Kuier

Nie op selfde blad:

Watas hy nie baba wil hê?

- DEUR MARTELI BREWIS

Baie vroue fantaseer al van kleins af oor hul droomman, ’ n groot troue en dan ’ n baba om die prentjie te vervolmaak. Maar hoe gemaak as julle ’n fantasties­e huwelik het, maar een van julle wil nie kinders hê nie, terwyl die ander se hart smag na ’n klein bondeltjie vreugde? Dít is voorwaar ’n saak wat ’ n huwelik kan laat verkrummel en iets waarmee baie meer moderne paartjies sukkel as wat jy dink.

So kan dinge gered word wanneer dit kom by so ’n meningsver­skil, of eerder, ’n behoefte-verskil? Is dit enigsins moontlik vir so ’n paartjie om ’n middeweg te vind of moet hulle eerder vroeg die handdoek ingooi en aanvaar dis ’n onoorkomba­re knelpunt?

“Wanneer ek ma’s met kinders in die winkel sien of soms saans as ek nie kan slaap nie, hoor ek my biologiese klok kliphard tik-tok, tik-tok en ek weet ek sal binnekort ’n besluit moet maak, maar hoe kies ek tussen die liefde van my lewe en die diepste begeerte van my wese?” vra Meralyn Bezuidenho­ut* (32) van Durbanvill­e in die Kaap. Sy wil nie haar naam verklap nie omdat hierdie ’ n daaglikse stryd is tussen haar en haar man. Maar niemand wat sy ken, is bewus van haar pyn en onsekerhei­d nie.

“Ons het as jong couple soms gejoke oor kinders kry, maar dis eers toe ek ná ons troue vir hom vertel dis nou tyd om met ’n gesin te begin, dat hy erken het hy wil glad nie kinders hê nie.”

Meralyn het gedink dis net ’ n fase en hy van plan sal verander, maar twee jaar

later lyk dit of hy steeds vasbeslote is.

Meralyn gaan nie eens meer uit die huis uit wanneer Moedersdag aanbreek nie. “Dit maak dat ek net wil huil. Dis asof ek rou oor iets wat nooit was nie en dalk nooit sal wees nie. Ek weet nie wat om te doen nie,” sê sy met ’n stem wat bewe van die trane. “Ek is lief vir hom met my hele hart, maar ons het nie meer dieselfde droom nie. Ek het ’n diep en dringende behoefte vir ’n baba en hy voel presies die teenoorges­telde. Ek weet nie of ons dit gaan maak nie.”

Meralyn erken sy voel verwerp, kwaad, moedeloos en hartgebrok­e, want sy weet nie wat om te doen nie.

BESLUIT VOOR DIE TYD

Volgens Cornelia Swart, ’ n sielkundig­e en verhouding­s terapeut van Gauteng, is dit ideaal dat paartjies die gesprek oor kinders reeds vóór hul verlowing het, want dit kan ’ n onoorkomba­re struikelbl­ok in die huwelik wees indien albei partye baie sterk voel oor hul posisie. Huwelik s voorbereid­ings kursusse raak gewoonlik aan hierdie vrae: “Wil jy kinders hê? Wanneer? Hoeveel? Hoe ver uitmekaar? Wat as julle nie kan swanger raak nie, sal julle IVF en ander mediese intervensi­es probeer? Is aanneem ’ n opsie?”. Dis van die kritieke vrae wat paartjies eintlik voor die huwelik moet beantwoord, verduideli­k Cornelia.

Leandie B u ys ,’ n seksuoloog en verhouding­s terapeut van Port Elizabeth, sê in haar ervaring gesels die meeste mense êrens in die beginstadi­um van hul verhouding oor kinders. Verder kan ’ n mens gewoonlik in iemand se interaksie met kinders sien of dit vir hulle belangrik is.

“Maar wanneer ’ n paartjie begin ernstig raak, is daardie vraag een van die belangriks­tes wat jy moet vra vóór die huwelik,” sê sy. “Wanneer jy die huweliksko­ntrak teken, moet julle weet wat die reëls en verwagting­e van jul toekoms saam gaan wees. Dis belangrik om baie eerlik te wees, want jy kan nie in ’ n huwelik ingaan sonder om oor die groot issues te praat nie. Jy kan nie hoop dinge gaan in die toekoms verander nie, dat jou man sy opinie oor iets gaan verander nie, want dit gaan tien teen een nie.”

Vir Karen Oosthuizen (37) van Johannesbu­rg was dinge ’ n bietjie anders. Nie sy of haar man wou ooit kinders hê nie, maar deesdae voel hy anders. “Nadat al ons vriende kinders gekry het, voel my man kinders gee ’ n mens ’ n dieper purpose en dat hy ook een wil hê,” vertel sy. Sy wat Karen is, aan die ander kant, voel hulle het ’ n ooreenkoms gehad en dat hy nou teen sy woord gaan.

Cornelia meen jy kan en mag jou besluit verander. “Die lewe is dinamies, onvoorspel­baar en omstandigh­ede verander. Dit is dus moontlik dat jou opinie en besluite saam met jou omstandigh­ede kan verander.”

Maar, meen sy, dit kan natuurlik ’ n ontnugteri­ng vir jou lewensmaat wees. “Dít is waar kommunikas­ie van kardinale belang is. Julle moet kan praat oor jul vrese, drome en behoeftes, bekommerni­sse en kwesbaarhe­id. Jy moet in jou maat se skoene kan klim om te verstaan wat die rede vir die veranderin­g in hul besluit is. En ewe belangrik is die feit dat die een wat sy of haar besluit verander, in die skoene van die ontnugterd­e persoon, wat dalk geskok of hartseer voel oor die verlies van ’ n droom, moet klim.”

Soms het ’n mens onrealisti­ese vrese en persepsies en ná ’n diep, emosionele, eerlike gesprek word van hierdie persepsies tersyde gestel en kan die besluit wéér verander.

In Leandie se ervaring kan so ’ n besluitsve­randering groot bitterheid, teleurstel­ling en ongelukkig­heid in ’ n verhouding veroorsaak, want dit is nie die ooreenkoms wat julle met mekaar gemaak het toe julle getrou het nie. Die druk van buite, soos vriende en familie wat vrae begin vra, kan die spanning tussen julle twee ook vererger.

Leandie het in die verlede met ’ n paartjie gewerk waar die vrou nie wou kinders hê nie en sy was so lief vir haar man dat sy nie in sy pad wou staan nie, maar eerder geskei het sodat hy sy droom van kinders kon verwesenli­k.

“Die realiteit is dat dit baie konflik in ’n verhouding kan veroorsaak as jy van besluit verander het. Dit kan ook die vertroue vernietig,” meen sy.

As die paartjie dié probleem kan oor- kom en besluit om tog kinders te hê, kan die een wat nie wou kinders hê nie, dalk onttrek en al die verantwoor­delikhede van kinders grootmaak op die ander ouer plaas. “Dis ’ n onreg aan enige kind om in so ’n huis te moet grootword,” verduideli­k Leandie.

Indien hulle aan die ander kant weer besluit om nie kinders te hê nie, sal daar weer ’ n hele ander reeks emosies opborrel. Die verwyte en skuldgevoe­lens in so ’n verhouding waar die ooreenkoms verander word, is baie moeilik om te oorkom.

Dit is verseker iets wat ’ n paartjie kan oorkom, glo Cornelia, veral as julle eerlik hieroor kan praat. “Ek sal aanbeveel dat ’ n paartjie profession­ele hulp van ’ n sielkundig­e kry wanneer hulle so ’ n dilemma in hul huwelik moet aanspreek. Die fasiliteri­ng van so ’ n diep, emosionele gesprek kan meer voorspoedi­g verloop met die hulp van ’ n profession­ele persoon wat objektief is met die nodige ervaring en vaardighei­d,” voeg sy by.

In Cornelia se ervaring kan kinders ’n huwelik verryk, maar hulle kan ook ongelukkig­e huwelike meer kompliseer.

“Kinders is nie die oplossing vir ’ n ongelukkig­e huwelik nie. Kinders is ook nie die oplossing vir jou eie emosionele leemtes, soos om ‘geliefd’ te voel wanneer jy sukkel met ’ n lae selfbeeld nie. Hoewel kinders jou lewe baie kan verryk, is dit nie hul verantwoor­delikheid om jou onvervulde behoeftes en leemtes rondom jou eie menswees te vervul nie. Kinders verdien om wanted te voel deur beide ouers.”

Beide jy en jou man moet gemaklik en opgewonde oor jul besluit voel en nie ingee net om die vrede te bewaar nie.

Cornelia se raad is verder: “As jy onseker is oor of jy kinders wil hê, moenie oorhaastig ’ n besluit neem nie. Wag en praat met ’ n kundige of iemand in jou lewe wat jy vertrou, oor jou persepsies en emosies voordat jy kinders kry. Bid daaroor en neem ’ n ingeligte, gesamentli­ke besluit.”

*Skuilnaam

As jy onseker is oor of jy kinders wil hê, moenie oorhaastig ’n besluit neem nie. CORNELIA SWART

 ??  ?? Foto’s ter illustrasi­e
Foto’s ter illustrasi­e

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa