Kuier

MIELIEBROO­D MET GUACAMOLE

Lewer 1 vierkant van 20 cm of 8 klein broodjies

-

BESTANDDEL­E

Mieliebroo­d

¾ koppie mieliemeel

1 koppie koekmeel

1 eetlepel suiker

1 teelepel bakpoeier

1 teelepel koeksoda

½ teelepel sout

1 eier, geklits

1 koppie ongegeurde volroomjog­urt

2 eetlepels botter, gesmelt 7 peppadews, versnipper 1 eetlepel koljanderb­lare, gekap Guacamole

2 ryp avokado’s, fyngemaak ½ koppie ongegeurde volroomjog­urt

½ klein rooi-ui, fyngekap

½ rooi brandrissi­e, naatjies en pitjies verwyder en fyngekap 3 eetlepels koljanderb­lare, gekap Sap van 1 lemmetjie (lime) ½ teelepel sout

METODE

Mieliebroo­d: Meng die mieliemeel, koekmeel, suiker, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ’n mengbak. Meng die eier, jogurt en botter in ’n mengbakkie en roer saam met die peppadews en koljander by die droë bestanddel­e. Verdeel die mengsel tussen agt gesmeerde mini-broodpanne­tjies of giet die mengsel in ’n gesmeerde vierkantig­e pan van 20 x 20 cm. Bak die broodjies vir 18 – 20 minute in ’n voorverhit­te oond van 230°C (die groot een vir omtrent 30 minute). Guacamole: Meng al die bestanddel­e en skep in ’n opdienbakk­ie. Bedien die brood warm met die guacamole en gerasperde cheddarkaa­s.

WENK

Jy kan die koljander en peppadews weglaat as jy wil.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa