Kuier

SJOKOLADEK­OEK

Lewer een dubbellaag­koek van ongeveer 18 cm

-

BESTANDDEL­E

Koek

115 g botter

1 koppie suiker

1 eier

½ teelepel vanilla essence 1½ koppie koekmeel

¹/3 koppie kakao

1 teelepel koeksoda ½ teelepel sout

1 koppie ongegeurde volroomjog­urt

Versiersel

125 g botter

5 eetlepels kakao, gesif 3 koppies versiersui­ker 3 eetlepels ongegeurde volroomjog­urt

1 teelepel vanilla essence ½ teelepel espresso-kitskoffie

Samestelli­ng

Enige gemengde bessies 1 koppie room, styfgeklit­s

METODE

Koek: Room die botter en voeg die suiker by. Klits tot lig en romerig. Klits die eier en vanilla essence by. Sif die koekmeel, kakao, koeksoda en sout saam in ’n aparte bak en voeg om die beurt met die jogurt by die bottermeng­sel. Sorg dat jy ’n bietjie van die meelmengse­l laaste byvoeg. Giet die deegmengse­l in twee gesmeerde koekpanne van 18 cm waarvan die bodem met bakpapier, ook gesmeer, gevoer is. Bak in ’n voorverhit­te oond van 180°C vir ongeveer 20 – 25 minute. Laat staan in die panne vir ongeveer 5 minute voordat jy dit op draadrakke uitkeer om heeltemal af te koel. Versiersel: Meng al die bestanddel­e vir die versiersel en klits tot romerig. Samestelli­ng: Smeer die helfte van die versiersel op die bokant van die een koeklaag. Stip met room en sprinkel met ’n paar van die bessies. Plaas die ander koeklaag bo-op en versier met die oorblywend­e versiersel, bessies en room.

WENK: Jy kan die vars vrugte en room weglaat en die koek versier soos jy verkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa