Kuier

Roberto REIK UIT

As ’n gay-man moes dié Arendsvlei- akteur al baie dinge deurmaak. Maar hy is vasbeslote om ’n verskil te maak!

- DEUR Earl September

Akteurs is aktiviste wat ’n groter rol het as net toneelspee­l. Hulle het ook ’n maatskapli­ke verantwoor­delikheid om bewusmakin­g te skep. Só meen die Arendsvlei- akteur Roberto Kyle (25). Roberto sê sy loopbaan gee hom ’n groter stem, maar ook ’n groter verantwoor­delikheid. “Mense gaan movies toe en kyk ons op TV om te kan relate en hulself en hul stories in ons te sien. Ons moet daardie stories vertel.” Dié boorling van die Paarl is gay en vertolk ook die rol van ’n gay-karakter in kykNET&kie se telenovela, Arendsvlei. Volgens Roberto het dit hom 25 jaar gevat om lief te wees vir wie hy is. “Ek het baklei. Ek baklei steeds vir my identiteit en vir wie ek is en die spasie om my. Ek het nie nog 25 jaar vir ander mense om te aanvaar en lief te wees vir wie ek is nie.” Roberto was al te sien in flieks soos Eye in the Sky en The Dark Tower, asook die dramareeks Homeland. Kort voor Arendsvlei was hy ook te sien as Skalkie Fortuin in Knapsekêre­ls en voor dit as Aunty Merle se seun Carl Abrahams in die Marc Lottering-musiekprod­uksie.

Roberto raak ernstig wanneer hy sê sy seksualite­it bepaal nie watter tipe akteur hy is nie en ook nie dat hy net ’n gay-karakter kan of moet vertolk nie.

“Dit is nie waarom ek dramaskool toe is nie. As ek ’n boom moet speel, dan speel ek ’n boom.”

ondersteun­ing

Roberto bieg hy het altyd geweet hy is anders, en dít oor hoe ander mense hom oor homself laat voel het.

“Ek was altyd die teiken van die een of ander vorm van boelies. Veral deur seuns en eenvoudig omdat ek nie soos hulle was nie. Toe ek tiener begin word, het ek meer die dynamics van manlikheid en manwees begin verstaan. Op 13 het dit vir my begin sin maak dat ek gay is.”

Al is hy ’n vriendelik­e en vol lewe mens, was dit ’n moeilike tyd. In sy matriekjaa­r het hy teenoor sy skoolvrien­de oopgemaak oor sy seksualite­it.

“Ek was bang vir wie ek is. Toe ek my skoolvrien­de vertel, het hulle begin huil, want hulle wag toe nog heeltyd op my om die nuus te deel en net bly te wees vir my. Ek het toe my ousus vertel en daardie aand my ma. Albei was en is steeds baie ondersteun­end.”

Maar“coming out”kan problemati­es wees, sê Roberto.

“Ek glo niemand moet die tipe trauma verduur wat jong seuns en meisies deurgaan met die hele‘coming out’proses nie. My suster moes nooit haar liefde (vir iemand anders) wegsteek of haar bestaan verduideli­k nie. Hoekom

moet ek?”

Daar is nog iets waaroor Roberto spyt is. Sy pa is in 2013 aan kanker oorlede en hulle het nooit die geleenthei­d gehad om oor Roberto se seksualite­it te praat nie.

“Ek is seker hy het geweet. Voor ek‘uit die kas gekom het’was my ouers besig om te skei en het my pa uitgetrek. Ek wou hom toe nie nog met dié nuus ook pla nie. Ek weet hy was lief vir my en het my ondersteun. Tog is daar ’n deel van my wat voel daar kort iets wat van my ’n goeie seun vir hom sou maak,”sê hy emosioneel.

Roberto kry wel ’n oorvloed van liefde en ondersteun­ing by sy ma – wie vir hom en sy suster met geloof, vasberaden­heid, aanvaardin­g en nederighei­d groot gemaak het.

Hy weet egter daar is baie ander wat nie so gelukkig is nie.“Dit breek jou hart as jou geliefdes jou nie aanvaar en ondersteun vir wie jy is nie. Weet egter jou identiteit en potensiaal word nie gekoppel aan enige persoon wat jou teenwoordi­gheid verwerp nie. Wees net wie jy is. My pa se dood het my geleer ons moet onvoorwaar­delik lief wees vir mekaar, terwyl ons mekaar nog het.”

bewusmakin­g

Aan die werkfront, blyk dit ook of Roberto en sy karakter baie in gemeen het. Nes Roberto is Lee-Roy ook sy ma Ronel (gespeel deur Melanie du Bois) se alles. Daar is egter nog ooreenkoms­te. Ons het Lee-Roy leer ken waar hy geboelie word op skool en Roberto is ook op laerskool en hoërskool geboelie.

Hy vertel eerlik hy is nie net deur leerders op skool geboelie nie, maar selfs deur onderwyser­s.

“Boelies neem talle vorme aan. Dis nie net om jou hand te lig nie. Dit is ook mense se optrede, woorde of net daai kyk wat gegee word. Op skool is ek deur onderwyser­s, oor my seksualite­it, maar ook omdat ek anders was, geboelie.

“Ek onthou twee voorvalle waar ek geboelie is. Op hoërskool het ’n onnie op my geskree‘hou op so gay wees’. Ek het opgestaan en uit die klas geloop. Ek en ’n paar klasmaats is reguit na die hoof se kantoor waar ek gevra het dat die onderwyser aangespree­k word omdat sy teenoor my diskrimine­er.”

Roberto se ma is ingeroep en later het dit, volgens Roberto, uitgekom die betrokke onderwyser se dogter is lesbies en dit wou voorkom asof die juffrou haar persoonlik­e gevoelens en homofobie op Roberto uitgehaal het.

“Ons moet homofobe uitwys, veral grootmense. Ons gee mag as ons voorgee daar is nie ongeregtig­heid teenoor ander, of onsself nie.”

Roberto voel al word boelies op skool aangespree­k, het ons almal ook ’n verantwoor­delikheid. Hy reken daar moet ’n groter stem gegee word aan slagoffers en die skep van bewusmakin­g. Soos wat hy doen deur middel van sy

Arendsvlei- karakter. Hy het die oudisie vir

Arendsvlei gaan doen en amper dadelik die rol gekry.

“Ek het gewonder of dit vir my ’n uitdaging gaan wees om ’n skoolkind te speel en ook watter bood-skap ek met die rol vertel. Toe ek egter oor die karakter lees en sien hy spreek so ’n groot onderwerp aan, het ek geweet ek wil die rol speel.”

Roberto sê dit was nogal ’n aanpassing om van Skalkie, wat met ’n vuurwapen loop in Knapsekêre­ls, oor te skakel na Lee-Roy met skoolboeke.

“Daar is nog mense wat my as Skalkie sien, maar ek dink baie raak nou gewoond aan Lee-Roy. Ek wil net nie hê Lee-Roy moet maklik word om te vertolk nie.” Roberto is egter bewus deel van die bedryf is die vergrootgl­as waaronder hy geplaas word en die backlash wat van die publiek kan kom. “Dit is ’n hartseer feit dat ’n onderwerp soos homoseksua­liteit nog half taboe is in ons samelewing. Daar is wel die ruimte om dit te verander en dit begin met iets eenvoudig soos ’n gesprek,”meen Roberto. Maar intussen gaan hy fokus op sy werk om Lee-Roy na die beste van sy vermoë te vertolk en om deel te wees van ’n span wat hard werk om ons mense se stories te vertel. “Arendsvlei vertel vir drie dae in die week die stories van ons mense en dit word deur ons mense vertel. Dit is nie iemand wat van die buiteland af ingevlieg word nie. Dit lê ook klem op dinge wat elke dag gebeur en dinge wat by sommige nog taboe is, is nou in ons voorkamers op die TV.” Hy hoop kykers sal by Lee-Roy leer om eienaarska­p van hul lewe te neem, om te baklei vir waarin hulle glo. “Wees eerlik en weet niemand het die reg om jou te sê wie en wat jy is nie. Jy het ownership van jou identiteit en niemand kan dit vat nie,”voeg hy passievol by. Roberto gee sy killer smile en sê:“Daar is niks so powerful soos iemand wat by ’n vertrek kan instap en net hulself is, sonder om hul identiteit te verdedig nie.”

Moeniedied­ramain Arendsvlei­misnie. Skakel Maandae tot Woensdae i nom 20:00 op kykNET&kie(DStv-kanaal145).

Opskoolise­kdeur onderwyser­s, oor my seksualite­it, maar ook omdatekand­erswas, geboelie. ROBERTO KYLE

 ??  ?? HOOFFOTO: Die akteur Roberto Kyle.
HOOFFOTO: Die akteur Roberto Kyle.
 ??  ?? REGS EN HEEL REGS: Roberto as Lee-Roy in Arendsvlei met Melanie du Bois as sy ma, Ronel.
REGS EN HEEL REGS: Roberto as Lee-Roy in Arendsvlei met Melanie du Bois as sy ma, Ronel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa