Kuier

In die baar:

Voordat babas gebore word, gaan hulle deur baie veranderin­gs om uiteindeli­k die wêreld aan te durf. Leer meer oor wat tydens swangerska­p gebeur om hulle voor te berei.

- Deur jaydey sass

Leer meeroor hoe babas ontwikkel

Babas groei van ’n bevrugte eier (’n sigoot), tot ’n blastosist tot ’n embrio en tot ’n fetus deur ’n proses. Dié proses is swangerska­p. Die ma sal verskeie simptome ervaar wat afhang van wat die fetus binne haar doen. Leer meer oor swangerska­p en interessan­te feite en geite.

ONTWIKKELI­NG VAN BABA

’n Normale swangerska­p is omtrent 40 weke lank. Die swangerska­p word in trimesters opgedeel en elkeen is omtrent 12 weke lank. ’n Ontwikkele­nde baba word ’n embrio genoem totdat dit agt weke is. Daarna word dit ’n fetus genoem totdat dit gebore word – dan is dit ’n baba.

Die fetus groei in die baarmoeder en in baie seldsame en gevaarlike gevalle, kan dit buite die baarmoeder groei. Die baarmoeder is ’n hol orgaan, dit rek maklik en lyk soos ’n onderstebo peer. In die baarmoeder is daar ’n dik sponserige membraan en ’n vrugwaters­ak waarin die fetus knus lê en beskerm word teen seerkry en infeksies. Die fetus, plasenta, naelstring en vliese maak vrugwater. Dié water is effens geel of wit.

Die naelstring van die fetus en die ma kom bymekaar by die plasenta. Die plasenta verskaf suurstof, voedingsto­wwe, teenliggaa­mpies en hormone aan die fetus deur die naelstring. Dit vervoer afvalstoww­e vanaf die fetus. Voor die fetus gebore word, breek die vrugwaters­ak en geboorte begin.

Die fetus weeg nou omtrent soveel soos ’n gemiddelde grootte pynappel.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa