Kuier

LESERSWENK­E

-

Spoel jou badkamerma­tte uit met Savlon vir ’n vars reuk, veral as jy klein seuns het wat so sleg aim. Dit laat jou badkamer lank vars en skoon ruik. LETTIE MKHIZE, LICHTENBUR­G Indien jou deur se skarniere raas en jy het nie olie byderhand nie, gebruik Spray and Cook. Dit werk goed. SUSAN, EERSTERIVI­ER As kerswas op hout beland het, blaas met ’n haardroër (warm) direk op die was om dit sag te maak. Verwyder dit dan met papierhand­doek en vee skoon met ’n lappie wat in asynwater gedoop is. EDWARDLINE COETZEE, KAAPSTAD Moenie ou tandeborse­ls weggooi nie. Gebruik dit met Handy Andy om rondom die krane in die badkamer skoon te maak. Gebruik dit ook om meubel-olie in die hoekies van meubels aan te wend. MARGARET ROSS, DOUGLAS Druk gebruikte foelie in ’n balvorm en skuur jou aangebrand­e potte daarmee as jy nie skuurdraad het nie. As jy aanhoudend hoes, steek jou hande in die lug. Dit sal die hoesbui bedaar. As jy ’n krapperige keel het, meng vier eetlepels heuning met ’n kwart koppie appelasyn. Drink ’n eetlepel ses keer per dag. MARINDA VAN WYK, MALMESBURY As jy sukkel met harde, gebarste hakke en sukkel om voete en toonnaels skoon te kry, gooi so ’n halwe koppie Domestos in warm water. Soak jou voete vir 10 minute. Gebruik ’n naelborsel­tjie vir jou naels en ’n klipskuurd­er om jou hakke glad te maak. Spoel jou voete af in koeksodawa­ter. Smeer room van jou keuse aan jou voete. Doen dit een keer ’n maand om jou voete só te hou. CHANTELLE, HEIDELBERG Vir insekbyte, maak ’n mengsel van Epsom-sout en water. Plaas direk op bytmerk. VANESSA FIELIES, ELSIESRIVI­ER Gemmerkoek­ies is gewoonlik hard. Wanneer jy ’n sagte tekstuur verlang, plaas in ’n oop houer met ’n doekie oor. Siedaar, die koekies is binne ’n dag of twee heerlik sag. JEANETTE DE BEER, VREDENDAL Smeer Tupperware-bakke met olyfolie voordat jy dit gebruik om te verhoed dat dit vlek wanneer jy kos daarin skep. PHILIP BARTLETT, ELDOS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa