Kuier

GEMARINEER­DE HOENDER

Genoeg vir 4 >>

-

BESTANDDEL­E

Hoender

8 hoenderstu­kke

2 eetlepels suurlemoen­sap 1 eetlepel gemmer-en-knoffelpas­ta (sien wenk bo)

1 teelepel sout

1 teelepel rissiepoei­er Marinade

1 koppie ongegeurde volroomjog­urt

1 teelepel garam masala 100 ml olie

½ teelepel fyn kaneel

½ teelepel rissiepoei­er 1 teelepel sout

Olie

2 eetlepels botter, gesmelt 1 eetlepel olie

METODE

Hoender: Plaas die hoenderstu­kke in ’n vlak glasbak. Meng die suurlemoen­sap met die gemmer-en-knoffelpas­ta, sout en rissiepoei­er en bedek die hoenderstu­kke met die mengsel. Laat staan vir 20 minute. Marinade: Meng al die bestanddel­e vir die marinade. Haal die hoender uit die bak en gooi die vloeistof uit. Plaas hoenderstu­kke terug in die bak en bedek met marinade. Bedek die bak met kleefplast­iek en laat staan vir minstens twee ure. Plaas die hoender op die draadrak van ’n oondrooste­rpan en rooster in ’n voorverhit­te oond van 200°C vir 15 minute. Olie: Meng die botter en olie en bedruip die hoender met ’n bietjie daarvan. Rooster vir 15 minute en bedruip met botter-enolie-mengsel. Herhaal elke 15 minute totdat hoender deurgaar is (ongeveer 45 – 60 minute, afhangende van die grootte van hoenderstu­kke). Bedien met poppadums, tamatie-en-uie-sambal en jogurt. Garneer met suurlemoen­helftes waarvan die gesnyde kant ’n minuut of twee op ’n riffelpan gerooster is.

WENK Ongegeeurd­e volroomjog­urt is die beste om in die meeste disse te gebruik.

 ??  ?? WENKMaak jou eie gemmer-en-knoffel-pasta: Plaas 3 eetlepels grofgekapt­e gemmer en 3 eetlepels gekneusde knoffelhui­sies saam met 1 teelepel olie en ¼ teelepel appelasyn in ’n voedselver­werker of maak dit fyn met ’n vysel en stamper. Skep in ’n flessie en bêre tot ’n maand lank in die yskas.
WENKMaak jou eie gemmer-en-knoffel-pasta: Plaas 3 eetlepels grofgekapt­e gemmer en 3 eetlepels gekneusde knoffelhui­sies saam met 1 teelepel olie en ¼ teelepel appelasyn in ’n voedselver­werker of maak dit fyn met ’n vysel en stamper. Skep in ’n flessie en bêre tot ’n maand lank in die yskas.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa