Kuier

Loopbaan:

Suster versorg babas al vir 18 jaar

- DEUR MARTELI BREWIS

Vir sommige beroepe hoef ’n mens net te leer en hard te werk, maar vir ander het jy nie net talent nodig nie, maar ook passie en ’ n enorme meegevoel vir jou medemens. Só het Patricia McDonald (42), ’n geregistre­erde verpleegku­ndige met gevorderde kraam en neonatolog­ie by Karl Bremer-hospitaal se neonatolog­ieeenheid in Kaapstad, baie vroeg in haar werkslewe uitgevind.

Vir Patricia is ’ n kort sokkie iemand wat minder as vyf jaar werk, ’ n lang sokkie iemand wat al so tien jaar werk en pantihose, iemand soos sy, wat al 18 jaar in die beroep staan.

“As babatjies onder ’ n kilo gebore word, dan bly hulle gewoonlik so drie maande hier,” verduideli­k Patricia, wat in Kuilsrivie­r in die noordelike voorstede van Kaapstad woon. “Dis eintlik ons hoogtepunt dat ons hierdie kindertjie­s hier kan uitkry, gesond en reg vir die lewe!”

Een van die lekkerste dinge van haar werk is wanneer ouers later die kleintjies terugbring om te kom wys hoe goed dit met hulle gaan. “Met my eerste kleintjie was ek nog ’n kort sokkie. Ek wou nie met die kinders werk nie. Ek was te bang! Ek kan eintlik nie glo dat ek vandag hier staan nie,” lag sy. Dié seuntjie is nou al amper 15 en sy ma bring hom nog hospitaal toe om te kom kuier.

NIE SPELETJIES NIE

Maar die neonatale eenheid is nie net van teedrink en grappies nie. Die babas hier is verskrikli­k broos en veg om hul lewens. Dis ’n hoë risiko werksomgew­ing en ’n enorme uitdaging, nie net profession­eel nie, maar ook emosioneel om daagliks daar te werk. “Ons sien baie snaakse goeters. Ek het onlangs geassistee­r met ’n noodkeiser­snee. Ek en die pediater staan by vir ingeval die baba in nood is, sodat ons solank kan begin met die CPR of wat ook al nodig is.”

Die ma wat die noodkeiser­snee moes ondergaan, was op 17 weke laas by die kliniek vir ’ n check-up en nooit weer nie. Daardie aand het sy by die hospitaal opgedaag in pyn. “Toe hulle oopmaak om die keisersnee te doen, was die eerste skree die dokter. Jy moet darem dink as die dokter skree, né! Sy vra toe, ‘ Wat voel ek? Iets is nie reg nie!’. Toe haal sy die kind uit en toe is die hele skedel af. Dit lyk soos horings of varkore wat op die kind se kop staan, soos wat die kopvel nie toegegroei het nie. Maar die kind het nog gelewe. ’ n Mens kon sien hoe die brein asem haal.”

Patricia vertel die dokter was nog redelik onervare en het eers daardie aand begin werk. Die dokter het gedoen wat sy kon om die baba te red, maar Patricia, wat al baie dinge in haar lewe gesien het, moes vir die dokter sê dis tyd om te laat gaan, die baba gaan dit nie maak nie. Sy prognose is nul. Die baba het kort daarna gesterf. Dís die tipe goed waarmee Patricia elke dag moet werk.

“Ek wou eintlik altyd ’n edelagbare, ’n judge geword het,” lag Patricia. Kleintyd het sy altyd gespeel sy deel vir almal vonnisse uit. Dit was maar toevallig dat ’ n

Ons wat hier werk, het maar klein hartjies. Jy kan nie hier werk as jy net ’n pay cheque wil hê nie. ’n Mens moet passion daarvoor het, anders gaan jy baie goed mis.

PATRICIA MCDONALD

vriendin se ma haar aangeraai het om vir verpleging aansoek te doen. Sy het by al die kolleges keuring gekry en sy was nog nie ’ n dag spyt oor haar besluit nie. “Ek dink dit was maar in the Lord’s plan for me!” glimlag sy breed.

In Patricia se studiejare het verpleegst­ers van hul eerste dag af in die hospitaal gewerk, terwyl hulle ook teorie moes studeer. Sy voel praktiese ervaring is die beste manier om vinnig in verpleging te vorder en dat vandag se susters te laat (eers in jou vierde jaar) in hospitale begin werk en kan daarom nie ná hul studies onmiddelli­k onafhankli­k funksionee­r nie.

Die minister van gesondheid voel ook só en dít, volgens Patricia, is hoekom die gemeenskap­sdiensjaar ingebring is – ’ n jaar ekstra waar verpleegst­ers deur ’ n senior suster in diens opgelei en touwys gemaak word.

NET REG VIR HAAR

Patricia voel haar loopbaan is oor haar pad gestuur. “Ek kan baie relate met die mense. My seuntjie (nou amper twee) was ook met geboorte ICU toe, want sy neus agter was nie reg oop nie. Ek het vir die dokter (wat nie geweet het sy is ’ n verpleegst­er nie) gesê daar is iets fout, die kind haal nie reg asem nie.”

As Patricia nie jare se opleiding en ervaring gehad het nie, sou dinge dalk tragies geëindig het. “Altwee sy neusgate was toe en hy kon nie asem kry nie. Hy moes op vier ure oud ’ n noodoperas­ie kry en was vir ’ n maand daarna in die hospitaal.” Daarom het sy baie begrip vir die ma’s waarmee sy te doene kry, kan verstaan waardeur hulle gaan en het die empatie om hulle te kan help en ondersteun, meen Patricia. Al is die kinders die eintlike pasiënte, sorg die verpleegst­ers in haar eenheid ook vir die ma’s, veral as hulle nie regtig ondersteun­ing van hul eie mense het nie.

“Ons wat hier werk, het maar klein hartjies – seker maar omdat ons met die kleintjies werk. Jy kan nie hier werk as jy net ’ n pay cheque wil hê nie. ’ n Mens moet passion daarvoor het, anders gaan jy baie goed mis.”

Die eenheid waar Patricia werk, kan 16 kinders op ’ n slag huisves en hulle is gewoonlik ’ n baie klein span. “Partykeer is al 16 kinders in die ICU siek en op pype en masjiene Z en jy is alleen. So as ’ n kind nou crash, en dan crash nog een, moet jy besluit watter een moet jy eerste help,” vertel sy. Wanneer dinge verkeerd gaan, moet ’ n mens baie vinnig besluite neem. Dís hoekom dit belangrik is dat jy ’ n baie goeie span het.

Patricia vertel as ’n kind minder as

1 kg weeg, is hul kanse op oorlewing en ’n gehaltelew­e nie baie goed nie. En dis vir haar verskrikli­k hartseer, veral wanneer iemand lank gesukkel het om swanger te word; ouer is; en dalk nie weer ’ n kans gaan kry om swanger te word nie. In sulke gevalle doen Patricia-hulle alles in hul vermoë om dié babas aan die lewe te hou en gesond te kry.

Al is haar werk hoe moeilik, laat die suksesstor­ies haar elke dag met ’ n glimlag opstaan en met ’ n glimlag werk toe gaan. Dit is die kinders wat ten spyte van alles veg en dit nie net maak nie, maar floreer!

“Wanneer jy met ’ n siek kind werk en jy sien die kind lewe nie, daar gaan niks aan nie, en jy doen CPR en sit die kind op ’n ventilator, weet jy eintlik daar is nie hoop nie. Maar partykeer begin daai kind dan huil en hier lewe ’ n kind wat ’ n uur gelede dood verklaar is. Ek het dit seker al twee of drie keer oorgekom.”

Dit het ook al gebeur dat ’ n kind so siek was dat hulle al die masjiene afgesit het en hom gemaklik gemaak het totdat hy sy laaste asem uitblaas. Twee dae later het hy nie net asemgehaal nie, maar was op sy ma se bors. Hy het, wonder bo wonder, oorleef! “Daai kind is nou al vier jaar oud. Sulke goed, wanneer jy weet jy het iets goeds gedoen, is wat alles die moeite werd maak.”

Daar is seker nie twee beroepe wat meer verskil as ’ n judge en ’ n verpleegst­er nie, maar daar is geen twyfel dat Patricia, met haar passie en liefde vir mense, die regte keuse gemaak het nie! *Daarisv erskeieuit­stekendein­stansiesin­Suid-A frikawaar’nmensjouve­rpleging-kwalifikas­ieskanv oltooi.BesoekdieS­uid-A frikaansev­erplegingr­aadsew ebtuistew ww.sanc.co.zavirmeeri­nligtingoo­rw aarenhoe .

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Patricia McDonald werk al vir 18 jaar as verpleegst­er. BO: Sy en ’n dokter werk in die neonatale eenheid.
HOOFFOTO: Patricia McDonald werk al vir 18 jaar as verpleegst­er. BO: Sy en ’n dokter werk in die neonatale eenheid.
 ??  ?? Patricia gee baie om vir die kleintjies.
Patricia gee baie om vir die kleintjies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa