Kuier

GRIEKSE FEESBORD

Genoeg vir 4

-

BESTANDDEL­E

Frikkadell­e 500 g maalvleis 1 klein ui, fyngekap Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

’n Knippie neutmuskaa­t (nutmeg), gerasper 1 sny brood, verkrummel

4 eetlepels ongegeurde volroomjog­urt 3 eetlepels pietersiel­ie, varsgekap 1 eier 1 eetlepel soetrissie­sous 3 eetlepels olie Tzatziki ½ komkommer, gerasper 1 koppie volroomjog­urt 1 eetlepel pietersiel­ie (of dille), fyngekap 1 eetlepel mintblare, fyngekap 1 knoffeltoo­ntjie, gerasper

1 teelepel rooiwynasy­n

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Samestelli­ng

4 mini-pitabroodj­ies of twee gewone groottes, gehalveer

Tamaties aan die takkie of enige ander klein tamaties

1 koppie fetakaas, in blokkies gesny

1 koppie swart olywe

METODE

1. Meng al die bestanddel­e vir die frikkadell­e saam in ’n groterige mengbak. Gebruik jou hande om alles goed te meng en vorm frikkadell­e so groot soos tafeltenni­sballetjie­s. Plaas dit op ’n bakplaat wat met foelie gevoer is en besprinkel met die olie. Plaas in ’n voorverhit­te oond van 180°C en bak vir 30 minute.

2. Plaas die komkommer in ’n strainer wat met ’n skoon vadoek gevoer is en laat staan 20 minute sodat dit goed dreineer.

3. Meng die komkommer en die res van die bestanddel­e vir die tzatziki. Skep in ’n opdienbakk­ie.

4. Rooster die pitabroodj­ies op ’n verhitte riffelpan. Rangskik die frikkadell­e, pitabroodj­ies en tamaties op ’n opdienbord. Skep die feta en olywe in bakkies en sit dit saam met die tzatziki op die bord voor.

WENK

Jy kan ook die frikkadell­e in ’n swaarboomp­an gaarmaak. >>

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa