Kuier

Droom groot:

Ná byna20 jaar is pakkerprok­ureur

- DEUR TARREN-LEE HABELGAARN

Vir 19 jaar het sy as pakker, kassier en toe sekretares­se by ’ n kettingwin­kelgroep gewerk om geld te verdien om haar familie te onderhou en om vir haar studies te betaal.

Vandag is sy ’ n prokureur en voel sy trots en geëerd elke keer as sy by die hof ingaan omdat sy terdeë bewus is van die lang pad wat sy moes stap om haar groot droom te bewaarheid. Haar reis was nie maklik nie, maar een wat vir Nicole Meyer (35) van Grassy Park op die Kaapse Vlakte al die moeite werd was.

MOES JONK WERK

Sy is die eerste een in haar familie om graad te vang. Haar ouma het tot standerd 3 (graad 5) skool gegaan en haar ma is in standerd 8 (graad 10) uit die skool. Sy is die oudste van twee en al het dit vir haar altesaam byna 20 jaar gevat om haar graad te kry, wil sy vir ander wat ook later in hul lewe gaan studeer, wys dis nooit te laat nie. Dis steeds moontlik om iets agter jou naam te kry dit maak nie saak hoe oud jy is nie.

Op 15 moes Nicole vir haar eerste werksonder­houd gaan. Sy onthou daardie dag asof dit gister was. Sy het saam met haar ma in die bus geklim en haar ma het vir haar gesê hulle is op pad na ’n onderhoud toe, want dinge gaan swaar by die huis en Nicole sal moet help om geld in te bring.

Nicole, wat toe in Retreat gewoon het, kon nie verstaan hoekom sy moes gaan werk nie. Maar sy het na haar ma geluister en is daardie dag na Pick n Pay in die Waterfront vir haar onderhoud.

“Ek onthou die bestuurder wat die onderhoud met my gedoen het, het nog vir my gevra of ek sou omgee om toilette skoon te maak. Ek wou weet of húlle gelukkig sou wees om toilette skoon te

Op daardie stadium was my R900 ons enigste inkomste vir die maand.

maak. Die bestuurder het besluit dat ek definitief nie ’n skoonmaker kan wees nie,” sê sy laggend.

STRUIKELBL­OKKE

“Ek is as ’ n sakkiepakk­er aangestel en het van toe af elke naweek daar gaan werk. Ek het Vrydae ná skool gegaan en tot Sondagaand gewerk. Dit was nie lekker of maklik nie, want die winkel was tot 22:00 oop en dan het die taxi my eers middernag by die huis afgelaai. Ek moes Maandag weer vroeg opstaan vir skool. Ek was verskrikli­k moeg, maar ek het geweet ek moet my deel doen om ons gesin te help. Op daardie stadium was my R900 ons enigste inkomste vir die maand.”

Haar ma, Rosy, het hier en daar ’ n werk gehad, maar het baie gesukkel om ’n vaste werk te kry. Hul ouma en oupa het ook baie gehelp, maar Nicole sê hulle kon nie net op haar ouma-hulle staat maak nie.

Toe Nicole op hoërskool (’n voormalige model C-skool) was en haar ouers skei, het dit selfs swaarder gegaan. Sy het toe soos die “arm kind” op die skool begin voel. Die inkomste wat sy uit haar sakkiepakw­erk verdien het, was nie baie nie, maar dit het hulle gehelp met kos en skoolbenod­ighede.

Haar ma het eers ’ n vaste inkomste begin verdien toe Nicole 18 word en dit is toe ná matriek dat sy vir die eerste keer aansoek gedoen het om te gaan studeer. Sy het by die Universite­it van Kaapstad aansoek gedoen en met ’ n studiebeur­s by die regsfakult­eit aangesluit.

“Ek was opgewonde toe ek universite­it toe gaan. My ouma en my ma was net so opgewonde, dit was ’ n groot ding vir ons almal. Die eerste semester het goed gegaan, maar met die tweede semester het ek begin sukkel. Ek het ’ n paar vakke gedruip, maar omdat ek nie so goed met e-mails kon werk nie, het ek my tweede kans vir baie van die vakke gemis en eers ná die deadline uitgevind oor die tweede kans,” sê sy.

“Maar omdat ek gedruip het, het hulle my studiebeur­s teruggetre­k en ná baie trane en gesprekke met my ma en ouma het hulle vir my gesê daar is ongelukkig net nie geld vir my om te gaan studeer nie. Ek was baie hartseer daaroor, maar het geglo dat ek steeds my graad sou kry. Ek was nie seker wanneer nie, maar ek het altyd geweet ek het groter drome.”

Nicole het toe voltyds by Pick n Pay begin werk en het later ’n kassier en toe ’n till supervisor geword totdat sy later ’n bestuurder was en by die hoofkantoo­r aangesluit het.

Sy het haarself oral ingegooi en soveel moontlik probeer leer by elke afdeling waar sy gewerk het. Sy het later as sekretares­se vir die finansiële direkteur gewerk totdat sy uiteindeli­k by die regsafdeli­ng begin werk het.

Almal het haar potensiaal raakgesien en aangeraai om verder te gaan studeer. Dit was drie jaar ná haar eerste probeersla­g by die Universite­it van Kaapstad. Nicole was 22 toe sy hierdie keer by UNISA aansoek doen en deeltyds begin swot het. Sy was toe ook in ’n verhouding met haar man, Freddie, wat sy by Pick n Pay ontmoet het.

Hulle het geld eenkant gesit vir haar om te studeer, maar sy het weer gesukkel. “Ek het net nie genoeg tyd gehad nie en daar was dae toe ek voor die eksamenlok­aal gestaan en geweet het ek is nie heeltemal voorbereid nie. My man, wat toe my kêrel was, het vir my gesê hy ondersteun my, maar ons is besig om geld te mors en dat ek eerder moet gaan swot wanneer ek heeltemal gereed is.”

VOOR 30

Hulle is twee jaar later getroud en het toe met ’ n gesin begin. Toe haar dogter Reese vier jaar oud (nou 12) word, het Nicole in daardie jaar 29 geword en besluit sy móét weer begin swot voor sy 30 word. Hulle het ook ’ n tweede kind, Hannah (10).

Met die hulp van haar man en ma, het sy weer begin swot. Hulle het met die huis en die kinders gehelp sodat sy op haar studies kon fokus.

Sy het steeds tydens haar studies by Pick n Pay gewerk, totdat sy in 2017 uiteindeli­k ná 10 jaar se probeer haar regsgraad verwerf het. Sy het dieselfde jaar as ’n prokureur by die regsfirma De Klerk & Van Gend Prokureurs in Claremont, Kaapstad, begin werk. “Sonder my man en ma se ondersteun­ing sou ek dit nie kon doen nie. Ek het bedags tot 17:00 gewerk en daarna moes ek aandskool toe gaan. Ek moes ook nog eksamens tussenin skryf en my man moes ma en pa wees. My kinders het ook baie verlang, maar hulle het geweet ek doen dit vir ons almal.”

In Desember toe Nicole as prokureur by die hooggeregs­hof toegelaat is, sê sy was dit só vinnig dat dit eintlik onwerklik gevoel het! Nicole wat nou in litigasie werk, sê sy raak steeds met elke saak senuweeagt­ig en dís vir haar ’ n goeie ding. “Iemand het een keer vir my gesê die dag wanneer jy nie skoenlappe­rs in jou maag het nie, is jy te vol vertroue en beteken dit eintlik dat jy sleg voorbereid is. So ek probeer dit elke keer onthou wanneer ek ’n nuwe saak aanvat,” sê sy.

“Dit is vir my ’ n eer om te kan doen wat ek doen en hoewel ek aan die begin gesukkel het met al die hoftaal soos ‘your honour’ en ‘ your worship’, net omdat mense nie regtig só praat nie, geniet ek wat ek doen en kan ek net vir die Here dankie sê vir Sy seëninge.” Nicole sê daar was ’ n tyd toe sy gedink het sy gaan nooit klaar studeer nie, maar vandag is sy die enigste een in haar familie wat ’ n graad het en wil sy ander aanmoedig om nooit op te gee op hul drome nie. Want kyk waar is sy vandag!

 ??  ?? HOOFFOTO: Nicole Meyer van Grassy Park is vandag ’n gekwalifis­eerde prokureur nadat sy vir jare gesukkel het om haar graad te kry.REGS ONDER: Nicole en haar man, Freddie, by haar gradeplegt­igheid.
HOOFFOTO: Nicole Meyer van Grassy Park is vandag ’n gekwalifis­eerde prokureur nadat sy vir jare gesukkel het om haar graad te kry.REGS ONDER: Nicole en haar man, Freddie, by haar gradeplegt­igheid.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa