Kuier

Inspirasie: Man maak meubels in rolstoel

Niks kan sy passie vir meubels stuit nie en hy wil sy vaardighed­e oordra aan die volgende generasie.

- Deur Marteli Brewis

Met ’n positiewe houding kan jy sommer baie uitdagings oorkom. Dít leer ons uit die storie van Lawrence Stoffberg (71) van Grassy Park buite Kaapstad, want ná jare van terugslae, waaronder die verlies van drie kinders en albei sy bene, is hy steeds positief en vasbeslote om sy vaardighed­e met ander te deel.

Hy het as 16-jarige sy passie ontdek om meubels te maak en het alles in sy vermoë gedoen om te leer wat hy kan, sodat hy die vaardighei­d kan bemeester.

lief vir sy werk

Lawrence vertel hy was maar sewe jaar oud toe hy met sy eerste vrag appels van Elgin, in die Overbergst­reek, stad toe gery het. Hy moes op kussings sit om by die kar se voorruit uit te kon sien. Maar hy wou eintlik van kleins af ’n verkeersko­nstabel word.

“Een van daai manne in die blou baadjies met daardie groot motorfiets­e,”vat Lawrence ons op ’n reis in sy verlede. Om dinge tuis makliker te maak, het Lawrence skool in standerd 8 (graad 10) verlaat nadat sy ma, wat as char gewerk het, vir hom ’n werk as skoonmaker by haar werkgewer se meubelfabr­iek in Woodstock gekry het.

Kort voor lank het Lawrence begin leer hoe om self meubels te maak en upholstery te doen en dit terdeë geniet. Soveel so dat hy die beste wou wees, daarom dat hy verder gaan studeer het by ’n tegnikon.

Sy werkgewer het sy talent, ambisie en passie raakgesien en hom ook van binnenshui­se versiering geleer. Hier het hy geleer hoe akkuraat ’n mens moet werk wanneer dit by meubels kom en hoe belangrik dit is om skoon en netjies te werk.

“Jy moet die hele tyd jou hande was terwyl jy werk, want jy kan nie die bank vuilmaak nie. Niemand sal dit dan wil koop nie,” verduideli­k hy.

Met sy passie en werksetiek het Lawrence vinnig die meubel-leer geklim en

’nMensmoetw­erkvirdit watjywilhê.Jykannieal­lesverniet­wilhênie.Ekhet hardgewerk­virallesin­my lewe.Ekwilsiena­lmalgaan vorentoein­dielewe.

op 35 het hy sy eie besigheid begin. Sy kliënte het van heinde en verre gekom om sy meubelstuk­ke te koop, want hulle het geweet – Lawrence maak kwaliteit en teen ’n billike prys. Lawrence se besigheid is so suksesvol dat wanneer hy dit op sosiale media adverteer, mense sy banke koop nog voordat hulle dit gesien het.

Lawrence se vrou, Adelaide (69), met wie hy al 52 jaar getroud is, help hom in die fabriek met naaldwerk en vertel hy sal haar soms, baie ordentlik, vra om los te trek as iets nie aan sy hoë standaarde voldoen nie.

sy familie

Dit was liefde met die eerste oogopslag, erken Adelaide met ’n skaam glimlag en die paartjie ondersteun mekaar deur dik en dun.“Hy het my eendag uit die klerefabri­ek kom haal en gesê hy wil nie hê ek moet meer werk nie. Ek moet ons kinders by die huis grootmaak.” Die paartjie het agt kinders. “Een elke jaar, behalwe vir ons laatlammet­jie,” vertel Adelaide.

Lawrence se gesig straal met trots wanneer hy van sy kinders – twee seuns en ses dogters – praat. Wanneer hy vertel van sy twee seuns en oudste dogter wat die paartjie te vroeg aan die dood moes afstaan, is dit duidelik dat hy nie net ’n onberispel­ike karakter het nie, maar dat hy oor ’n innerlike positiwite­it beskik wat sy hele lewensuitk­yk bepaal.

“Dit is ’n wonderlike ondervindi­ng en ’n proses om deur te maak. God is goed, want Hy het weer vir my twee pragtige kleinseuns, wat net soos hul pa’s (wat oorlede is) lyk en is, so die naam van Stoffberg leef aan!”

Hy vertel as sy kleinseuns kom kuier, is dit amper soos om weer sy seuns in die huis te hê. Die gesin leef baie na aan mekaar en tot vandag toe is dit vir Lawrence belangrik dat hy voortleef in sy kinders se harte wanneer hy die dag nie meer hier is nie. Met dieselfde deursettin­gsvermoë en liefde wil Lawrence sy passie en vaardighed­e vir ander leer.

Daar is so baie jong manne sonder werk wat nie die geleenthei­d het om te studeer nie, want dis duur. Só is dit Lawrence se droom om ’n tipe opleidings­kool te begin wat deur die staat gesubsidie­er word sodat hy sy vaardighed­e kan oordra en vir ander die geleenthei­d gee om hul besighede te begin of ’n goeie werk te kan kry.

“’n Mens moet werk vir dit wat jy wil hê. Jy kan nie alles verniet wil hê nie. Ek het hard gewerk vir alles in my lewe. Ek wil sien almal gaan vorentoe in die lewe.”

Tans leer hy sy skoonseun, Carlton Thomas (25), alles wat hy weet. Maar hy hoop steeds om op ’n manier toegang tot ’n groter werkswinke­l te kry om as opleidings­lokaal te gebruik, asook gereedskap sodat hy die ding aan die gang kan kry.

Dít, ten spyte daarvan dat hy nie net gevorderd in sy jare is nie, maar reeds altwee sy bene verloor het en ’n pasaangeër in sy hart het.“Terwyl daar nog lewe in my is, wil ek die meeste daarvan maak. Ek gaan nog ’n rukkie hier wees, want God het nog nie vir my in ’n droom kom sê Hy gaan my kom haal nie.”

In 2016 het Lawrence ’n bars op sy linkertoon gekry, maar homself nie veel daaraan gesteur nie.“Met huisraad het ek dit maar gedokter en aangegaan.”Totdat dit pikswart geword het. Volgens hom het hy ’n toestand ontwikkel wat bloedklont­e veroorsaak en bloedsirku­lasie na sy bene belemmer het. Dit was so erg dat dokters sy linkerbeen ses sentimeter bo sy knie moes amputeer om te keer dat die gangreen verder versprei. Selfs vir Lawrence, met sy positiewe ingesteldh­eid, was dit ’n bitter pil om te sluk.“Oe, dit was ’n nare gevoel. Dit was glad nie ’n lekker ding daai nie. Hulle moes hard probeer om my te oortuig en te laat verstaan daar is nie ’n ander manier nie.”

Adelaide vertel trots een dokter het gesê Lawrence het al sy gesondheid­sterugslae oorleef sodat hy sy uitsonderl­ike passie en talent vir die ambag met ander kan deel. Dit was ook hierdie gedagte wat hom bygebly het nadat sy regterbeen vanweë dieselfde redes in 2017 geamputeer moes word.

“Hy het die dag wat hy uit die hospitaal ontslaan is, reguit werkswinke­l toe gegaan om verder te werk.”En só pak Lawrence steeds die lewe aan – met integritei­t, passie en deursettin­gsvermoë.

Soms jeuk sy been so erg dat hy amper uit sy rolstoel val so vinnig probeer hy krap. Ander kere kry hy ’n kloppende pyn in sy voet, al is dit nie meer daar nie. Dit is maar alles deel van die lewe met geamputeer­de ledemate. Hoewel hy graag robotic prostese wil hê, kos dit ’n allemintig­e R400 000 en hy is nie seker of dit hom ooit sal beskore wees nie.

“Ek kan myself mos nou nie in die skuld dompel vir bene nie,”lag hy. Maar niks hou vir Lawrence terug nie. Inteendeel, dis asof teenspoed hom inspireer tot groter hoogtes en hy wil nog baie verrig in die tyd wat hy oorhet . . .”

LAWRENCE STOFFBERG

 ??  ?? HOOFFOTO: Lawrence Stoffberg maak steeds meubels al is albei sy bene afgesit.
HOOFFOTO: Lawrence Stoffberg maak steeds meubels al is albei sy bene afgesit.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa