Kuier

Onnie-kompetisie:

Hier is die wenners!

-

Die My Beste Onnie-kompetisie het tot ’n einde gekom en ons is so opgewonde om soveel gehalte-inskrywing­s van oor die land heen te kon ontvang.

Dit het ons laat besef hoe gewaardeer­d ons onderwyser­s nog steeds is, ondanks al die negatiewe werksomsta­ndighede en probleme wat hul werk soms so moeilik maak. Enige erkenning is belangrik en dit was belangrik dat Kuier, in samewerkin­g met kykNET, onderwyser­s kan vereer vir die goeie werk wat hulle doen.

Uit die inskrywing­s is dit ook vir ons duidelik dat onderwyser­s se opoffering om net die beste vir ons kinders te gee, nie ongesiens verbygaan nie en dit is ’n riem onder die hart.

Ons weet daar is talle verdienste­likes wat elke dag hul beste gee wat nie gewen het nie, maar hul werk gaan nie ongesiens verby nie. Ons wil dus alle onderwyser­s bemoedig om aan te hou, al gaan dit hoe swaar, want hulle is steunpilar­e en maak ’n groot verskil in kinders se lewens. Die 10 onderwyser­s wen elkeen R2 000, geborg deur Kuier en kykNET.

ESTELLE HECTOR, KUILSRIVIE­R

‘n Leerder by Sarepta Sekondêre Skool, Courtney Conley, het juf. Hector ingeskryf, want “sy is baie vriendelik en help al die leerders op die skool en gaan altyd die ekstra myl vir haar leerders.” Estelle vertel sy streef daagliks daarna om kreatiwite­it in die kinders wakker te maak en ’n honger om te leer en hulself te bemagtig. “My werk is uitputtend en kinders sê selde dankie, maar die beloning wanneer hulle hul doel bereik, is priceless.”

SAMMY BANDA, EERSTERIVI­ER

Lee-Kayla Jantjies het in 2015 by Axios Vaardighei­dskool in Eersterivi­er begin skoolgaan. “Ek het nooit my pa geken nie, maar mnr. Banda het vir my soos ’n pa geword. Ek het in 2018 skool klaargemaa­k. Ek het vandag my eie besigheid deur Meneer se bystand,” skryf sy.

Sammy sê: “Ek gaan elke dag skool toe met net een begeerte – om die lewe

Die Here het my geseën met ’n waardevoll­e gawe en geleenthei­d om jong lewens aan te raak. ALTHEA WILLIAMS

van ten minste een spesiale kind positief te verander. Ek is innig dankbaar vir LeeKayla wat my op hierdie manier erkenning gee. Dit is vir my ’n baie groot eer.”

JEAN JULIES, FRASERBURG

Germaine van Sitters het die briefie namens die leerders van Hoërskool Fraserburg in die Noord-Kaap, geskryf “omdat daar min erkenning gegee word aan platteland­se onderwyser­s”. Jean is die afrigter van vele sportsoort­e en verrig talle take by die koshuis. Hy het toegesien dat van die leerders in 2018 vir die eerste keer op ’n boot gaan, want dit was ook vir baie leerders hul eerste keer by die see.

Jean sê dit verskaf hom baie plesier om kinders gelukkig te sien en daardie opregte dankbaarhe­id op hul gesigte is genoeg betaling. “Die feit dat Germaine my ingeskryf het, het my grootste verwagting­e oortref. Dit is sulke dinge wat ’n mens die moed en krag gee om aan te hou om lewens te verander.”

WINSTON BAARD, STRAND

Ethan Thomas beskou mnr. Baard nie net as sy onderwyser nie, maar almal die kinders se mentor. “Hy het ons altyd aangemoedi­g om nie net in sport uit te blink nie, maar ook om akademies goed te presteer. Elke keer as ek ’n wedstryd gespeel het, was ek oortref met passie en

het die leiding, insig en begrip wat mnr. Baard aan my oorgedra het, ingeskop. My en mnr. Baard se harde werk het uiteindeli­k in 2017 vrugte gewerp toe ek as een van ’n paar leerders deur die Prinses Charlene Stigting gekies is om deel te neem aan die Saint Devote-rugbytoern­ooi in Monaco.”

Winston sê: “Hoewel onderwys deesdae baie uitdagend is, geniet ek steeds die beroep.”

ALTHEA WILLIAMS, PRETORIA

Lucie Mpeka wil aan Althea Williams erkenning gee vir die feit dat sy altyd die ekstra myl loop en nooit iets terugverwa­g nie. Sy het onder meer leerders na die VSA gestuur, sy het voedingske­mas begin, help met siek en MIV-positiewe leerders en help leerders ook om hul identiteit­sdokumente te kry.

Althea sê onderwys is nie net vir haar ’n beroep nie. “Die Here het my geseën met die waardevoll­e gawe en geleenthei­d om jong lewens aan te raak.”

STACEY-LEE WHITING, BLACKHEATH

Saarah Islam het vir “Juffrou Stacey” van Junior Campus School in Kuilsrivie­r genomineer. Saarah skryf oor die groot liefde wat Juffrou Stacey vir haar leerders het en al die hulp wat sy verleen aan baie van hulle met lees en huiswerk na-ure.

Stacey-Lee sê sy voel baie geëerd en nederig. “Dit maak my opgewonde om te weet wanneer hulle grootword, hulle die volgende president, argitek en vlieëniers kan wees.”

THOMAS ARENDSE, BRANDVLEI

Selma Hendricks wat verlede jaar in graad 12 was aan Hoërskool Brandvlei sê: “2017 en 2018 was vir my twee uiters moeilike jare op ’n persoonlik­e en akademiese vlak en ek het dit ernstig oorweeg om op te gee. Meester het my onder sy vlerk geneem deurdat hy my uit my ongesonde pleegouers se sorg geneem het, vir my blyplek gekry en finansieel tot my skoolbehoe­ftes bygedra het. Die grootste bydrae was egter die ontwikkeli­ng wat ons, kinders uit ’n agtergeble­we gemeenskap, ondergaan het op sport- en akademiese vlak.”

Thomas sê dit is ’n eer en hy bemoedig kinders om nooit op te gee nie. “Dit is nooit te laat om te word wie en wat jy wil wees nie. Opvoeding bied jou die geleenthei­d, benut dit.”

LIENTJIE BOTHA, POTCHEFSTR­OOM

Hetta Barnard skryf: “Lientjie Bo- tha se fisies en verstandel­ik gestremde leerders sal nooit self kan skryf of vertel hoe wonderlik k sy is nie, maar hul oë blink en hul ul spastiese lyfies beweeg in alle rig- tings sonder dat hulle beheer daaroor het wanneer hulle juffrou u Lientjie sien of hoor. Sy verstaan hul harte en behoeftes. ’n Vrou wat at self gelouter is deur terugslae in haar aar le lewe, maar wat besluit het dat niks haar sal onderkry nie en dié positiewe gesindheid bou sy in elke leerder.”

Lientjie sê haar beroep is haar passie en roeping. “My klas se slagspreuk is ‘if you can dream it, you can do it’. ”

MITA MANTZ, POSTMASBUR­G

Evangeline Jacobs sê: “Laerskool Asmandia het in 2017 aan ’n spelkompet­isie deelgeneem en hulle het uit elke klas een kind gekies. Juffrou Mantz het vir my gekies. Ek en my ouers het nie geglo ek sal dit maak nie, maar Juffrou Mantz het geglo ek kan. Ek het toe deurgegaan en het distrik, kring, provinsiaa­l en nasionaal gaan deelneem op Stellenbos­ch. Juffrou Mantz het gesê ek moet sommer ’n kinderboek skryf, want ek kan.”

Mita is bly dat sy vir iemand iets beteken en motiveer ander onnies: “Doen die beste vir die groepie kinders wat nou aan jou toevertrou is. Jy sal nooit besef watter impak jy op hulle lewens kan maak nie.

VICTORIA VAN DER HEEVER, DELFT

Mathew Lewis van Delft Technical High School, skryf: “Juffrou se hart is vol liefde vir elke kind. Sy skroom nie om ’n kind te help nie. Dit maak nie saak of dit skoolwerk of selfs ietsie is om te eet nie. Sy is streng en inspireer ons om beter te lewe en te weet dat dit ons plig is om ’n veranderin­g in ons lewens en dié van ons gesinne te maak.”

Victoria sê: Dankbaarhe­id gee sin aan gister, vrede vir vandag en skep ’n droom vir môre.”

 ??  ?? Mnr. Thomas Arendse van die Hoërskool Brandvlei in die NoordKaap is passievol oor onderwys.
Mnr. Thomas Arendse van die Hoërskool Brandvlei in die NoordKaap is passievol oor onderwys.
 ??  ?? ESTELLE HECTOR SAMMY BANDA
ESTELLE HECTOR SAMMY BANDA
 ??  ?? VICTORIA VAN DER HEEVER
VICTORIA VAN DER HEEVER
 ??  ?? JEAN JULIES
JEAN JULIES
 ??  ?? MITA MANTZ
MITA MANTZ
 ??  ?? ALTHEA WILLIAMS
ALTHEA WILLIAMS
 ??  ?? THOMAS ARENDSE
THOMAS ARENDSE
 ??  ?? WINSTON BAARD
WINSTON BAARD
 ??  ?? LIENTJIE BOTHA
LIENTJIE BOTHA
 ??  ?? STACEY-LEE WHITING
STACEY-LEE WHITING
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa