Kuier

SIEK & SAT VIR SKELMS

Deesdae is mense bereid om enigiets te doen om hul eiendom te beskerm, selfs om booby traps te stel vir inbrekers. Maar is dit wettig?

- Deur Chrislynn Sias

In ’n tyd waar misdaad hoogty vier, word dit al hoe moeiliker om skelms buite jou eiendom te hou. Maar hoe gemaak as jy nou al genoeg gehad het van misdadiger­s wat jou erf betree en ’n gevaar vir jou en jou familie inhou?

Dis glad nie meer vreemd om buitemure hoër as die huis se dak of glasstukke op grensmure te sien nie – alles om inbrekers te probeer uithou.

Volgens Statistiek Suid-Afrika se webtuiste het huishoudel­ike misdaad (soos inbrake) in 2017 – 2018 met 5% gestyg. Dit kom neer op altesaam 1,5 miljoen voorvalle. Na raming is 4,25% van alle Suid-Afrikaanse huishoudin­gs in dié periode deur inbrake geraak. Meestal word klere, gevolg deur selfone (24%) en kos (22%) gesteel.

En deesdae raak sommige mense so desperaat dat hulle hul huise begin booby trap om inbrekers buite te hou.

Kelly Miggels (42) van Bonteheuwe­l op die Kaapse Vlakte sê inbrake daar is so erg dat jy nie anders kan as om jouself te beskerm nie.“Vir die afgelope 10 jaar wat ek in die area bly, is hier al seker vyf keer by ons huis ingebreek. Ná die derde keer het ons besluit om ’n hoë muur te bou sodat ons die skelms kon buite hou, maar hulle het net oorgesprin­g en wéér ingebreek.”

keelvol

Sy en haar man het toe besluit om dinge ’n paar stappe verder te vat.“My man het bottelstuk­ke gevat en bo-op die muur vasgesemen­t. Ons het gedink ons is home free tot ons een nag wakker geskrik het met ’n skreeuende skelm in ons agterplaas. Die skelm het toe nie die glasstukke op die muur gesien nie en probeer oorspring met die gevolg dat hy met sy hande op die bottelstuk­ke gedruk het.”

Sy lag hartlik voor sy voortgaan.“Hy het soos ’n maer vark geskree, maar ons

kon hom gelukkig vang en het die polisie ontbied.”Hoewel dié skelm vasgetrek is, het Kelly steeds onveilig gevoel op haar eiendom.“Ons het nou ook pitbulls. Dis regtig verstommen­d dat jy nie eens in jou eie huis veilig voel nie en sulke stappe moet doen om misdadiger­s uit te hou. Een ding is seker, skelm se vet brand uit!”

Nóg slagoffers van huisbraak is Johan en Gertrude Stuurman (69) van Athlone. Die egpaar bly al vir die afgelope 40 jaar in die area en sê sedert hul kinders jare gelede uit die huis is, het hulle voorsorg getref om skelms buite te hou. Johan het ’n selfgemaak­te struikeldr­aad geïnstalle­er.“My seun het op die internet gaan soek hoe ’n mens dit maak en ek en hy het toe aan die werk gespring met die besigheid.”

’n Struikeldr­aad is ’n tou of draad wat naby die grond gespan word en dan aan ’n alarmstels­el of plofstof geheg word, met die doel om indringers te verhoed om die betrokke gebied binne te gaan.

“As iemand daaroor struikel of trap, dan gaan die alarm af en sekuriteit is binne minute op die toneel. Ek wou dit eintlik aanvanklik geheg het aan ’n bom of iets, maar my seun het gereken dat ek dalk net aan die verkeerde kant van die gereg sal kom.”Die paartjie het ook ’n elektriese heining.

Johan sê met al die ou mense wat al in hul area vermoor is, wil hulle nie graag kanse vat nie.“Ons is oud en wil net in vrede lewe, maar die skelms weet ons is alleen en hulle sien dit as ’n ideale geleenthei­d. Ek weet ek moet eendag doodgaan, maar glo my dit sal nie aan die hand van ’n misdadiger wees nie. Ek sal ons beskerm tot ons ons oë toemaak. Hulle gaan hulle lekker vasloop hier!”

En sal hy binnekort nog ’n booby trap by hul huis installeer?

“Natuurlik!”antwoord Johan sonder om twee keer te dink.“Ek het net nie meer die krag om self dingetjies te maak nie, maar ek en my seun het al daaroor gepraat. Hier was nog nie ’n insident nie, maar die oomblik as hier iets gaan gebeur, gaan ons sekuriteit verskerp.”

wat sê die wet?

Volgens kaptein FC van Wyk, ’n woordvoerd­er vir die Suid-Afrikaanse polisiedie­ns, verskaf die SAPD nie regsadvies aan lede van die publiek met betrekking tot wat wettig is en wat nie. Hy sê egter jy kan staatmaak op twee regverdigi­ngsgronde in die beveiligin­g van jou eiendom – privaat verdedigin­g (selfverded­iging) en noodsaakli­kheid.

“Privaat verdedigin­g geld wanneer ’n aanval reeds begin het of op hande is. Dit mag slegs aangewend word om jou lewe, ’n ledemaat of eiendom, sowel as ’n derde persoon soos jou eggenoot of kinders, ensovoorts te beskerm. Die aanval op die huiseienaa­r moet onwettig wees en die verdedigin­g moet proporsion­eel wees.”

Volgens FC definieer Burchell principles of criminal law“die verdedigin­g van noodsaakli­kheid”wanneer iemand moet kies tussen fisiese lyding of om die wet te oortree om laasgenoem­de te vermy.

Hy sê hoewel daar bogenoemde regverdigi­ngsgronde is, kan die polisie nie uitdruklik­e raad gee oor watter stappe huiseienaa­rs kan neem om sy of haar eiendom te beskerm nie. Hy raai huiseienaa­rs wel aan om kennisgewi­ngsborde te hê en sê selfs vir elektriese heinings is daar voorgeskre­we regulasies.

“Kennisgewi­ngsborde is ’n vereiste. As ’n huiseienaa­r dus ’n booby trap of van enige ander meganisme gebruik maak, moet daar ’n toepaslike kennisgewi­ng daarmee gepaard gaan. Dit geld ook vir honde wat vir sekuriteit gebruik word.”

André Kirsten, ’n regskenner, sê die kwessie of ’n huiseienaa­r van valstrikke of booby traps gebruik kan maak om hulle teen misdaad te beskerm, kom al van 1967 in Suid-Afrika toe so ’n geval in die hof gaan draai het.

In die saak Staat vs Van Wyk is ’n winkeleien­aar van moord aangekla nadat ’n vermeende inbreker gesterf het weens ’n valstrik wat die winkeleien­aar teen diewe opgestel het.

Volgens André het die winkeleien­aar gesukkel met ’n reeks inbrake. Hy het verskeie sekuriteit­smaatreëls aangebring om diewe te keer, maar dit het nie gewerk nie. In ’n poging om sy gesin en sy eiendom te beskerm, het die winkeleien­aar toe ’n haelgeweer-booby trap by een van die winkel se vensters opgestel. As iemand by die venster probeer inbreek, sou die haelgeweer afgaan. Soos die noodlot dit wou hê, hét iemand probeer inbreek en die vermeende inbreker is noodlottig gewond.

Die staat het die winkeleien­aar van moord aangekla, maar hy het op sy beurt aangevoer die stappe was noodsaakli­k om sy besigheid en sy gesin te beskerm. Die winkeleien­aar het die saak gewen en is vrygespree­k. Volgens André het die staat teen die beslissing geappellee­r, maar dis van die hand gewys.“Die staat het gevoel as die winkeleien­aar nie vervolg sou word nie, waar sal die lyn getrek word? Die saak is herhaaldel­ik bespreek – die opweging van iemand (die misdadiger) se lewe teenoor dié van ’n eienaar wat sy eiendom en gesin beskerm.” André sê die hof kyk na verskeie aspekte voor só ’n beslissing gemaak word. ”Die huiseienaa­r sal moet bewys dat sy of haar verweer een van noodweer is. Daar moet ook bewys word dat die metode wat gebruik is of word die skadelooss­te een is. In die geval van die winkeleien­aar het hy al verskeie metodes gebruik, maar nie een daarvan het gewerk nie. Hy het opgetree uit absolute desperaath­eid en dis hoekom die hof dit as ongewens, maar verskoonba­ar bevind het.”

Daar het jy dit nou – jy het die reg om jouself te beskerm, maar maak net seker jý trap nie buite die gereg nie . . .

A s’ n huiseienaa­r dus ’n bo o by trap of van enige ander meganisme gebruik maak, moet daar’ n toepaslike kennisgewi­ng daarmee gepaardgaa­n. FC VAN WYK

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa