Kuier

IN DIE NUUS

-

Suid-Afrikaners het al die punt bereik waar min dinge ons meer verras. Dis hartseer, veral wanneer dit by kindermoor­de kom, maar dis die werklikhei­d.

Die vlaag van kindermoor­de op die Kaapse Vlakte is al ’n geruime tyd in die nuus. Maar nou blyk dit die platteland is nie gespaar nie . . . Só kon niks die skok en afgryse keer toe die nuus breek dat Delvina Europa (6) van die sendingdor­pie Elim, naby Bredasdorp in die Wes-Kaap, verkrag en vermoor is nie. Dít pas nadat Kuier die verdwyning van die agtjarige Jeneva Diergal van Klawer onder die soeklig geplaas het. Sy is al sedert einde Januarie vermis.

Delvina het ook buite gespeel toe sy op Sondag 24 Maart vermis geraak het. Haar lyk is twee dae later in die bosse agter die plaaslike laerskool ontdek.

’n 35-Jarige man is sowat ’n uur nadat haar lyk gevind is, in Barrydale aangekeer. Hy was na bewering bekend aan die familie. Die verdagte was glo die laaste een saam met wie Delvina lewendig gesien is. Hy is uiteindeli­k ná amper twee dae van ondervragi­ng van haar moord en verkragtin­g aangekla. Volgens Netwerk24 is die verdagte ’n veroordeel­de seksoortre­der en het sowat ’n maand voor Delvina se dood uit rehab gekom.

Die Elim-storie is opspraakwe­kkend juis omdat Elim so ’n klein dorpie is. Met ’n Kuier- besoek aan die dorp ’n paar jaar gelede vir ’n inspirasie­storie oor ’n suksesvoll­e plaasboer, het ons

self gesien hoe klein die dorp is. Só het ons die boer se beeste gaan afneem aan die een kant van die dorp en toe was dit sommer die einde van die dorp!

In sulke gemeenskap­pe ken almal werklik almal. Dis hoekom dit so onverstaan­baar is dat Delvina kon verdwyn het sonder dat iemand haar gesien het. Om dus te hoor ’n kind is híér verkrag en vermoor, het ons diep getref.

En ons was nog besig om van die skok van Delvina se moord te herstel, toe die nuus breek dat die lyk van ’n babaseun van Melton Rose, naby Eersterivi­er in die Kaap, vier dae nadat hy as vermis aangegee is, in ’n drein naby sy ouma se huis gevind is. Orderick Lucas was net 22 maande oud.

’n Familievri­end, Melvin Volkwyn, wat glo gereeld na Orderick omgesien het, is van sy moord, ontvoering en dwarsbomin­g van die gereg aangekla.

Ons is al dikwels daarvan beskuldig dat ons mense hertraumat­iseer deur oor sulke hartverske­urende gebeure verslag te doen (ook in ons misdaadree­ks, Op Seer se Spoor in samewerkin­g met kykNET), maar ons kan nie van die wrede werklikhei­d weghardloo­p nie. Dis ons plig om ouers bewus te maak van die gevare wat vir hul kinders lê en wag as hulle nie versigtig is nie.

Kinderverk­ragtings en -moorde sal ons ook nooit onaangeraa­k laat nie, ook omdat baie van die Kuier- spanlede self ouers is en hulle elke moord en seerkry aan hul eie harte voel. So die oomblik dat so iets met ’n kind gebeur, voel dit asof dit met húl kinders gebeur het.

Al hierdie gedagtes is eenvoudig net een te veel! Hoeveel te meer wanneer dit wel jou realiteit is? Hoe cope jy, hoe bly jy sterk vir jou kinders?

Dit is absoluut verskrikli­k dat ons in ’n tyd lewe waar jy in gedagte moet hou dat enigeen (geliefdes, buurmense, kennisse, vreemdelin­ge) jou kind kan leed aandoen. Jy kan probeer, maar dis onmoontlik om jou kind 24/7 onder oë te hê. Jy moet jou kind die vryheid gee om die wêreld te verken op hul eie tyd en hul eie manier, maar daar is monsters daarbuite wat soos aasvoëls wag vir daardie paar minute wat jy jou oë van jou kind afhaal. En dit net sodat hulle hul vieslike fantasieë kan uitleef.

Al wat ons as gemeenskap­pe regtig kan doen, is om elke kind soos jou eie te probeer beskerm en te bid soos nog nooit vantevore nie dat die Here ons kinders sal bewaar . . .

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa