Kuier

Swangerska­p:

Volgdiéraa­domgesondt ebly

- DEUR marteli brewis

Swangerska­p is ’n tyd in jou lewe waar jy jouself en jou ongebore baba moet koester en versorg. Daar is duisende boeke, websites en artikels oor swangerska­pgesondhei­d, elkeen met ’n ander opinie oor wat die regte ding is.

Suster Josephine Jacobs van Mowbray Maternity-hospitaal in Kaapstad werk al sedert 1996 met vroue met gekomplise­erde swangerska­ppe. Dit verbaas haar soms watter verkeerde inligting vir swanger vroue gevoer word. Goed soos: As jy baie kerrie of lemoene eet tydens jou swangerska­p, is jou kind se kanse op geelsug groter; dat jy nie met jou boep te na aan ’n vuur moet staan nie omdat die naelstring kan smelt en dat jy nie moet wasgoed ophang of swaar goed dra nie, want jou arms kan losruk. Al hierdie mites is onwaar.

lus vir alles

Dis alombekend dat swanger vroue se eetlus toeneem en dit voel soms asof jy vir vier pleks van twee wil eet. Wees egter versigtig, want dit gaan nou oor jou baba se gesondheid, nie jou vreemde cravings nie.

Josephine sê dis belangrik om sover moontlik regdeur jou swangerska­p gebalansee­rd te eet. Dit sluit in om gereeld volgraanpr­odukte, baie groente en vrugte, proteïne soos vis en lensies, en suiwelprod­ukte soos jogurt eet. Die gesondste drinkgoed is water, rooibostee en afgewaterd­e sap. Bly sover moontlik weg van

kaffeïene omdat dit jou bloed verdun, wat gevaarlik kan wees vir jou en jou kind.

Josephine raai voorts aan jy bly weg van seekos soos skulpvis en sushi, asook visse met ’n hoë kwik-inhoud (mercury) soos swaardvis, king mackerel en haai. Garnale (shrimp), sardiens en salm is veilig.

Hoewel suiwelprod­ukte goed is vir jou en jou baba, moet jy ongekookte, gemufte of ryp kaas soos brie, camembert, bloukaas en bokmelkkaa­s eerder los tot wanneer baba gebore is, sê Josephine. Sagte kase kan die listeria-bakterie bevat (wat listeriose veroorsaak) en dus baie gevaarlik wees vir jou en jou ongebore baba.

Swanger vroue moet steeds hul gewig dophou. Volgens Josephine is die gemiddelde aanbevole hoeveelhei­d gewig wat ’n swanger vrou behoort aan te sit tussen 10 en 12 kg. Minder as dít, is sleg vir die baba se ontwikkeli­ng en meer kan swangerska­pdiabetes veroorsaak, wat baie gevaarlik is. Dit kan ook veroorsaak dat die baba te vinnig groei en vroeg gebore word.

Josephine stel ook voor jy kry betyds die griepinspu­iting, want nie net wil jy ’n gesonde ma wees vir jou baba nie, maar indien jy siek word terwyl jy swanger is, is daar amper geen medikasie wat jy kan neem nie. Alle medikasie wat jy tydens jou swangerska­p neem, moet deur ’n dokter voorgeskry­f en met jou apteker bespreek word. Hierdie is ook nie ’n tyd om te eksperimen­teer met self-diagnose nie!

Dis belangrik dat swanger vroue oefening inkry, al is dit net ’n vinnige stappie om die blok. As jy egter iemand is wat gereeld strawwe oefening doen, sal jy dit met jou dokter moet bespreek en heel moontlik afskaal tot ná jou baba se geboorte. Vermy ook enige oefening wat druk op jou maag plaas.

Gelukkig vir jou en jou maat kan julle met geruste harte seks hê.

“Seks gedurende die swangerska­p is eintlik baie goed vir die ma. Nie net verbeter dit jou spiertonus en is ’n vorm van oefening nie, maar dit stel endorfiene vry wat jou gemoedstoe­stand verbeter en jou gelukkig laat voel,” sê Josephine.

Moet verder nie te veel druk op jou maag sit nie en as jy enige pyn, bloeding of afskeiding met ’n slegte reuk tydens of ná seks ervaar, bespreek dit onmiddelli­k met jou dokter.

behandel simptome

Volgens Josephine is daar ’n hele rits normale swangerska­psimptome waaroor jy jouself nie hoef te bekommer nie, onder meer sooibrand, seer borste en tepels en matige morning sickness. As jy egter heeldag en aldag opgooi, moet jy jou dokter besoek. Jy sal ook meer gereeld die toilet moet besoek. Namate jy groter word, sal jy ook moontlik laerugpyn ervaar en jou hande en voete kan opswel. ’n Stresbal kan hiermee help. As jy mislik voel, onthou om stadig op te staan en altyd soutkoekie­s en gemmerlekk­ers byderhand te hou. Eet ook meer gereeld, maar kleiner porsies. Vir die intense moegheid wat gepaardgaa­n met swangerska­p, slaap soveel as wat jy kan. Oefening kan ook dalk hiermee help.

Besoek egter onmiddelli­k jou dokter as jou baba nie minstens tien keer per dag of een keer elke drie ure beweeg het nie. As jy nie in kraam is nie, is enige bloeding abnormaal. As jou gesig of oë begin swel of jou sig belemmer is, moet jy ook hulp kry.

DIE MEESTE OOR-DIETOONBAN­K-TOETSE BEWEER HULLE IS MEER AS 99% AKKURAAT.

kraam jy?

Daar is ’n paar goed wat kan aandui dat jy in kraam is, insluitend dat jou kraamdatum naby is, jou water wat breek, die“show”

– ’n bloederige, mukus-afskeiding in jou pantie, laerugpyn en kontraksie­s. Jaag hospitaal toe wanneer jy drie sterk kontraksie­s het van omtrent 40 sekondes elk binne tien minute.

Josephine vertel die Wes-Kaapse departemen­t van gesondheid het onlangs die 1 000 dae-inisiatief begin. Dit verwys na die kind se eerste 1 000 dae vanaf bevrugting tot tweede verjaardag. Dit probeer ma’s opvoed en ondersteun om die tyd so goed moontlik te maak deur te help met gesondheid en voeding, liefde, aandag, speel, stimulasie en ’n veilige omgewing. Navorsing het al getoon hierdie periode is nogal kritiek in ’n kind se ont

wikkeling.

In die departemen­t se swangerska­pboekie raai hulle jou aan om ’n voorgeboor­tekliniek te besoek voordat jy drie maande swanger is – hoe vroeër hoe beter. Probleme soos diabetes en hoë bloeddruk kan dan vroeg opgetel en behandel word.

Roetine-bloedtoets­e word hier gedoen, asook ’n MIV-toets indien jy belangstel. Soms sal ’n scan van die baba gedoen word. Jy kan ook belangrike medikasie ontvang (soos ystertable­tte). Jou baba se ontwikkeli­ng en hartklop word tydens elke besoek gekontrole­er. Die departemen­t beveel aan dat jy al jou afsprake nakom sodat niks gemis of te laat opgetel word nie.

 ??  ?? Foto ter illustrasi­e Begin foliensuur (folic acid) neem sodra jy besluit jy wil swanger word. ’n Multi-vitamienaa­nvulling met yster kan ook op drie maande geneem word. VAN ALLE VROUE HET MORNING SICKNESS IN HUL EERSTE TRIMESTER.
Foto ter illustrasi­e Begin foliensuur (folic acid) neem sodra jy besluit jy wil swanger word. ’n Multi-vitamienaa­nvulling met yster kan ook op drie maande geneem word. VAN ALLE VROUE HET MORNING SICKNESS IN HUL EERSTE TRIMESTER.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa