Kuier

Lekker kos: Van Paasfees tot partytjies! 22

Paasfees is ’n tyd vir familie en lekker eet. Met dié lekker koek en kos kan jy sommer heeljaar feesvier.

- Deur Samantha Liedeman

SJOKOLADEK­OEK Lewer 1 koek BESTANDDEL­E Koek

¾ koppie sterk koffie, effens afgekoel ¾ koppie sonneblomo­lie 4 eiers 1 ¼ koppie suiker 1 teelepel vanilla essence 2 koppies bruismeel (self-raising flour) 3 eetlepels gewone kakaopoeie­r 2 eetlepels donkerkaka­opoeier

Sjokolade-bottervers­iersel

250 g margarien teen kamertempe­ratuur 500 g versiersui­ker (icing sugar), gesif 2 eetlepels donkerkaka­o 2 eetlepels gewone kakaopoeie­r Genoeg choc chips

METODE

Koek: Meng die koffie en olie en laat effens afkoel. Klop die eiers, suiker en vanilla essence saam tot lig en donsig. Sif die meel en kakao saam. Voeg die meelmengse­l en koffie-en-oliemengse­l by die eiers en vou liggies deur. Verdeel die mengsel in twee gesmeerde koekpanne met ’n deursnee van 16 cm elk. Bak by 180 °C tot gaar en ’n toetspen skoon uitkom. Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel op ’n draadraak. Maak intussen die bottervers­iersel.

Sjokolade-bottervers­iersel:

Klop die margarien en 100 g van die versiersui­ker liggies. Sif die res van die versiersui­ker en die kakao saam. Voeg die suikermeng­sel een koppie op ’n slag by die bottermeng­sel en klop goed. Skep ¹/3 van die versiersel in ’n spuitsak. Sny die koeke se bokante gelyk en sny elke koek in twee lae. Stapel die lae opmekaar met die res van die versiersel tussen elke laag. Versier met versiersel in die spuitsak en Paaseiers. Plak choc chips op die onderste deel van die koek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa