Kuier

Ware lewensdram­a: Beroerte op agt

Toe hul lewenslust­ige dogtertjie ’n beroerte kry, is haar en haar gesin se lewens onherroepl­ik verander en nou kan hulle net wag en bid . . .

- Deur Chrislynn Sias

Van ’n spontane, lewenslust­ige kind tot een wat nou soos ’n baba van voor af moet leer om haar ledemate te gebruik, te praat en self toilet toe te gaan. Dít is die lot van Robin Jack, ’n energieke agtjarige meisie van Robertson in die Wes-Kaap, wat verlede jaar op 16 Desember onwetend ’n beroerte gehad het.

’n Beroerte op agt . . . Dit sink moeilik in en klink soos ’n fiktiewe storielyn in ’n boek of fliek, maar dit is nie. Dit is Robin se werklikhei­d en haar ouers leef nou ’n nagmerrie wat geen ouer ooit wil beleef nie.

Ellerich (32), Robin se ma en ’n maatskapli­ke werker, sê wat haar moederhart die seerste maak, is dat haar kind wat nooit stilgesit het nie, sedert die beroerte al maande lank aan ’n hospitaalb­edjie vasgekluis­ter is. Ná haar beroerte was Robin van Desember tot middel Maart in die Worcester Mediclinic waarna sy oorgeplaas is na die Netcare N1 City-hospitaal. Daarvandaa­n is sy oorgeplaas na die Netcare Rehabilita­tion Hospitaal in Aucklandpa­rk, Johannesbu­rg, waar sy tans intensiewe fisioterap­ie ontvang om die funksies van haar liggaam te herwin.

“Sjoe, Robin kon nooit stilsit nie. Kinders sit deesdae voor die televisie of met ’n selfoon, maar nie sy nie. Sy sou liewer buite speel en modderkoek­ies bak,”vertel Ellerich. Sy word stil voor sy diep asemhaal en verder oor haar spontane kind praat.“Sy het op vier begin dans en het steeds gedans tot haar beroerte. Sy het ook netbal gespeel, en miskien is ek bevooroord­eeld oor dit my kind is, maar sy kon speel, hoor!”

Sy lag saggies met die gedagte aan haar kind op die netbalbaan.“Sy kon regtig net nie stilsit nie en was altyd besig met iets – dis hoe sy was en dit is hoe ek haar graag sal wil terughê.” Volgens Ellerich het Robin ook ’n maatjie in haar klas gehelp met skoolwerk.“Sy het elke tweede pouse in die klas gebly om die kind te help met haar werk. Robin het nooit geskroom om mense te help nie, klein soos sy was. Ons grootmense kan nogal baie by haar leer.”

groot skok kom

Op 16 Desember was Robin egter nie haarself nie. Sy het gekla van ’n hoofpyn.

“Ek onthou nog haar hare was pasgevleg en ek het gedink miskien is dit te styf vas. Ons het toe besluit om haar hare los te maak en daarna was sy baie beter. Die hoofpyn was weg of só het ons gedink.”

’n Week daarna was die knaende hoofpyn egter terug en die Jack-gesin se lewens het ’n tragiese draai gevat.“Robin het skuins op die bank gelê en na my geroep om te sê haar kop pyn weer.”Toe Ellerich haar kind bekyk, het sy gesien dat Robin se gesig effens skeefgetre­k is en dis toe die gevaarligg­ies aan gaan.“Ek het so groot geskrik, maar het geweet ek moet my cool hou en het haar onmiddelli­k na die Mediclinic in Worcester gevat.”

By hul aankoms by die hospitaal het die dokter aan diens vir hulle gesê Robin het ’n beroerte gehad en haar onmiddelli­k vir ’n breinskand­ering gestuur. Dit het gewys sy het bloeding op haar brein.“Ek het nie eens woorde om te verduideli­k hoe ek gevoel het toe die dokter vir ons sê sy het bloeding op die brein nie, want hoe en wanneer? Ek het soveel vrae gehad.”

Ellerich sê die dokter het toe verduideli­k dat ’n aartjie in Robin se brein nooit reg gevorm het nie en as gevolg daarvan gebars het. Dis ook nie iets wat skielik gebeur het nie en die bloeding het waarskynli­k jare gelede al begin.“Sy is ’n gesonde kind en was nooit regtig siek behalwe vir griep af en toe nie. Dit was ’n groot skok en ek was oorweldig deur emosies van verwardhei­d en hartseer, want hoe kan my agtjarige kind dan nou skielik siek wees en ernstig siek daarby. Hoe?”

Niks kon die Jack-gesin egter voorberei op wat volgende sou gebeur nie. ’n Paar dae ná Robin se beroerte het sy in ’n semi-koma ingegaan. Sy kon niks eet of drink nie en moes deur ’n pyp in haar neus gevoed word. Sy is toe na die intensiewe sorgeenhei­d geskuif.

“Die dokter daar het ons ingelig dat hulle haar na die Netcare in N1 City gaan oorplaas omdat hulle daar die operasie gaan doen om die bloeding op haar brein te verminder. Ek kon nie wag vir die ambulans om ons te kom haal nie, want ek sou enigiets doen om my kind te help, enigiets.”Die desperaath­eid van daardie tyd is steeds rou in Ellerich se stem.

By hul aankoms by die hospitaal was dokters gereed en ’n paar uur later is die operasie uitgevoer. Die operasie het goed afgeloop, maar die dokter wou Robin nie wakker maak nie, want hy het gesê sy moes op haar eie bykom.“Hoewel die operasie goed afgeloop het, het niemand geweet wat om te verwag nie. Een van die dokters het vir my gesê my kind is baie siek en dat daar nie baie hoop is vir haar om ooit te herstel nie. As sy wel sou herstel, sou dit volgens hom ’n wonderwerk wees.”

Ellerich skep weer asem terwyl trane oor haar wange begin loop.“Ek dien ’n lewende God en het vir die dokter gesê dit is nie sy besluit of my kind sal herstel of nie, dis die Man van Bo s’n. Ek het geglo my kind sou herstel. Sy is ’n vegter.”

bly sterk

Die moeilikste tyd vir Ellerich was toe haar kind ná die operasie glad nie bygekom het nie.“Jou kind wat gewoonlik vol energie is, lê net daar. Ek het elke dag haar Bybelstori­es vir haar gelees, maar sy het nooit respond nie. Haar gunsteling­e, maar daar was nie eens ’n beweging van haar hand of enigiets nie. Dit is so moeilik om sterk te bly in sulke omstandigh­ede, maar dan moet jy jouself net weer herinner dat daar wel ’n lewende God is en dat Hy al jou gebede verhoor en al jou trane sien.”

En op 4 Februarie vanjaar het Robin daai einste dokter verkeerd bewys – haar oë het oopgegaan terwyl haar 15-jarige broer, Jaydin, vir haar gebid het.“Dit was vir my so ’n mooi en groot oomblik. Haar boeta is nie een wat voor mense sal bid nie, maar nes ek, het my kind geweet ons dien ’n lewende God. Nadat Robin haar oë oopgemaak het, het hy aan haar gesê om haar mond toe te maak anders gaan brommers daarin vlieg en toe lag sy.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Robin was voor haar beroerte ’n kranige netbalspel­er en baie aktief. VOOR
LINKS: Robin was voor haar beroerte ’n kranige netbalspel­er en baie aktief. VOOR

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa