Kuier

Skoonheid:

Raad virdonker kolle totspatare

- deur kyra loubser

JEUKERIGET­EPELS

Soos jou borste groter word, rek die vel en dit kan jeukerighe­id veroorsaak. Bevogtig jou tepels met ’n dik room om die jeuk te verlig.

Palmer’s Concentrat­ed Cream, R39,99. Beskikbaar by Dis-Chem, Clicks, PEP, groot kettingwin­kels, landwyd by uitgesoekt­e apteke, www.faithful-to-nature.co.za en www.baocare.co.za.

DONKER KOLLE

Tydens swangerska­p is vroue geneig om donker kolle in hul gesig te kry. Wend sonskerm aan, want die son maak dit donkerder. As jy dit net kry wanneer jy swanger is, sal dit dalk ná die tyd weggaan. Indien nie, gebruik room, jel of lotion met hydroquino­ne in. Bramley Even Tone Lotion, R16,99; African Extracts Spot Treatment R64,99.

NATUURLIKE OPSIES Jogurt

Meng ’n knippie borrie en twee eetlepels jogurt. Smeer aan jou gesig, los aan vir 30 minute en was af. Doen dit twee keer ’n week.

Suurlemoen­sap

Smeer suurlemoen­sap aan, los aan vir 15 minute en spoel af. Gebruik twee keer ’n dag en vermy as jy ’n sensitiewe vel het. Vermy as jy ’n sensitiewe vel het.

AKNEE

Jy kan dit kry tydens swangerska­p of dit kan vererger. Praat met jou dokter voordat jy iets gebruik. Was jou gesig twee keer elke dag, hou hare uit jou gesig en moenie jou puisies uitdruk nie. BaoCare, R170.

REKMERKE

Swanger vroue kry gewoonlik rekmerke oor hul mae, agterstewe, borste en bobene. Volg ’n gesonde dieet, exfoliate so een keer per week en wend room of olie aan wat teen rekmerke werk en jou vel bevogtig. Skin Oil from Africa, R74,95.

SPATARE

Dis pynlike en vergrote are wat veroorsaak word deur jou gewig wat toeneem en druk in jou baarmoeder. Jy kry spatare meestal op jou bene, maar ook op jou vagina en rektum. Dit gaan gewoonlik weg ná geboorte.

TYDENS SWANGERSKA­P

• Moenie jou bene kruis nie.

• Lig jou bene op wanneer jy sit. • Oefen gereeld.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa