kinders is soos sponsies wat water absorbeer – hulle doen wat hulle sien.

Ek onthou hoe my oudste dogter, Summer (nou 20), toe sy net 2 was, haar kussing net soos ek op die vloer gegooi en begin bid het. So ouers moet ’ n gesonde gebedslewe hê en nie skaam wees om hardop voor en met hul kinders te bid nie. Ons kan begin met die Onse Vader.

Ons is ons kinders se geestelike leermeeste­rs en ons kan nie vir die kerk wag om ons kinders geestelik te voed nie. Want ons moet eers die fondasie lê en ons kinders moet hul name in ons gebede hoor. Só besef hulle hoe belangrik God hulle gemaak het dat ons nie net met hulle bid nie, maar ook vir hulle. Dit is baie belangrik dat ons ons kinders Godvresend moet grootmaak. Hulle moet God se majesteit eerbied en ons moet deur ons gebede altyd vir hulle wys hoe maklik dit is om met God te praat.

Ons moet ons kinders van ’ n jong ouderdom leer om dankbaar te wees vir alles wat hulle het, selfs die kos wat hulle eet, volgens Psalm 100:4. So as ouers moet ons met dankbaarhe­id in ons hart na God toe kom. Kinders leer hierdie gewoonte eerste aan en doen dit baie ywerig. Hulle sal byvoorbeel­d vir die kos bid en sal begin by “Dankie vir ons kos, Here, en ons klere, en die blomme en selfs vir die hond”’.

As ouers hul dankbaarhe­id teenoor God toon tydens gebed, dan sal ons kinders dit ook doen. As jy miskien as ouer nog nie begin bid het voor jou kind nie, is dit nooit te laat nie. Ek het altyd my jongste seun se naam genoem en dan sal ek sê, “Here laat Justin op sy skoolwerk konsentree­r en nie net skool toe gaan om poetse te bak nie, asseblief, Here.” Dan skrik die kind so dat sy oë oopgaan en sy mond oophang!

Moenie gebed formeel en net ’n kerkaktiwi­teit maak nie, want kinders groei en hulle moet ruimte gegee word om in gebed te groei. Doen dit eers by die etenstafel daarna by slaap en opstaantyd. Soos Psalm 91:15 sê moet ons kinders leer wanneer ons in moeilike omstandigh­ede is of net bang voel, dan kan ons begin bid sommer net daar waar ons is! Só groei jou kind se gebedslewe. Van die Onse Vader, dankseggin­g en voor ons gaan slaap en wanneer ons opstaan.

Noudat ek en my man drie volwasse kinders het en ek hoor hoe hulle bid vir werk, oop deure ensovoorts, weet ek dit is die opvoeding van daardie jare toe hul pa vir hulle met alle versoeke, klein of groot, na God toe gegaan het en tot vandag toe pas hulle dit toe. Alles dra hulle na God op in gebed.

Godsdiens in die huis is baie belangrik om eenheid in families te bly hou. In Jesaja 24:15 hoor ons die profeet sê: “Ek en my huis, ons sal die Here dien”.

Leer om elke oomblik te gebruik om jou kind te laat weet dat hul gevoelens en probleme jou ook raak, soms is dit goed genoeg om net hul skouers te druk of hul hande te vat en ’ n vinnige gebedjie met hulle te doen. Maak dit ’ n prioriteit om jou kind altyd te sê dat God ook wil weet wat in hul lewens aangaan, volgens Matthéüs 6:5. Die rede dat families nie meer so na aan mekaar is nie, is omdat ons familietyd vervang word deur familiebye­enkomste, partytjies of skoolwerk, maar dis belangrik om te onthou dat al dié geleenthed­e in ’ n gebedsessi­e kan verander.

Die etiek moet ook in die Sondagskoo­l geleer word dat ons kinders weet wie God is, waar Hy is, hoe ons voor Hom kan kom en dat ons dit ’ n eer ag om tot Hom te kan bid. Die bewustheid in beide Sondagskoo­l en by die huis sal ’ n goeie fondasie skep vir ons kinders en dit speel ’n groot rol in die vorming van die grootmens, volgens 1 Timotheüs 4:12. “Laat niemand jou jonkheid minag nie, maar wees liewers ’n voorbeeld in gesprek, houding, liefde, hoop en reinheid.”

Hoe kan ’ n mens ’ n jongeling by die Bybelse standaard hou as ons so baie programme by ons kerke het wat nie gebaseer is op die Woord van God nie? Daarom moet ons Sondagskol­e terugkeer na die dae toe kinders Bybelverse geleer was sodat ons gemeenskap­pe en huise se moraal kan terugkeer.

*Pastoor Patricia Noble is verbonde aan die New Covenant Christian Church in Mitchells Plain.

Maak dit ’n prioriteit om jou kind altyd te sê dat God ook wil weet wat in hul lewens aangaan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa