Kuier

Vroeggebor­e:

Babaweeg net 380g!

-

Swangerska­p kan een van die uitdagends­te en ook genotvolst­e ervarings in ’n vrou se lewe wees. Vra maar vir Shadei Dreyer (30) van Worcester, wie se swangerska­p met haar jongste, Seth, een van stres en vreesbevan­genheid was – veral omdat sy voor dié swangerska­p deur die verlies van twee miskrame gegaan het . . .

Hoewel Seth, wat uiters vroeg op 24 weke gebore is deur middel van ’ n noodkeiser­snit, vandag ’ n besige en gelukkige peuter is, was daar ’ n tyd toe daar groot kommer was oor of hy ooit die wêreld buite die hospitaalm­ure sal sien. By geboorte het hy ’n skrale 380 g geweeg, wat net ’n paar gramme swaarder is as ’n blikkie koeldrank!

STERK SEUN

Seth (nou een jaar oud) kyk met groot belangstel­ling na ons terwyl ons hul huis binnekom. Skielik breek ’n kekkellagg­ie uit en hy steek sy arms na sy ma uit om hom op te tel sodat hy die besoekers van nader kan bekyk. Kort voor lank is hy weer op die vloer en gooi sy speelding van die een muur na die ander.

“Hy het nou ’n nuwe gewoonte waar hy dinge rondgooi en wil hê iemand anders moet dit optel,” merk Shadei op voor sy geduldig opstaan om sy speelding vir hom aan te gee. Met die aanvat van die speelding is daar ’n ondeunde glimlag op die seun se gesiggie en sy mond is vol spierwit tandjies. “Sy mond is al so vol tandjies, hy moet nou net begin loop!” lag Shadei voor sy hom liefdevol optel en op haar skoot hou. Maar dit was so amper of Shadei en Seth het nie hierdie spesiale oomblikke gedeel nie.

Shadei, wie se oudste seun 12 jaar oud is, sê hoewel sy nie baie lank met Seth swanger was nie, was dit ’n uiters moeilike swangerska­p. Voor Seth se geboorte het twee van Shadei se swanger- skappe in miskrame geëindig. Haar eerste miskraam was op vyf weke en haar tweede miskraam op nege weke. Dié miskrame was drie maande uitmekaar.

“In 2016 het ek en my verloofde besluit ons is gereed vir ’n kind saam, maar ek het nooit gedink dat dit ooit so ’n gesukkel gaan wees nie omdat ek al voorheen ’n kind gehad het.

“Ons wou baie graag ons gesin uitbrei en toe ek die eerste keer die baba verloor, was ons platgeslaa­n. Daar is niks soos die verlies van ’n kind nie. Daar is nie woorde om die leemte te beskryf wat ’n mens ervaar as jy daardeur moet gaan nie. Die tweede keer was erger. ’n Mens probeer jou ietwat voorberei op enigiets, maar jy kan nie. Dit tref jou kliphard”, vertel Shadei hartseer. Want dit maak nie saak of jy een, twee of vyf miskrame het nie, hierdie tipe pyn slaan jou plat.

Toe word Shadei in 2017 swanger met Seth en die hoop het weer opgevlam vir

Kanse was skraal dat hy sou oorleef, maar hy het aanhou veg vir lewe met sy 380 g-liggaampie. DEUR CHRISLYNN SIAS

’n suksesvoll­e swangerska­p al was die vrees altyd daar dat sy hierdie baba ook sou verloor.

“Ek het op nege weke uitgevind ek is swanger met hom. My verloofde, Jean Lombard (nie haar oudste se pa nie), en ek het albei gemengde emosies gehad toe ons die nuus hoor. Ons wou nog ’n baba hê, maar was vreesbevan­ge dat ons wéér die baba sou verloor. As gevolg daarvan het ek baie die ginekoloog besoek. Ek was hierdie keer egter optimistie­s omdat ek met Seth se swangerska­p verder was as die andere kere toe ek miskrame gehad het.”

Maar toe diagnoseer haar ginekoloog haar op 20 weke met pre-eclampsia, ’n lewensbedr­eigende swangerska­pkomplikas­ie wat gekenmerk word deur hoë bloeddruk. Daar was toe geen ander keuse nie as om Seth 16 weke voor sy aanvanklik­e due date uit sy ma se baar te verwyder. “Die dokter het besluit om my na die Netcare Blaauwberg-hospitaal in Kaapstad oor te plaas omdat dié hospitaal beter toegerus is vir só ’n geboorte en klein baba.”

MOEILIKE TYD

Toe sy op 14 Desember weer deur ’n ginekoloog ondersoek word, is bevind dat die baba glad nie meer groei nie en dat Shadei besig is om van haar vrugwater te verloor. “Die dokter het nie doekies omgedraai nie en het baie reguit vir my gesê ek het een van twee keuses – of ek aborteer die kind of ek hou aan baklei vir hom. Hy het vir my gesê seuntjies se kanse op oorlewing is skraler as dié van meisies veral op so ’ n kritieke stadium waar hy nog nie lewensvatb­aar is nie.”

Shadei was toe in die 22ste week van haar swangerska­p. “Die dokter het aan my verduideli­k wat alles verkeerd kan gaan. Aanvanklik het ek besluit om nie vir Seth te hou nie, omdat daar soveel meer negatiewe as positiewe was.”

Met een van Shadei se ma se besoeke, het sy egter iets vir haar gesê wat haar van plan laat verander het. “My ma het gesê, ‘ as hy hier moet wees, moet hy hier wees’. Hy het geveg tot hiertoe en hy het nou nodig dat jy verder vir hom moet baklei.’ Daar en dan het ek besluit om vir my seuntjie te veg. My liefde vir my kind het enige vrese oortref.”

Volgens Shadei was haar eerste swangerska­p ’ n breeze in vergelykin­g met die ander drie, insluitend Seth s’n. “Ek het ’ n maklike swangerska­p met my eersgebore­ne gehad. Geen komplikasi­es nie en die geboorte was maklik. Ek kan nie in woorde beskryf wat jy as ma deurgaan om te weet dat jy ’ n prosedure moet ondergaan om jou baba te verwyder sonder om te weet of hy dit sal oorleef nie. Al wat my staande gehou het, is gebed. Ek het geweet ek dien ’ n lewende God en as Seth op aarde moet wees, sal Hy sorg dat my kind leef.”

Seth is uiteindeli­k op 15 Januarie 2018 gebore. Shadei sê al wat sy kon sien, was haar kind se voetjies omdat hy dadelik in ’n broeikas geplaas moes word. Dis egter Seth se geskreeu wat tot haar deurgedrin­g het. “Ek het geweet ek het die regte besluit gemaak en alles gaan oukei wees. Ek het nie soos ander mammas my kind vasgehou en gesien nie. Ek kon hom eers twee dae later sien. Daai twee dae het gevoel soos ’n ewigheid. Toe ek hom uiteindeli­k kon sien, het ek gedink, ‘sjoe, dis darem ’n klein stukkie mens’.”

Seth was steeds hoogs kwesbaar aangesien hy gebore is voor hy volledig in die baarmoeder ontwikkel het en fisies gereed was vir geboorte. Volgens Shadei was hy die eerste 72 uur besonder onstabiel en hoewel Seth nou klaarblykl­ik gesond is, was daar twee groot gesondheid­skwessies wat die vrees opnuut by die dokters en Shadei laat opvlam het. “Seth het ’n gat in sy hart gehad wat dokters gelukkig vroeg agtergekom het en hulle het geopereer. Die tweede een was egter ’n bietjie meer moeilik. Ek onthou nog ek het eendag by hom gaan sit en hy het verskrikli­k gehuil.

“Ek kon die pyn in sy stemmetjie hoor en my hart het gebreek omdat ek niks vir hom kon doen om die pyn te verbeter nie. ’n Dag later is daar bevind dat hy ’n liesbreuk (hernia) het. Dis wat ek die meeste gehaat het van sy tyd in die hospitaal – die gevoel van hulpeloosh­eid. Jy weet jou kind is in pyn of makeer iets, maar daar is niks wat jy kan doen nie.”

By geboorte het Seth slegs 380 g geweeg. “Natuurlik was die vrees steeds daar oor of hy sou oorleef, maar ook dankbaarhe­id dat hy steeds leef. Dit is alleenlik deur die genade van God dat my kind lewe,” sê Shadei terwyl sy liefdevol na die bondel vreugde op haar skoot kyk.

Seth het 93 dae in die Netcare Blaauwberg-hospitaal spandeer en sewe dae in die Netcare Medicross-hospitaal op Worcester. “Ons het ’n lang en moeilike pad gestap met Seth, maar met die voorbereid­ing van sy eerste verjaardag was ons opnuut herinner watter blessing hy is. Seth bereik al sy ontwikkeli­ngsmylpale en is regtig ons klein wonderwerk­baba. Veral sy pa s’n – hulle het ’n bond soos min. Die engel vir wie ons so lank gewag het,” sê Shadei terwyl trane van dankbaarhe­id in haar oë blink.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Shadei Dreyer en haar jongste seun, Seth, wat op 24 weke gebore is. BO: Seth het by geboorte net 380 g geweeg en was so klein hy kon in ’n volwassene se hande pas.
HOOFFOTO: Shadei Dreyer en haar jongste seun, Seth, wat op 24 weke gebore is. BO: Seth het by geboorte net 380 g geweeg en was so klein hy kon in ’n volwassene se hande pas.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa