Kuier

Watdiehar tvanv olis

Stief hoef nie altyd sleg te wees nie, want jy kan steeds iemand so liefhet soos jou eie al is hulle nie bloedfamil­ie nie.

- DEUR ALFREDA ARENDS

In ons samelewing word die woord “stief” gesien as iets wat nie eie is nie. Sodra iemand van ’ n “stiefouer” hoor, word daar aangeneem dat die “stiefkind” sleg behandel word.

Vandag praat ek as ’ n kind wat deur ’ n sogenaamde stiefpa grootgemaa­k is. Ek kan getuig dat my stiefpa ons almal – al elf van ons – behandel het soos sy eie. Nou dra ek, my broers, susters en ons kinders die vrugte van die arbeid van ’ n pa wat daar was vir ons. ’ n Pa wat altyd gesorg het dat ons selfs op ’ n geestelike vlak reg was vir wat ook al op ons paaie sou kom.

Ons as kinders is dankbaar vir die rol wat hy gespeel het in ons lewe. Ek het soveel om voor dankbaar te wees vir wat my pa vir my beteken het. Hy is nie meer met ons nie. Hy het op 7 Oktober verlede jaar gesterf. En hoewel ek weet hy is veilig by Jesus, mis ek hom baie. Vandag en elke dag nog hunker ek na my pa se stem, sy wysheid, sy gebede en sy advies. Respek, verantwoor­delikheid, geloof, gebed en maniere was aan die orde van die dag en bly ons nou nog by.

Vandat my pa die aarde verlaat het, voel dit leeg wanneer ons aandseën het. Soms bid ek steeds vir hom. My pa het my geleer om te bid en om nooit te vergeet om God te dank nie. Ek kan van God se goedheid getuig en dis as gevolg van my pa wat my geleer het en die goeie invloed wat hy op my was.

Ek is seker daar is soveel mense wat deur sulke unieke stiefouers grootgemaa­k is en wat netso vol bewonderin­g en lof is vir hul ouers. Ek lees soveel keer in die nuus van biologiese ouers wat hul kinders verstoot en mishandel, dat ek vir die Here dankie sê vir wie Hy op ons pad ge- stuur het en dat ons so bevoorreg was.

Die woord “stief” het ’n stigma wat kleef en omdat die samelewing ons laat dink en verstaan dat dit iets leliks is, is daar so baie mense wat klou en glo dat dit só is. Hoeveel mans en vroue wat ander lewensmaat­s ontmoet, is bang om hul kinders voor te stel aan hul lewensmaat­s of selfs te trou met iemand wat nie hul kinders se biologiese pa of ma is nie as gevolg van dié stigma?

Omdat daar al so baie kinders en families is wat sleg behandel is deur stiefouers, is daar baie ander wat dink dit is die enigste manier hoe hulle optree. Selfs in die sprokie Aspoestert­jie is die stiefma en stiefsuste­rs nare hekse wat haar lewe hel maak.

Ek en my sibbe is gelukkig dat ons die voorreg gehad het om deur ’n Godvresend­e man, wat ons belange op die hart gedra het, grootgemaa­k te kon word.

My pa was die een wat my leer bestuur het, moed ingepraat het as ek my af dae gehad het en nooit versuim het om ’ n gebed te sê nie. Hy was ’ n onbaatsugt­ige mens en het soveel liefde gehad vir sy medemens en om die Woord van God te verkondig. En dit is nie net ons wat dink dat my pa wonderlik was nie. Daar is baie ander mense wat so dink omdat hy die liefde van Jesus in hom gehad het.

Hy het gelewe vir sy vrou en kinders en hy het seker gemaak ons elkeen kry sy aandag. Ons is klaar baie kinders en dít sonder eggenote, kleinkinde­rs en agterklein­kinders. Elkeen se verjaardae, prestasies en herdenking­s het ons as familie bymekaar gebring Z stiefbroer­s en -susters

Z en min mense het geweet ons is nie almal bloedfamil­ie nie. Ons is nie skaam daaroor nie. Ons het ’ n hegte band.

My pa is nie meer met ons om sy wyse woorde te deel nie, maar hy sal altyd in ons harte wees. As daar vandag mense is wat skrikkerig is om ’ n stiefouer te wees, wil ek vir jou sê: moenie wees nie. Wees ’ n ouer vir daardie kind net soos jy vir jou eie kinders is of sou wees. Ek kan met opregtheid sê my pa was ’ n trotse man met waardes en beginsels en baie mense skrik om te hoor hy was my stiefpa.

Waar sou ek wees as God nie dié man op my ma se pad gestuur het nie?

My pa was ’n trotse man met waardes en beginsels en baie mense skrik om te hoor hy was my stiefpa.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa