Kuier

MAAK ’N PLAN VIR JOU LEWE

Sommige mense sukkel om verantwoor­delikheid te vat vir hul lewe, maar hulle skiet hulself net in die voet. Help jouself só beheer neem.

- DEUR MICHELLE BLOEM

Wanneer daar niks anders oor is nie, het jy nog altyd beheer oor jou gesindheid.

Hoe is jou uitkyk op die lewe? Kom ons verduideli­k dit só: Daar is drie soorte mense op hierdie aarde.

Die eerste noem ons die ysterstawe. Dié mense se lewensuitk­yk is rigied en onbuigbaar. Vir hulle is dit altyd: “My way or the highway”. Hierdie ysters het ’ n geweldige begeerte om alles en almal om hulle te beheer, maar wanneer die ware lewenstorm­s om hulle woed, knak hulle omdat hulle nie buigbaar genoeg is om aanpassing­s te maak om te oorleef in ’n krisis nie. Hierdie mense hou daarvan om hul siening oor alles te regverdig.

Die tweede soort mens, kan ons die riet of die tolbos noem. Hierdie mense word geken aan hul alewige slagoffers­tatus. Hulle is slagoffers van hul omstandigh­ede en alles gebeur net met hulle. Hulle word soos tolbosse en riete deur die wind van die lewe gewaai en het nooit beheer oor enige aspek van hul lewens nie. Hulle word geken aan die manier waarop hulle altyd ander vir hul omstandigh­ede blameer, byvoorbeel­d:” As my ouers ryker was, sou dit finansieel beter met my gegaan het”, of “Ek het nie genoeg spaartyd om ’ n stokperdji­e te beoefen nie, want my baas laat my lang ure werk”.

Die derde soort, kan ons die planmakers noem. Hulle is die mense wat in elke lewensarea verantwoor­delikheid neem en hul gesegde is: “As dit moet wees, is dit op my aangewese om dit te laat gebeur.” Planmakers kla selde, want hulle weet hul sukses hang van hulself af. Hierdie is die mense wat proaktief planne maak en

stappe neem om te bereik wat hulle in die lewe wil hê. In plaas van om hul situasie te regverdig of skuld op ander te plaas, neem hulle beheer van hul lewens. Hulle is mense wat ander motiveer en sê dinge soos: ”Ek het met niks begin nie, maar het geleenthed­e gesoek en gebruik om te wees waar ek vandag is.”

Planmakers sien oplossings en geleenthed­e waar ander probleme sien. Wanneer die lewensstor­ms woed, weet hulle dat hulle buigbaar en aanpasbaar moet wees om dit te oorkom. Hulle weet hulle kan nie altyd die hand kies wat vir hulle gedeel is nie, maar dat dit hul verantwoor­delikheid is om die spel so goed moontlik te speel. Planmakers weet dat swaarkry karakter kweek en ’n motivering is om omstandigh­ede beter te maak vir hulself en ander. Dit is gewoonlik juis die struikelbl­okke in hul pad wat hulle laat groei.

Tree só op

Verantwoor­delikheid is niks anders as om altyd gepas op te tree in enige situasie nie. Planmakers weet daar is twee maniere om in elke situasie op te tree: Jy kan óf impulsief reageer óf ’ n reaksie hê wat goed deurdink is. Wanneer daar reaktief opgetree word Z met ander woorde impulsief en emosioneel Z sonder om te dink, is daar altyd negatiewe gevolge. Wanneer jy egter denkend optree, is dit ’n neutrale en objektiewe aksie wat gewoonlik goeie gevolge het.

Planmakers weet deur altyd verantwoor­delik op te tree, neem jy beheer oor jou eie lewe en lot en só kan jy jou selfwaarde en krag behou. Wanneer jy onverantwo­ordelik optree, wanneer jy iets probeer regverdig of ander blameer, gee jy jou eie mag en beheer oor jou lewe aan omstandigh­ede of ander mense oor.

Dit is dus raadsaam om altyd te sorg dat jy verantwoor­delikheid neem vir elke aspek van jou lewe, maak nie saak hoe donker die dinge om jou lyk wat jy nie kan beheer nie. Wanneer daar niks anders oor is nie, het jy nog altyd beheer oor jou gesindheid en hoe jy gaan optree te midde van omstandigh­ede.

Om die gehalte van elke aspek van jou lewe te beheer, moet jy gehaltevra­e vra sodat jy ’ n oplossing vir jou situasie kan kry. In plaas van beperkende vrae soos: “Hoekom vaar ek sleg in elke toets wat ek skryf?” of “Hoekom kry ek altyd die moeilikste take by die werk?”, vra eerder wat-is-moontlik-vrae. Byvoorbeel­d “Is daar ’n doeltreffe­nde leermetode wat ek kan aanleer om beter te vaar in my toetse?” of “Hoe help die moeilike take my om te vorder en te groei?”.

Wanneer jy dít kan doen, sal jy enige struikelbl­ok met selfvertro­ue kan aanpak en dit deursien.

Net jy kan jouself help, so moenie in jou eie pad staan nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa