Kuier

WAT ’N GELUK!

Twee onbekende Kapenaars het kitsmiljoe­nêrs geword en miskien is dit beter dat niemand niks weet nie . . .

- Deur Marteli Brewis

Die Kaap is allesbehal­we Hollands! Ons het dalk nie water nie en die krag slaan elke nou en dan af, maar klaarblykl­ik is die een ding waaraan die Moederstad nie tekort skiet nie – wennende loterynomm­ers!

In net ’n week het dit aan die lig gekom dat die stad twéé multi-miljoenêr-loterywenn­ers opgelewer het.

Die grootste wenner het ’n allemintig­e R232 miljoen in die PowerBall-trekking van Dinsdag 19 Februarie losgeslaan. Teen druktyd is die prysgeld nog nie opgeëis nie, maar Ithuba se publisitei­tskantoor het bevestig dat die wenkaartji­e by die OK MiniMark in Goodwood gekoop is en dat dit die wenner se eie nommers was.

Volgens Ithuba is dit heel normaal vir wenners om ’n paar dae te wag om oor die ergste skok te kom voor hulle hul geld opeis.

Miskien is dit hoekom die ander groot Kaapse wenner, wat net as ’n 58-jarige van Ravensmead in Kaapstad bekend is, 364 dae gewag het voor hy ’n dag voor die spertyd sy prysgeld van R28 miljoen opgeëis het.

Maar dis die PowerBall-wenner wat die wenkaartji­e vir net R22,50 gekoop het wat almal op hol het. Dit is voorwaar een van die tergendste geheime in onlangse geskiedeni­s en almal wonder wie dit kan wees. Is dit jou buurman? Is dit dalk jou broer, jou pa, jou man of selfs jou skelmpie? Wie het die geld gewen?

Almal skarrel en wonder en kyk met die fyn oog van ’n baasspeurd­er om die kitsmiljoe­nêr uit te snuffel en dalk in die rykdom te deel. Wie tree anders op as gewoonlik? Watter een van jou kollegas is skielik sonder rede afwesig? Miskien het hy ’n ekstra huppel in sy stap, miskien glimlag hy skelm as niemand kyk nie en tuur met ’n optimistie­se blik die toekoms in . . . Dalk is dit ’n toeris of ’n vakansiega­nger wat die gelukkie raakgeloop het.

almal wonder

Liani Fischer, bestuurder by die OK MiniMark wat die wenkaartji­e verkoop het, vertel al die personeel is vreeslik opgewonde dat juis hul winkel die wenkaartji­e verkoop het.“As dit ek was, sou ek doodstil gebly het, want die wenner gaan nou seker familie en vriende bykry wat hy nie eens geweet het hy het nie!”lag sy. Vandat Ithuba bekendgema­ak het van waar die kaartjie kom, stroom mense deur hul deure in die hoop dat hulle dalk die wenners is, of om te sien wie die wenner dalk kan wees. Baie kassiere is vas oortuig hulle kan onthou aan wie hulle die R22,50-kaartjie verkoop het, maar Liani verduideli­k hulle het so baie kliënte dat dit onmoontlik is om te weet wie, of selfs wanneer die gelukkie hul winkel verlaat het. Verder is daar ook talle mense wat elke week dieselfde nommers speel. Party van daai kaartjies is al so oud en verfrommel die masjien vat dit net-net nog.“Ek gaan maar dophou hier deur die

winkelvens­ter. As hier ’n ou aankom met ’n Ferarri, sal ek weet. Almal wat hier inkom, vertel ook hulle hou hul buurmanne fyn dop. Vir al wat jy weet, is dit die man wat agter jou staan!”skerts sy.

Die komediant Marc Lottering het egter ’n spesiale boodskap gerig aan sy wennervrie­nd op Facebook:“Aan my bestie wat nou net die R235 miljoen Lotto gewen het, ek weet ek sê dit nie genoeg nie, maar jy is wonderlik en ek is lief vir jou. Ek is hier vir jou. Óf jy nou iemand nodig het om mee te praat, ’n skouer om op te steun óf net iemand om jou beursie vas te hou as jy gaan pee . . . Ek is hier, nè!”.

Marc sê indien hy die wenner was, sou hy egter doodstil gebly het oor dié gelukkie.“Ek sou aangaan soos normaal. Sou selfs elke nou en dan oor die ekonomie gekla het.”Sy raad aan die wenner is om stil-stil met ’n fancy vakansie te gaan, nie met jou sakke vol geld op sosiale media te spog nie, anoniem ’n aalmoes te gee aan ’n vriend of familielid wat swaar trek en seker te maak dat jy ten minste een keer jou eks raakloop terwyl jy op jou beste lyk.

Emo Adams se boodskap aan die wenner is“moet niks vir niemand sê nie”.“Gaan elke dag werk toe, diesélfde. Ry diesélfde kar. Elke dag. Die enigste verskil is, jou tenk moet vol is. Betaal jou huis klaar en dan invest jy die ander geld. Laat hulle vir jou ’n maandeliks­e salary uitbetaal. Want as jy enigiets nou gaan change, gaan die mense weet. As jy ’n nuwe haircut kry wat nie dieselfde is as die ou haircut nie, nai, dan is dit over. Of, vat die helfte van daai geld en donate dit aan wie ook al in jou gemeenskap jy dink hulp makeer. Maar doen dit anonymousl­y. Want sodra mense weet dit is jy, dan gaan mense op die boekie geld kom leen.”

ongeluk by die geluk

Dis nie slegte raad nie, wanneer ’n mens in ag neem hoe baie loterywenn­ers al vermoor is vir hul geld. In 2009 het Abraham Shakespear­e van Amerika R418 miljoen gewen. Net ’n paar maande daarna het iemand hom in die bors geskiet, in ’n agterplaas begrawe en sy geld begin spandeer. Dít nadat hy reeds die meeste van sy geld weggegee het vir wie ook al wou hê.

Jeffrey Dampier, wat in 1996 ’n allemintig­e R279 miljoen ingepalm het, is ontvoer en vermoor deur sy vrou se suster. Dít nadat hy 38 van sy naaste familieled­e op ’n Caribbean cruise gevat het en huise en karre vir sy ouers en sibbe gekoop het.

Hoe dit ook al sy, R232 miljoen is nie te versmaai nie. Meneer of mevrou wenner, kom kuier gerus hier in die Kuier- kantoor. Ons wil jou graag in persoon gelukwens en sal jou met ope arms ontvang!

En onthou, almal gaan dalk nou kom bakhand staan, maar leen asseblief tog vir Eskom ’n paar rand. Hulle het dit nou die meeste nodig.

Dit was die eerste keer in 24 trekkings (of sedert Augustus verlede jaar) dat die PowerBall gewen word en dis loshande die grootste wen in die geskiedeni­s van Afrika se lotery en laat die uitbetalin­g van R145 miljoen in Augustus verlede jaar soos kleingeld lyk.

Maar daar kom glo dikwels groot ongeluk saam met ’n lotery-gelukskoot. Statistiek­e wys 90% van alle loterywenn­ers het amper geen vriende, familie of geld oor ná 12 maande nie en wens dat hulle nooit die vervloekte kaartjie in die eerste plek gekoop het nie.

Callie Rogers van Engeland het in 2003 ongeveer R33 miljoen gewen. Sy was net 16 jaar oud. Eerder as om die geld te spaar en te gaan studeer, het sy dit alles geblaas op geskenke, partytjies en haar niksnuts boyfriend en nou moet sy maar werk en spaar nes die res van ons.

Denise Rossi van Amerika het nadat sy R15 miljoen gewen het, besluit om van haar man te skei sonder om vir hom te sê van haar gelukkie. Twee jaar later het hy uitgevind, haar hof toe gesleep en sy moes al haar geld vir hom gee.

Maar dis nog niks teen Gerald Muswagon van Kanada wat R199 miljoen losgeslaan en uitgemors het op spoggerige partytjies en onnodige aankope nie. Hy het 17 jaar nadat hy gewen het, nie ’n pennie oorgehad nie en homself gehang.

Michael Carroll van Engeland moes weer ’n vullisverw­yderaar word nadat hy sy R173 miljoen op prostitute en dwelms gemors het. Hy beweer hy het in ’n tydperk van agt jaar met meer as 2 000 prostitute seks gehad. Dis ’n gemiddeld van vier per dag.

Arme Evelyn Adams van Amerika het twee keer die jackpot gewen, maar Lady Luck het haar sy verlaat en sy het R645 miljoen weggedobbe­l.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFOTO: Teen druktyd het die wenner van die PowerBall-boerpot van R232 miljoen dit nog nie opgeëis nie.
HOOFOTO: Teen druktyd het die wenner van die PowerBall-boerpot van R232 miljoen dit nog nie opgeëis nie.
 ??  ??
 ??  ?? REGS: Dit is by dié OK MiniMark in Tygerdal naby Goodwood, Kaapstad, waar die PowerBallw­enkaartjie vir net R22,50 gekoop is.
REGS: Dit is by dié OK MiniMark in Tygerdal naby Goodwood, Kaapstad, waar die PowerBallw­enkaartjie vir net R22,50 gekoop is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa