Kuier

Vlammehel:

Tweelingst­erf, nefie veg vir lewe

- Deur ChRislynn siaS

Elke keer wanneer Natasha Abrahams na haar driejarige seuntjie kyk, is dit soos ’n nagmerrie wat oor en oor afspeel. Want haar klein Denzil is vanaf die kroon van sy kop tot by die punte van sy tone gebrand en veg tans om oorlewing in die hospitaal. En dan is daar nog die verlies van sy vierjarige tweelingne­fies wat in dié vlammehel omgekom het . . .

Natasha (38) wens sy kon die tyd terugdraai sodat die brand wat haar broerskind­ers se lewens geëis en haar Denzil s’n vir altyd verander het, nooit gebeur het nie. Maar al wat hulle nou kan doen, is om die stukke te probeer optel.

Natasha en so ook die hele gemeenskap van Kleinvlei in Eersterivi­er, buite Kaapstad, is op Vrydag 18 Januarie tot stilstand geruk toe ’n verwoesten­de brand by die kinders se ouma Matilda Eksteen se huis in Erica- straat uitgebreek het. Denzil het dié dag by die tweeling gespeel. Hulle was onafskeidb­aar. Luidens berigte het die seuntjies met vuurhoutji­es of ’n lighter gespeel toe die matras waarop hulle in ’n kamer gespeel het, aan die brand geslaan het.

Aldrie is hospitaal toe gehaas met ernstige brandwonde. Em-Jay het 100% brandwonde opgedoen en is dieselfde aand oorlede. Sy tweelingbo­etie het ure later ook aan sy brandwonde beswyk. Denzil is nog in die Rooi Kruis-kinderhosp­itaal, waar hy tans in die intensiewe­sorgeenhei­d behandel word. Hy het 90% brandwonde opgedoen.

’n Bedroefde Natasha sê sy verwyt haarself omdat sy voel as sy by die huis was, kon dinge anders gewees het.

Die seuns was ten tyde van die voorval in Natasha se dogter, Michaela (21), se sorg. Natasha sê die oggend van die voorval het sy ’n voorgevoel gehad dat iets sou gebeur.

verskrikli­ke lyding

“Op die (trein)stasie is ek altyd die een wat grappies maak en stories vertel, maar nie daai oggend nie. Ek was baie stil, maar kon nie juis my vinger daarop sit oor waarom ek so mislik voel nie. Ek was skaars by die werk toe ek ’n WhatsApp kry wat sê dat al my kinders in ’n brand was.”

Natasha het vyf kinders en dié tyding het haar hewig ontstel.“Ek het geskree en na ’n badkamer gehardloop en myself toegesluit. Om te hoor al jou kinders is in ’n brand betrokke en in die hospitaal opgeneem, was net een te veel vir my. Ek kon nie die pyn en hartseer hanteer wat ek op daardie oomblik ervaar het nie.”

Dis eers toe Natasha by die huis in Ericastraa­t kom dat sy die regte storie

gehoor het. Dit was net haar jongste kind en sy twee nefies wat gebrand het en dat hulle reeds hospitaal toe is.“My kind is heeltemal gebrand en ek weet die kind wat ek terug gaan kry, gaan nie dieselfde kind wees wat ek gehad het voor die brand nie. Om hom nou só in die hospitaal te sien, laat my terugdink aan die tyd met sy geboorte toe hy ook om sy lewe moes veg.”

Denzil is op 28 weke gebore en met sy geboorte het sy een long platgeval. Hy en sy ma moes vier maande in die hospitaal deurbring terwyl hy om sy lewe moes veg. En nou, net ’n bietjie langer as twee jaar later, is hy weer aan ’n hospitaalb­ed vasgekluis­ter – weer besig om vir sy lewe te veg.

“Dis net sy ogies en lippies wat uitsteek. Sy een hand is in ’n vuisie gebrand en die ander hand se vingers was aanmekaar. Die dokters het Vrydag ’n ses uur lange operasie op sy een hand uitgevoer om sy vingers van mekaar te skei. Hulle sê sy hande sal nooit weer 100% kan werk nie. Hy is dan so klein, hoekom moet hy in sy kort lewe so baie ly?”vra Natasha voor die trane vryelik vloei.

gebroke

Michaela, in wie se sorg die kinders daai betrokke dag was, sukkel ook met erge selfverwyt.

Met vingers wat inmekaar gestrengel is en trane wat vlak sit, vertel Michaela wat sy kan onthou van daardie tragiese dag.“Ek was besig om wasgoed op te hang en die drietjies was in die huis. Hulle het soos altyd gespeel en geraas en ek het nie gedink daar’s fout nie. Dis eers toe ek die rook by die venster sien uitborrel dat ek in die huis hardloop en probeer het om in die kamer te kom. Daar was ’n matras voor die deur en ek kon nie die deur oopkry nie. Ek het geskree en gehardloop om mense te gaan roep om te kom help. As ek net vroeër die rook gesien het, kon ek hulle dalk gehelp het. Gered het . . .”

Michaela snik voor sy saggies voortgaan: “Ek blameer myself. Ek wil nie, maar ek doen.”

tweeling laat leemte

Te midde van die warboel emosies is dit die tweeling se ouers, Earl (27) en Melissa (32) Eksteen, wat die kalmte in dié storm is. Volgens Earl kan hulle nie meer bespiegel oor hoe, waar en hoekom nie. Dis nou tyd om die goeie herinnerin­ge te onthou en daarop te fokus.

“Die Here het ’n plan met alles. Denzil is jonger as die tweeling en het asma, maar hy leef. Dit is vir my ’n teken dat hul tyd vir hulle uitgesit is. Die tweeling het saam in die lewe gekom en het saam gegaan. Die tyd wat God vir ons met ons kinders gegee het, is van onskatbare waarde en ons het elke oomblik van hul lewe saam met ons geniet.”

’n Sagte glimlag sprei oor Earl se gesig met die gedagte aan sy ondeunde tweeling.“Hulle was besig jong. Ek het nog nooit kinders gesien wat so baie gespeel het soos my tweeling nie. Daar was twee dinge waarvoor hulle baie lief was – speel en was.”

Dis asof die kinderstem­me wat stil is, hom nou eers tref.“Hulle sou nou hier rondspeel en raas,”sê hy saggies voor hy stil raak en die knop in sy keel wegsluk. Dis Melissa wat haar man se steunpilaa­r is in die moeilike tyd.

“Toe ons by die huis kom, het dit klaar gebrand en ons wou net by ons kinders uitkom. So ’n wrede dood sal ek niemand toewens nie, maar wat gebeur het, het gebeur. Een van die bure het ons vertel toe hulle uiteindeli­k in die kamer kon kom en die kinders uitkry, het die velle van hulle afgeval,”vertel Melissa dapper.

Dis Earl wat byvoeg:“As ’n mens jou vinger op ’n plaat brand, is dit seer. Ek kan my net indink hoe dit vir my kinders was. Dit is iets wat my van binne opvreet.”

Met ’n bemoedigen­de drukkie van sy vrou, het Earl nuwe moed om voort te gaan.“Baie kinders en ouers het nie die voorreg gehad wat ons en ons kinders gehad het nie. Ons was altyd saam. Al ons planne het rondom ons kinders gegaan. Ek mis hulle verskrikli­k baie. Die stilte maak my bang. Die stilte bring die harde werklikhei­d dat my kinders nie meer saam met ons is nie.”

Earl sê hulle het groot planne vir die tweeling se vyfde verjaardag op 11 Maart gehad.“Ons mis net hul stemme en gespeel so baie,”sê Earl terwyl hy na video’s op sy foon kyk van hul woelwaters.“Daar waar hulle nou is, het hulle vrede gevind. Hulle is gelukkig. Mense moet ons nou net tyd gee om te rou.”

Met die intrapslag by die kamer waar die brand plaasgevin­d het, vul ’n oorweldige­nde verfreuk ons neusgate. Die huis binne is oorgeverf en skoongemaa­k. Al teken van die verwoesten­de brand is die roet wat steeds teen die dak te sit. Dis die

BO: Em-Jay en E-Jay Eksteen, die tweelingbr­oers wat doodgebran­d het. REGS: Melissa en Earl, die tweeling se ouers, treur oor hul kinders se wrede dood. eerste keer sedert die voorval wat Natasha die kamer sien en binnegaan. Haar arms gaan onwillekeu­rig om haar skouers, haar stem bewe.“Dis amper asof iets nou by my opgekom het. ’n Gevoel van hulpeloosh­eid. ’n Koue rilling. Dis dieselfde gevoel wat ek het as ek langs my kind se hospitaalb­ed staan.”

Natasha sê hoewel dit vir haar moeilik is om haar kind in soveel pyn te sien, moet sy sterk staan vir haar kind.“Dis iets wat ek nie kan beskryf nie. Dis wreed en pynlik. Ek moes my kind vertel dat sy twee nefies, sy beste maatjies, oorlede is. Dinge sal nooit weer dieselfde wees nie, maar ter wille van my kind moet ek sterk staan.”

Dis Denzil se pa, Denver Kotze, wat met bloedrooi oë na die ma van sy kind kyk, haar skouer bemoedigen­d druk en vir die eerste keer gedurende die onderhoud praat:

“My kind is nou buite gevaar.

Nou begin die healing-proses.

Daar is nie nou tyd vir verwyte rondslinge­r nie. Ons moet nou mekaar bystaan soos nog nooit vantevore nie.”

Ekmishulle verskrikli­k baie.Die stiltemaak­mybang. Diestilteb­ringdiehar­de werklikhei­ddatmy kindersnie­meersaam metonsisni­e.

EARL EKSTEEN

 ??  ?? REGS: Hy het 90% brandwonde regoor sy liggaam opgedoen. INLAS: Denzil voor die brand.
REGS: Hy het 90% brandwonde regoor sy liggaam opgedoen. INLAS: Denzil voor die brand.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa