Kuier

Geseënd:

RSG-omroeperee­rste keer ma op 45

- DEUR ernusta maralack

Wanneer die biologiese horlosie vir vroue begin tik-tok sê en jy aan die verkeerde kant van 40 staan, gee baie vroue op om ’n baba van hul eie te hê. Want dis “eenvoudig net té oud”. Maar vir die RSGradio-omroeper Haidee Muller (46), wat nog altyd ’n ma wou wees, was dit net nie ’n opsie nie.

Sy het nog altyd geglo die Here sal vir haar ’n baba gee as dit in Sy plan vir haar lewe is – ongeag haar ouderdom. En Hy het, want op 1 Augustus verlede jaar het Haidee op 45 geboorte geskenk aan haar eersteling, Maddy Isaacs (nou ses maande).

“Ek word baie gevra of ek besef hoe geseënd ek is,”vertel Haidee. Sy besef dit terdeë, sê sy, want sy was van die gelukkiger ouer vroue wat natuurlik swanger geword het en nie vrugbaarhe­idsbehande­ling moes ondergaan om swanger te word nie. En nie net was sy op daardie manier geseën nie – sy het ook ’n relatiewe gesonde swangerska­p gehad. Sy het net met opgeswelde voete gesukkel en het carpal tunnel-sindroom ontwikkel wat lamheid in haar arms veroorsaak het.

Dit was eers naby die einde van haar swangerska­p dat sy op 36 weke preeclamps­ia ontwikkel het. Hierdie toestand wat tydens swangerska­ppe voorkom, veroorsaak hoofsaakli­k hoë bloeddruk en Haidee moes as gevolg daarvan vroeg geboorte gee. Maddy was vier weke te vroeg, maar darem gesond met geboorte.

Haidee straal wanneer sy vertel sy geniet elke oomblik van moederskap – selfs die pajama-dril. Dit kan jy in haar oë en op foto’s sien van die oulike Maddy wat Haidee gereeld op Facebook plaas. Dis ook opmerklik hoe baie Maddy na haar ma lyk. Die moegheid wat met moederskap gepaard gaan, pla haar ook nie omdat sy weet haar Maddy is inderdaad die wonderwerk waarop sy gehoop en bid het.

“Kinders is nie ’n las nie,”begin Haidee ernstig. En dan versag haar gesig wanneer sy sê:“Ma-wees het my verander. Dis vir seker. Ek huil vir enigiets related met kinders. En ek verstaan nou eers die vrees dat jou kind iets kan oorkom . . . ’n Ma is mos erg oor haar kinders; my ma is nou nog só!”

haar eie gesin

Voor Maddy se koms, vertel Haidee eerlik, was Kersfees baie keer nie ’n gelukkige tyd vir haar nie.“Ek het besef dis omdat ek nie ’n gesin van my eie gehad nie. So, Maddy was nie ’n ongeluk nie. Ons wóú haar hê.”

Maar tyd was nie noodwendig aan haar kant toe sy uiteindeli­k besluit om aktief te probeer om swanger te raak nie.

Haidee is ’n gesoute joernalis en was vir die grootste deel van haar volwasse lewe net op haar loopbaan gefokus. Die tyd was net nooit reg om ’n baba te hê nie. Die partner was ook nie reg nie. Totdat Harry Isaacs (44) in haar lewe gekom het kort voor haar 40ste verjaardag. Hulle is al ses jaar saam en sy het geweet hý is die regte partner.

“Ek wou nog altyd ’n ma wees, maar

daar was altyd my loopbaan waaraan ek gewerk het; ’n kind het net nêrens ingepas nie. Voor Harry het ek nie die persoon ontmoet met wie ek ’n baba sou wou hê nie. Ek weet dit klink snaaks, maar ek wou altyd iemand soos my pa hê vir my kind. Op 40 het ek rustiger begin raak loopbaange­wys en dis toe dat my vriende my begin aanmoedig om ’n baba te hê en toe gaan sit dit in my kop,”sê Haidee met ’n laggie.

Sy was ook nie baie bekommerd oor haar“biological clock”nie. Dit was meer ’n bekommerni­s vir ander mense buite haar onmiddelli­ke kring,“maar in my kop het ek geweet God gaan daai kind vir my gee”.

Maar net omdat sy geweet het Harry is“die een”, wou sy hom nie in enigiets forseer nie. Hy het reeds ’n seun, Cole (13), uit ’n vorige huwelik.

“Dit was belangrik dat ek en hy op dieselfde bladsy is oor ’n baba. En einde 2017 was hy gereed vir nóg ’n kind.

“Ek het nooit druk op hom gesit nie. Hy was selfs meer positief as ek dat ons sal swanger word,”sê Haidee.

Sy vertel voorts sy het nooit aktief probeer swanger raak nie. Maar toe sy en Harry begin probeer, het sy net haar vitamiene en ’n vrugbaarhe­idsbooster gedrink. Sy het ook fyn dopgehou wanneer sy ovuleer. Vier maande later was sy swanger!

“Toe ek uitvind ek is swanger, toe besef ek hoe mense voel wat lank probeer. ’n Mens raak desperaat hoe meer jy probeer. Ek het elke maand getoets of ek swanger is en tussendeur ook random toetsies gedoen,”vertel Haidee.

Toe ’n toets (wel, sy het drie keer getoets en aldrie was positief) uiteindeli­k wys sy is swanger, is sy dokter toe wat dit met ’n bloedtoets bevestig het.

Haidee se gesig helder op wanneer sy hierdie oomblik onthou.“Ek het uitgefreak! Ek het gemengde emosies gehad oor of ek weet wat ek doen; of ek ’n goeie ma sou wees, ensovoorts.”

Nóg ’n groot oomblik was toe sy haar ouers, oom Pietie (74) en an’Sannie (72) Muller van Oudtshoorn, vertel sy is swanger. Haar pa het op 70 vir die eerste keer oupa geword toe haar suster, Kim Cupido (39), geboorte geskenk het aan háár eersteling, so hy was verheug om weer oupa te word. Toe Haidee met Maddy swanger was, was Kim weer swanger met haar tweede baba en dit was ’n spesiale tyd vir dié susters.

ma-wees

Haidee lag weer lekker wanneer sy haar pa se reaksie onthou met haar aankondig dat Maddy op pad is.“My pa het gesê hy het nie gedink ek‘kan nog vat nie!’Daarna was dit asof hulle my in bubble wrap wou sit omdat hulle nie wou hê iets moes met dié spesiale bondeltjie gebeur nie.”

Haidee was op 14 weke buite die“gevaartydp­erk”van 12 weke toe sy op Facebook aankondig dat sy swanger is. Haar vriende was in ekstase, maar daar was ook doemprofet­e wat opgemerk het, “wat as jou kind nie normaal is nie?”en “dis selfsugtig”(om op haar ouderdom swanger te raak).“Ek het glad nie dat hierdie comments my ontstel nie. Die tyd was reg vir mý; dalk laat vir ander, maar die regte tyd vir my. Ek het my vertroue in God geplaas dat my kind oukei gaan wees. Harry het ook altyd gesê, fokus net op die baba, moenie ander se issues joune maak nie,”vertel Haidee. Haar ginekoloog het dieselfde gesê.

En al waarmee sy gesukkel het was opgeswelde voete, carpal tunnel-sindroom en pyn in die bekkenbene, wat jy in jou swangerska­p kan kry ongeag jou ouderdom. Die carpal tunnel het gemaak dat sy Maddy ná haar geboorte nie so lekker kon vashou of bad nie, maar hiermee het Harry se ma, antie Mary Isaacs (67), gehelp. Dis ook hoekom mense op baie van haar Facebook-foto’s sal sien Harry hou vir Maddy vas. Haidee onthou haar eerste week met Maddy. Sy was uitgefreak soos net ’n nuwe ma kan wees en het heeltyd gekyk of Maddy nog lewe!

Dít was nie ’n lekker gevoel vir Haidee nie, maar toe die gevoel in haar hande terugkeer, het sy haar moederskap­take met absolute oorgawe vervul en kan haarself niks beter voorstel nie.

“Maddy is ’n rustige baba – sy is soos haar pa. As sy huil, dan weet ons iets is fout. Ek kan baie keer nie glo ek is ’n ma nie. Ek is soos iemand wat op air loop,”sê Haidee aangedaan. Sy besef al te goed hoe gelukkig sy is om op 45 te kon swanger word en sy gee nie om hoe oud sy gaan wees wanneer Maddy byvoorbeel­d in graad 1 gaan wees nie; nog minder vrees sy dat sy kan sterf terwyl Maddy nog jonk is.“Dit kan enige tyd met enigeen gebeur, ongeag jou ouderdom,”sê Haidee kalm.

Haar raad aan vroue wat graag ’n baba wil hê, is om rustig te raak en te aanvaar dat dit met jou sal gebeur as dit vir jou beskore is . . .

 ??  ?? HOOFFOTO: Haidee Muller, omroeper van RSG, wys haar pragtige dogter, Maddy.
HOOFFOTO: Haidee Muller, omroeper van RSG, wys haar pragtige dogter, Maddy.
 ??  ?? REGS: Haidee toe sy swanger was. ONDER VAN LINKS: Haar voete het tydens swangerska­p baie geswel; Haidee, Harry (Maddy se pa), sy seun, Cole, en Maddy by haar doop.
REGS: Haidee toe sy swanger was. ONDER VAN LINKS: Haar voete het tydens swangerska­p baie geswel; Haidee, Harry (Maddy se pa), sy seun, Cole, en Maddy by haar doop.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa