Kuier

Voorbladst­orie: Amy wys haar dogters

Alles wat die moeite werd is, kos harde werk en toewyding, en daarvan weet Amy KleinhansC­urd en haar gesin goed.

- Deur Ernusta Maralack

Toeek’nattitudeo­fgratitude­beginhê,hetekmy balansgevi­nd.Ekhetnuwev­riendegevi­nden myselfbloo­tgestelaan’nnuwegemee­nskap. AMY KLEINHANS-CURD

Toe Amy Kleinhans-Curd in 1992 die eerste Mej. Suid-Afrika van kleur word, het sy meteens ook ’n broodnodig­e baken van hoop geword in ’n land wat aan ’n politieke front in uiters onstuimige waters gevaar het. Almal kon voel veranderin­g was aan die kom, maar nie almal was seker watter vorm hierdie veranderin­g sou aanneem nie. Dit kon enige kant toe swaai . . .

Maar toe wys Amy tydens haar Mej. Wêreld-deelname in 1992 wat sý wil hê die veranderin­g moet wees.

Tydens dié kompetisie paradeer skoonheids­koninginne van oor die wêreld heen met hul landsvlae, maar Amy het verkies om eerder met ’n wit vlag in plaas van die ou (apartheids-) landsvlag te paradeer om vrede te simbolisee­r.

Oudpres. Nelson Mandela het daardie tyd sy hande vol gehad, maar Amy het sy aandag getrek. Hy het haar ná die tyd gebel om haar te bedank vir die dapperheid wat sy geopenbaar het. Amy was daai tyd ’n brose 24 jaar oud, maar was dapper genoeg om op ’n wêreldverh­oog ’n duidelike boodskap uit te stuur oor waarvoor sy staan.

Deur hierdie standpunt in te neem, het Amy gewys vroue kan leiding neem en ’n groot rol speel in broodnodig­e veranderin­g in ons huise; ons gemeenskap­pe; ons land en die wêreld. In die Indiese aktivis Mahatma Gandhi se woorde, Amy is die verskil wat sy wil sien in die wêreld.

Amy het sedertdien ’n gerekende sakevrou geword; sy doen liefdadigh­eidswerk en motivering­spraatjies, om net ’n paar van haar bedrywighe­de te noem. Tussendeur vervul sy ook haar rol as vrou vir haar man, Leighton, en ma vir haar kinders, Phillipa (21), Thomas (19) en Georgia Rose (12) met absolute oorgawe, want familie is vir haar ontsettend belangrik. Só ook haar geloof en verhouding met God. En dít is hoekom Amy op 50 – en 27 jaar ná haar Mej. SAkroon – stééds relevant is en iemand is na wie ons kan opkyk.

Niemand is perfek nie, maar Amy is so

na aan volmaakthe­id as wat ons kan kry omdat sy haarself volkome aanvaar en ander vroue inspireer om dieselfde te doen in alle fasette van hul lewe. En dis van hierdie selfversek­erde punt binne hulself dat vroue die wêreld en al sy uitdagings kan aanpak, én die vermoë het om ’n verskil te maak.

“As vroue vergeet ons hoeveel ons regtig doen en hoe groot van ’n verskil ons regtig maak. Kyk hoeveel jy ook buite (jou huis) vir jou gemeenskap en vir ander doen; hoeveel jy vir jou land doen en dalk ook vir die wêreld. Begin hierdie reis van selfwaarde­ring deur dankbaar te wees vir wie en wat jy is,”sê Amy.

uitdagings

Aan selfvertro­ue het Amy nie ’n tekort nie, maar beteken dit haar lewe is perfek of dat sy nooit struggles het soos ander vroue nie?

“Dit ís moontlik om die perfekte lewe te hê. Maar dit gaan daaroor dat jy bewus moet wees van jou seëninge in krisistye. Dis menslik om jammer te voel vir jouself wanneer dinge verkeerd gaan en vas te staar teen jou desperate finansiële situasie byvoorbeel­d. Maar dit gaan daaroor om eerder ’n attitude of gratitude te hê. Onthou ook, wanneer een deur toemaak, sal ’n ander deur wyer opgaan,”meen Amy.

Van krisisse kan jy veral vroue niks vertel nie, want dis baie keer hulle wat al die balle in die lug moet hou. As iets met die kinders gebeur, moet jy dit uitsorteer; as daar nie brood, krag, melk en dies meer is nie, moet Mammie sorg dat daar is; as die was- en strykgoed ophoop; is dit ook Mammie wat dit gedoen moet kry; as die kinders deur ’n dip gaan, moet Mammie help die stukke optel; en ná dit alles moet sy steeds genoeg energie oorhet om ’n vrou vir haar man te wees.“Want hy het ook mos aandag nodig.”

Amy se raad vir vroue is om nie oorweldig en paniekerig te raak deur alles nie. Sy sê wat vir haar in sulke oorweldige­nde tye werk, is om nie alles op een slag saam met jou te dra of te probeer oplos nie. Sy plaas dit in ’n“boksie”en deal met elke uitdaging op ’n gepaste tyd.

“Daar was al gevalle waar ek byvoorbeel­d ’n geskil gehad het met iemand by die werk, maar dan moes ek later ’n motivering­spraatjie gaan doen. Ek kan nie dan dit wat vroeër gebeur het heeltyd saam met my dra nie, want ek het ’n verpligtin­g om na te kom.”Dis in sulke gevalle waar die “boksie”handig te pas kom.

’n Groot uitdaging waarmee sy as vrou gekonfront­eer was, was ’n paar jaar gelede toe hul gesin uit Johannesbu­rg Franschhoe­k toe getrek het. Al is sy oorspronkl­ik van die Kaap, het Amy sedert haar kroning haar loopbaan en lewe in Johannesbu­rg gebou. Dít het haar fondasie geword en skielik moes sy haarself ontwortel. Vir Amy was hierdie ’n groot compromise en dit het tyd gevat voordat sy heeltemal gemaklik kon word daarmee.

“Dit was gróót vir my om ’n paar jaar gelede Franschhoe­k toe te trek,”beklemtoon Amy.“Ek het my hele loopbaan in Johannesbu­rg gebou. My man het toe ook voorgestel ons trek Nieu-Seeland toe (dis sy geboortela­nd), maar toe besluit ons op Franschhoe­k. Ek moes ’n kompromis maak.”

En dis toe sy Franschhoe­k toe trek dat haar uitdagings ’n realiteit geword het. Leighton is ’n sakeman en reis baie, wat vir Amy alleen gelaat het om die gesinslewe te bestuur sowel as om haar sakebedryw­ighede vanuit die Kaap te bestuur.

“Ek was basies ’n enkelouer. Ek moes funksies alleen bywoon en as Thomas of een van die kinders ’n probleem gehad het, moes ek dit uitsorteer. Ek het negatief hieroor begin praat totdat ek een aand besef het dis malligheid om só te dink en te voel!”

Sy het toe besluit in plaas daarvan om net die negatiewe in haar situasie raak te sien, dat sy al die voordele van haar nuwe lewe in Franschhoe­k moet begin neerskryf.

Van hierdie voordele was dat sy volle beheer gehad het oor hoe sy haar kinders wil grootmaak. Sy was ook ’n afstand van haar sakebedryw­ighede af en sy kon haar dagboeke beter bestuur.

“Toe ek ’n attitude of gratitude begin hê, het ek my balans gevind. Ek het nuwe vriende gevind en myself blootgeste­l aan ’n nuwe gemeenskap. Ek het oor die jare ook geleer om my drome neer te skryf en daarop te konsentree­r en om nooit op die ‘hoe’dit gaan realiseer, te fokus nie.

Die‘hoe’werk homself baie keer uit in plekke wat jy nie eens aan gedink het nie,” vertel Amy met ’n breë glimlag.

haar dogters

En dis met dieselfde attitude of gratitude en waardes van onder meer respek, eer vir God en om selfversek­erd te wees in wie en wat jy is, dat Amy haar kinders grootmaak. Om suksesvol in haar loopbaan te wees, is vir Amy verblydend, maar dis vir haar selfs belangrike­r om ’n goeie ma te wees en haar kinders trots te maak. Oor die jare het Kuier die voorreg gehad om Amy verskeie kere op ons voorblad te hê en hierdie keer doen sy dit saam met haar twee pragtige dogters, Phillipa en Georgia. (Thomas, wat tans ’n gap-jaar vat, het gereis en kon nie deel wees van die shoot nie.) En dis wanneer ons Amy saam met haar dogters sien en sien in watter selfversek­erde, grasieuse jong vroue hulle besig is om in te ontwikkel, is dit duidelik wat karakter betref, volg hulle in hul ma se voetspore. Amy het die vermoë om op enige stoel te sit asof sy op ’n troon sit – met fier en grasie soos ’n koningin, maar sy het ook die vermoë om enigeen soos haar gelyke te laat voel. In haar teenwoordi­gheid voel jy nooit minder van ’n mens nie en sy luister altyd met opregte belangstel­ling na mense se stories. Haar voete, al is sy beroemd en suksesvol, is stewig geanker op die aarde, omdat sy presies weet wie sy is en watter waardes vir haar belangrik is. En dis dieselfde eienskappe wat Phillipa en Georgia openbaar. Hul persoonlik­hede verskil soos hul looks, maar hul waardestel­sel, dit wat hulle by hul ma geleer het, is in sync met mekaar. Juis dít herinner ma’s dat jy die voorbeeld moet stel vir jou kinders, want kinders doen wat jy doen, nie noodwendig wat jy sê nie . . . “Dis vir my belangrik dat my kinders hul wortels ken. Dis belangrik vir my om my kinders te vertroetel. Ek bestuur my gesin só sodat my kinders selfversek­erd genoeg voel om in die arena van die lewe te gaan speel, en om geluk en hartseer te verwag. Maar dat hulle steeds weet ék is hul ruggraat en hul tuiskoms,”vertel Amy liefdevol. Op 21 is Phillipa, wat haar ma se ewebeeld is, baie volwasse vir haar ouderdom. Wanneer sy praat, is dit amper asof jy na ’n jonger weergawe van Amy luister. Sy openbaar dieselfde grasie, respek vir ander en luister netso aandagtig soos haar ma.

Oor haar ma het sy en Georgia net die mooiste te sê en niks hiervan is aangeplak omdat hulle deel is van ’n onderhoud nie.

“My ma is so cool! Al my vriende wil hê my ma moet húl ma wees,”begin Phillipa. Georgia beaam dit heelhartig.

Oor of hulle altyd geweet het hul ma is famous, vertel Phillipa ’n oulike storie. Sy herroep twee voorvalle toe sy begin agterkom het haar ma trek baie belangstel­ling van ander mense. Die eerste keer was toe sy sowat vier jaar oud was en hul gesin ’n fotosessie vir ’n tydskrif gedoen het en die ander keer was toe sy in graad vier was en hulle hul rolmodelle moes aandui. Laasgenoem­de was egter so ’n klein bietjie meer “traumaties”.

“In graad vier was daar ’n seun in my klas wat ’n prentjie van my ma geteken het. Ek het hom gevra hoekom en hy het gesê dis omdat sy Mej. Suid-Afrika was. Ek het daardie middag huilend vir my ma gevra hoekom die seun dit doen en sy het vir my verduideli­k hoekom,”vertel Phillipa.

Van daardie oomblik af het sy probeer om haar ma se voorbeeld te volg. En Phillipa het deur wie haar ma was, ook geleenthed­e gehad waarvan baie Suid-Afrikaners net kon droom. Sy het Madiba ontmoet en verskeie kere saam met haar ma vir hom gaan kuier en dit is herinnerin­ge wat sy altyd sal koester.

“Ek het nooit die druk gevoel om my ma se groot skoene vol te staan nie. Ek het ook nooit gevoel ek leef in haar skaduwee nie. Ek is trots op haar omdat sy God in haar hart het en haar gesin vir haar so belangrik is. Al is sy hoe besig, verander dít nooit nie,” vertel Phillipa.

Op 12 jaar is klein Georgia, die jongste in hul gesin, alreeds geanker. Met haar blonde hare en blou oë is sy weer haar pa se“minime”. Georgia is ’n besige tweenie en dit lyk of sy reeds van haar ma geleer het hoe om baie balle met gemak in die lug te hou.

“Ek doen waterpolo, hokkie, swem, hoogspring, én speel klavier en kitaar. Ek vind tyd om alles te doen,”sê sy met ’n glimlag en voeg by sy droom daarvan om ’n model te word.

En nes Phillipa is sy trots op haar ma en wat sy als al in haar lewe vermag het en steeds doen. So jonk soos sy is, het sy ook by haar ma geleer hoe belangrik dit is om jouself te ken en te weet wat jy uit die lewe wil hê.

“Om uit te figure wie jy is, moet jy selfreflec­t. En om dít te doen, moet jy teruggaan na dit wat jy geleer is,”sê Georgia.

Terwyl haar dogters gesels, raak Amy se gesig sag. Die trots lê vlak in haar oë. “Hoewel ek nie in ’n gewildheid­skompetisi­e is om‘cool’te wees nie, is die druk om my kinders tevrede te stel, vir my ver meer stresvol as om byvoorbeel­d voor die Verenigde Nasies ’n toespraak te lewer!”

Sy was onlangs juis uitgestres toe sy by Phillipa se universite­it ’n toespraak moes gaan lewer. Sy wou nie haar dogter op enige manier in die verleenthe­id stel nie.

Maar soos gewoonlik, het Amy nie teleurgest­el nie.“Dit het só goed gegaan, Ma,”sê Phillipa vir Amy.

En nou met Paasfees hier, kan Amy nie wag om hierdie spesiale tyd met haar gesin te spandeer nie. Vir die eerste keer in ’n lang tyd, gaan hulle by die huis wees en nie iewers heen reis nie.

Sy lag hartlik wanneer sy vertel aan die begin moes sy vir Leighton leer oor die belangrikh­eid van pickled fish hierdie tyd van die jaar, maar hy verstaan nou.

Amy Kleinhans-Curd leer ons jy kan alles hê wat jou hart begeer; dit hang net af uit watter perspektie­f jy dinge sien en of jy dapper genoeg is om ’n attitude of gratitude het – selfs in krisistye . . .

 ??  ??
 ??  ?? Van vorige bladsy
Van vorige bladsy
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa