Kuier

Voorbladst­orie:

IngridPaul­us en haar TV-kind

- Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Daar is tye wanneer jou TV-familie regtig soos familie word en bloed nie regtig saak maak nie. Dít is presies hoe dit is wanneer jy vir Ingrid Paulus (39), Vanessa in die gewilde sepie 7de Laan, saam met haar vyfjarige TV-dogter, Gabriella Linton (Karmen Meintjies) sien.

Ingrid het ’n slapende Gabby, soos almal haar noem, by die studio ingedra vir die fotosessie. Gabby se regte ouers, Magdalena en Delano, was ook by, maar as jy nie geweet het wie is wie nie, kon jy jou maklik misgis en dink Ingrid is haar“regte”ma. Dis duidelik dié TV-ma en -dogter het ’n sterk band.

Ingrid vertel toe sy die eerste keer vir Gabby ontmoet, het sy en Theodore Jantjies (wat Karmen se pa, Xander, speel) onmiddelli­k geweet dis“hul kind”. Gabby was toe drie jaar oud en daar was ook twee ander meisies wat die oudisie vir die rol gedoen het. Tydens Gabby se oudisie moes sy en Ingrid saam“Twinkle Twinkle Little Star”sing sodat die vervaardig­ers kon kyk of daar enigsins chemistry tussen Ingrid, Theodore en Gabby is.

“Dit was belangrik dat sy gemaklik voel, want as daar nie chemistry tussen ons is nie, sou kykers dit onmiddelli­k sien. Sy was baie oulik en skaam, maar daar was net ’n spark tussen ons wat vir my gesê het – dít is ons Karmen. Ek dink omdat ek ook ’n dogtertjie van my eie het, het ek geweet hoe dit moet voel tussen ma en dogter en sy het definitief in my hart gekruip,”sê Ingrid liefdevol.

Gabby se ma, Magdelena, vertel dat sy na Ingrid verwys as“mamma Vanessa”en nie sal reageer as iemand van“Ingrid”praat nie. Toe Gabby dus hoor ons praat van mamma Vanessa, het sy breed geglimlag en begin vertel hoe lekker dit is om saam met haar TV-ma te werk en dat sy lief is vir haar. Volgens Gabby help mamma Vanessa haar by die werk en dat sy haar nes haar ma ook met haar lyne help.

“Ek hou daarvan om saam met haar te werk en sy is my gunsteling­persoon by die werk,” sê Gabby opgewonde.

Volgens Gabby wil sy graag eendag ’n aktrise soos mamma Vanessa wees of dalk Raponsie – sy is nog nie seker nie. Sy erken sy kyk net 7de Laan omdat sy daarin speel.“Ek hou daarvan om myself op TV te kyk, want ek is ’n ster,”lag sy.

Magdelena sê wanneer Gabby haarself sien, raak sy altyd opgewonde en skree sy vir haar broer om te kyk, want sy is op TV.

Magdelena sê egter Gabby besef dis ’n werk en dat sy enige tyd daarmee kan ophou. “Ek is self ook lief vir die vermaakbed­ryf en woon gereeld castings by. Ek het nog nie ’n rol in ’n sepie soos Gabby losgeslaan nie, maar ek was al in een of twee produksies. So ek weet hoe belangrik dit is om hard te werk en om seker te maak dat jy jou lyne ken en voorbereid is,”sê sy. “Maar ons doen dit net terwyl Gabby dit nog wil doen. Die dag wanneer sy besluit sy wil nie meer nie, sal ons ophou. Sy weet dit is ’n werk en dat sy ’n geldjie daarvoor kry, maar sy weet ook sy hoef dit nie te doen as sy nie wil nie. Sy is baie gelukkig saam met Ingrid-hulle op die stel en almal help haar ook mooi. Die geld pla haar ook nie en sy vra nooit of sy speelgoed of iets lekkers daarvan kan koop nie. Ons koop wel vir haar elke nou en dan iets om haar mee te bederf, maar ons het eintlik besluit om die geld weg te sit vir haar studies.” Volgens Ingrid is sy verstom oor hoe profession­eel Gabby op stel is. Sy beskryf haar as ’n bondel energie, wat almal laat lag en daarvan hou om stories te kom vertel. Maar moenie dink Gabby is die enigste een wat soms hulp nodig het met haar lyne nie. Ingrid begin lag wanneer sy vertel Gabby sal vinnig vir jou ’n kyk gee of jou laat weet wanneer jy jou lyne verkeerd gekry het.

“Sy ken haar en ons lyne. So wanneer jy iets verkeerd sê of jou lyne dalk vergeet het, sal sy jou vinnig laat weet. Maar dis vir my ongeloofli­k om te sien hoeveel sy al gegroei het sedert sy drie jaar gelede by ons begin het.

Sy was baie oulik en skaam, maar daar was net’ ns park tussen ons wat vir my gesê het– dít is ons Karmen. INGRID PAULUS

“Toe sy by ons begin, was sy ’n klein, skaam en teruggetro­kke meisie. Nou het sy baie meer vertroue in haarself en haar werk. Sy is ook nie meer so skaam nie en is besig om in ’n wonderlike aktrise te ontpop. Dit is so lekker vir my om te sien hoe haar persoonlik­heid ontwikkel,”sê Ingrid.

Gabby is deesdae so gemaklik met haar TV-familie dat sy dikwels sonder haar ouers op stel bly. Ingrid sê aangesien sy deesdae ’n tiener by die huis het wat haar onafhankli­kheid soek, is dit vir haar lekker om by die werk te voel asof daar ’n kleintjie is wat haar nog nodig het.

Ingrid se dogter, Skye, word vanjaar 14 en Ingrid sê dit is ’n aanpassing om te sien hoe haar dogtertjie in ’n jongmeisie verander, maar dit is ook opwindend.

“Wanneer hulle tieners word, voel dit asof hulle jou al hoe minder nodig het en hul eie ding wil doen. Dit is baie moeilik vir my om te aanvaar dat my dogter nou grootword en ek moet myself aanhou herinner om haar space te gee.

“Dit beteken ook natuurlik dat ons baie meer koppe stamp, maar sy bly steeds my alles. Maar dit is ook hoekom dit vir my lekker is om ’n band met Gabby te hê, want sy is nou soos daardie klein dogter vir my,”sê Ingrid.

Sy erken as ma en om ook een in haar werk te wees, laat haar sommige dae voel asof sy nie ’n blaaskans kry nie. En ja, soos met enige verhouding, ís daar dae wanneer sy en Gabby hul af dae het.

Tog is dit steeds lekker vir haar om vir Gabby te sien grootword en ’n klein deel te hê in haar grootwordj­are en haar loopbaan as aktrise. Ingrid verstaan ook die belangrikh­eid van iemand wat jou kan help in die bedryf en iemand wat die reis saam met jou kan deel.

TV-ma se impak

Ingrid wat vanjaar 40 word, was self ’n tiener toe sy in die bedryf begin werk het en was maar 21 jaar oud toe sy by 7de Laan aangesluit het. Sy sê Vinette Ebrahim (Charmaine), wat steeds haar TV-ma speel, was soos ’n ma vir haar toe sy begin het en het haar onder haar vlerk geneem.

“Ek dink Vinette was maar soos almal se ma en dit was vir baie van ons ’n groot eer om by haar te kan leer. Sy is een van ons land se veteraan-aktrises en dis vir my steeds lekker om ná al die jare steeds vir haar as ’n TV-ma en tweede ma in die werklike lewe te kan hê. Sy het my nie net baie van vermaak en toneelspel geleer nie, maar sy was ook daar toe ek getrou het en toe ek self ma geword het. Sy is regtig soos ’n regte ma vir my en het nog altyd vir my gesê wanneer ek verkeerd doen en my geprys wanneer ek iets regkry,”sê Ingrid.

“Sy deel in al my geluk en hartseer en dit is spesiaal wanneer jy so ’n verhouding vind. Al wat ek vir haar kan sê, is dankie en ons is steeds hier,” sê Ingrid trots.

Met dit wat Vinette haar geleer het, hoop Ingrid om ook ’n impak te hê op Gabby se lewe en hopelik sal hul liefde vir mekaar aanhou groei en oor TV-grense strek.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Die aktrises Ingrid Paulus en Gabriella Linton speel ma en dogter in die sepie 7de Laan.
HOOFFOTO: Die aktrises Ingrid Paulus en Gabriella Linton speel ma en dogter in die sepie 7de Laan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa