Kuier

HY LEER VIR MEER

Hy moes harde klippe kou om uit ’n uitsiglose plaaslewe te ontsnap, maar dit was elke klip werd!

- Deur Chrislynn Sias

Die lewe is soos ’n kaartspel, jy moet speel met die hand wat aan jou gedeel is. En vir die plaasklong Johan Phillips (23), beter bekend aan sy vriende en familie as Joey, was daar nooit ’n ander opsie as om sy kaarte tot die beste van sy vermoë te speel nie.

Joey van Koekenaap in Vredendal in die Wes-Kaap moes al harde klippe kou, maar dis juis dít wat hom as mens en nou ook onnie help vorm het. Joey se grootste tragedie was op die ouderdom van 12 toe sy ma sy pa voor hom en sy vier susters (toe tussen 7 en 18) met ’n mes doodgestee­k het.

“Ek is ’n plaaskind – uit en uit. Vir 17 jaar van my lewe het ek op die plaas gewoon en dis daar waar ek van die beste en ook van die slegste tye in my lewe gehad het,” sê Joey met heimwee aan sy kinderdae.

“Dit was nooit vir my ’n issue om die enigste seun te wees nie. Ek het baie by my susters geleer en hulle by my. Ons het altyd mekaar ondersteun.”Hoewel die gesin op die oog af ’n vreedsame lewe gelei het, was dit egter nie altyd maanskyn en rose nie.“Jong, ons het sommer baie swaargekry”vertel hy met ’n swaar sug.“My pa was die enigste broodwinne­r en daar was baie aande wat ons honger gaan slaap het. Net water. Water en liefde. Maar ons het elke oggend opgestaan met nuwe hoop, hoop vir ’n beter lewe en ’n suksesvoll­e toekoms.”

Volgens Joey het sy ouers soos menige ander plaasmens baie gedrink, veral oor naweke.“Ons ouers het ons grootgemaa­k met goeie waardes en respek, maar hulle

het ook hul foute gehad. Naweke het hulle baie gedrink en dan het ’n skellery en bakleiery gevolg.”Hy verwys na die gebeure as die wrede kringloop van die plaaslewe wat al soveel lewens verwoes het.“Dis ’n bose kringloop wat van generasie tot generasie oorgedra word. Jou ouers doen dit en dan val jy ook daarin as jy ouer raak. Die lewe op die plaas is uitsigloos en as jy nie ’n droom voor oë hou nie, gaan jy verval in ’n siklus wat al menige ingesluk het.”

wil ’n beter lewe hê

Dit was egter nooit die geval met Joey nie.

“Hoewel my ouers ongeskoold was, was my pa baie gesteld op my opvoeding en ’n wyse man. Hy het my altyd aangepor om hard te leer sodat ek kon wegbreek en dis presies wat ek wou doen. Ek kon nie myself dieselfde lewe sien lei as hulle nie. Die omstandigh­ede waarin ons gebly het, was haglik. Ons het in ’n tweevertre­khuisie gebly met geen toiletgeri­ewe nie. Ek moes saans by kerslig leer en hoewel dié goed my net ’n sterker mens gemaak het, was dit net weereens bevestigin­g dat dit nie die lewe was wat ek vir myself wou hê nie.”

Die spreekwoor­d lui,“when it rains, it pours . . .”en dít ken Joey alte goed. Op 12 tref die koue hand van die dood die Phillips-familie soos ’n vuishou in die maag. Die gesin se lewe neem ’n tragiese en noodlottig­e wending toe Joey se ouers tydens een van hul drinksessi­es aan die baklei raak en sy ma sy pa doodsteek. Joey haal diep asem voor hy vertel. “Dit was die mees traumaties­e tyd in ons lewens. Ons was nie kwaad vir my ma nie oor ons in ’n mate geweet het waardeur sy gegaan het. Dit het dinge nie makliker gemaak nie oor my pa ons enigste broodwinne­r was. Hoewel ons voorheen swaargekry het, het ons dié keer krepeer van armoede.”

Joey het daarna alles probeer om sy toekoms te verbeter, maar deure is telkens in sy gesig toegeklap. Hy kon opgee, maar dié jong man met die aangename persoonlik­heid, het geweier en in 2018 het hy sy onderwysgr­aad cum laude geslaag!

Joey en sy susters het vakansiety­e op die plaas gewerk om geld te verdien sodat hulle skoolboeke en ander noodsaakli­khede kon bekostig.“My pa se dood het ons geskend en ewige letsels gelaat. Ons gesin was gebroke en ek het met selfmoordn­eigings geworstel. Dit het ons lewe veran- der, maar het my op ’n vroeë ouderdom afhanklik, selfstandi­g en volwasse gemaak. Ek moes op my eie voete staan.”

Joey se ma moes drie jaar hof loop ná die voorval. (Joey wil nie sy ma se naam gee nie omdat hy bang is mense gaan haar judge.)“Dit was drie uitmergele­nde jare. Drie jaar waarin ek met emosies, vrae en die Here geworstel het.‘Wat as my ma tronk toe gaan? Hoekom ons gesin?’Dís vrae wat my nagte wakker gehou het. Die kinders was ook baie wreed en het my telkemale toegesnou met die aakligste opmerkings.”Sy stem bewe effens voor hy een so ’n herinnerin­g oproep.

“Een dag het een van die kinders op die skoolbus vir my geskree,‘Kyk hier! Sy ma het mos sy pa se derms uitgesteek!’Dit was nie waar nie, maar ek kon niks sê nie. Die lewe was moeilik. Kinders is wreed.” Sy ma was van alle klagte vrygespree­k en het nie tronkstraf uitgedien nie.

Vir baie ander kinders sou so ’n gebeurteni­s dalk ’n terugslag wees, maar nie vir Joey nie. Dit het hom meer vasbeslote gemaak om sy drome te bereik.

“Op hoërskool was ek die topprestee­rder en hoewel my omstandigh­ede nie die beste was nie, moes ek die beste daarvan maak. Ek het aansoek gedoen by die Kaapse Skiereilan­d Universite­it van Tegnologie (CPUT) en was aanvaar. ’n Politieke party het my matriekafs­keid gefinansie­r en hulle het ook beloof om my studies vir die daaropvolg­ende jaar te betaal. Dit het egter nooit gebeur nie.”

Joey beskryf dié as een van die mees vernederen­de jare van sy lewe.“Almal het van my verwag om te gaan swot, ek inkluis. Ek kon dit nie doen nie oor ons nie finansieel daartoe in staat was nie. In daai jaar het ek by ’n ouetehuis gewerk en toe as assistent by die plaaslike skool. Hier het ek my liefde vir onderwys herontdek en wéér aansoek gedoen. Ek het verskeie plekke genader om my studies te finansier, maar dit was of die ondernemin­gs wou hê ek moes in ’n rigting studeer waarby hul maatskappy kon baat vind of ek het geen terugvoeri­ng ontvang nie.”

Nadat verskeie deure in sy gesig toegeklap het, was daar uiteindeli­k ’n lig aan die einde van die tonnel. ’n Mynboumaat­skappy het sy registrasi­e en ook boekrekeni­ng betaal. Die juffrou vir wie hy assisteer het, Er Saal, het hom ook finansieel bygestaan.“Die vier jaar op Wellington as student was moeilik. Baie maande kon ek nie my maandeliks­e huur by die plek waar ek loseer het, betaal nie en ander kere was daar nie kos nie.”Daar was nie plek op die koshuis nie en Joey moes by mense op die dorp loseer.“Ek wou al baie opgee, maar ek kon nie. Daar was te veel mense wat op my staatgemaa­k het. Ek moes aanhou en ek is nie vir een oomblik spyt nie, veral nie toe ek cum laude gradueer nie!” Joey onthou skielik hoe een van sy susters hom destyds weggestuur het. “Sy het gebid‘Here, ons stuur vir Johan met niks van die huis af nie, maar ons stuur hom met geloof.’Dis presies wat ek gehad het – geloof. Toe hulle my naam roep en ek op daai verhoog loop, het my nekhare gerys. Ek kon hoorbaar fluister, ‘Dankie, my God.’Ek het almal wat nie in my geglo het nie, verkeerd bewys en diegene wat al die tyd bankvas agter my staan, met trots laat straal.”

Joey was die eerste en enigste familielid wat tot dusver universite­it toe kon gaan en graad gevang het.

En hoe beplan hy om staande te bly in ’n stelsel wat telkens onder die soeklig is oor geweld teen onnies?“Ek glo kinders wat aggressief optree, deal met ’n underlying issue en ek probeer altyd uitvind presies wat dit is. Ouers moet leer om ook die kinders by die huis waardes en respek te leer en dan sal dinge soveel makliker wees in die klas.”

Oor sy nabye toekoms sê dié ambisieuse klong van Koekenaap:“Ek wil volgende jaar my honneursgr­aad voltooi en daarna is die moontlikhe­de eindeloos!”

Ek moes saans by kerslig leer en hoewel dié goed my net ’n sterker mens gemaak het, was dit nie die lewe wat ek vir myself wou hê nie. JOEY PHILLIPS

 ??  ?? HOOFFOTO: Johan Phillips, ’n arm plaaskind, het sy onderwysgr­aad cum laude geslaag.
HOOFFOTO: Johan Phillips, ’n arm plaaskind, het sy onderwysgr­aad cum laude geslaag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa