Kuier

44 RECONNECTI­ONS: Kuier kom kuier vir jou!

Kuier is tien jaar oud en ons vier dit saam met jou!

-

Vi r hierdie mylpaal verjaardag wil ons dankie sê aan almal wat die pad saam met ons gestap het vir die afgelope tien jaar. Daarom bring ons die party na julle – ons getroue lesers – toe.

Ons het 10 dorpe en stede oor die land heen op ons wenslysie vir waar ons wil gaan kuier. Ons kom om julle te herinner hoe spesiaal julle vir ons is. Toe Kuier 10 jaar gelede die eerste keer op die rak verskyn, het ons met ons Connection­s verskillen­de plekke besoek om mense aan ons nuwe tydskrif bekend te stel. Vanjaar wil ons reconnect met almal en die Kuier- sirkel sommer nóg groter maak. Ons kan ongelukkig nie by almal uitkom nie en die begroting sal uiteindeli­k bepaal watter dorpe ons wel besoek, maar ons gaan ons bes probeer om ten minste 10 te besoek.

Op elke dorp gaan ons in die gemeenskap wees vir die dag, dit wil sê by venues wat maklik bereikbaar is. Ons program wat sal ook mense uit daardie betrokke gemeenskap insluit. In tipiese Kuier- styl kan julle ook uitsien na vermaak uit die boonste rakke, inspireren­de sprekers en lekker gesels!

Kaartjies is te koop teen R100 per persoon (vir ons eerste RECONNECTI­ONS in Atlantis, op blad hiernaas). Slegs ’n beperkte aantal kaartjies is beskikbaar. Vir meer inligting oor Kuier RECON

NECTIONS, hou die tydskrif en ons social media dop. Van die dorpe en stede op ons wenslysie wat ons wil besoek, sluit

in Upington, George, Bloemfonte­in en Uitenhage. Met verloop van tyd sal ons meer besonderhe­de verskaf en ook die ander plekke bekendmaak. Kom Kuier saam!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa