Kuier

Entreprene­ur: Groot sukses ná duur lesse

Al kan sy ander se voor- koms in ’n japtrap omtower, was haar lewe nie altyd maklik nie. Maar sy het lesse geleer en pas dit nou in haar eie besighede toe!

- Deur Tarren-Lee Habelgaarn

As jy ’n Kaapse celebrity sien wat van kop tot tone stunning lyk, is die kanse goed dat hulle“geKyrafied”is. Dit beteken hulle is deur die grimeerkun­stenaar en stilis Kyra Loubser (45) onder hande geneem.

Kyra is nie net die“koningin van glam” nie, sy het ook ’n kop vir besigheid en is nou die mede-eienaar van Gabriella Boutique in Seepunt.

Maar wat nie almal weet nie, is dat hierdie suksesvoll­e entreprene­ur, wat mense met die regte uitrusting en grimering kan transforme­er, nie eens skool klaargemaa­k

het nie en sy moes al by KFC en as kelnerin werk om die rekeninge te betaal.

Daar was ook ’n tyd toe sy in die duisternis van dwelmmisbr­uik verval het, maar in ware Kyra-styl, het sy haarself daaruit gekry en dis met dieselfde vasbeslote­nheid en geesdrif dat sy haarself bemagtig en opgebou het in ’n gerekende grimeerkun­stenaar en stilis.

Kyra, oorspronkl­ik van Elsiesrivi­er op die Kaapse Vlakte, is die TV- en radio-aanbieder Tracey Lange se grimeerkun­stenaar en stilis en het ook al met talle bekendes soos Kim Engelbrech­t, Alistair Izobell, Marc Lottering, Christo Davids, David Kramer, Jody Abrahams, Shaleen Surtie-Richards en Vinette Ebrahim gewerk. En dis ook einste Kyra wat Kuier se redakteur, Kay Karriem, elke week op kykNET se geselsprog­ram Tussen Ons soos ’n ander mens laat lyk! Sy het al oorsese sterre soos Judy Boucher, Maxwell, Percy Sledge en Sophia Loren onder hande gehad. Sy het ook al ons Oscar-wenner Charlize Theron ook gestileer.

werk hard

Kyra sê sy geniet die wêreld van TV en flieks, maar om haar eie klerewinke­l saam met haar skoonsuste­r te kon oopmaak, is ’n droom wat waar geword het.

So van kliphard werk, kan jy Kyra niks vertel nie. Sy het al op 16 begin werk nadat sy die skool en haar ouerhuis verlaat het.

Kyra kom uit ’n familie van onderwyser­s en het geweet as sy die skool los, sal sy moet werk. Om by die huis te sit, was nie ’n opsie nie. Sy het ’n sterk band met haar familie en sê dit was ’n moeilike besluit om weg te stap, maar is nie vandag spyt oor die lesse wat sy op haar eie geleer het nie.

Nadat sy uitgetrek het, het Kyra by ’n familievri­endin gaan woon waar sy vir die eerste keer aan haarkapper­y blootgeste­l is. Dié vriendin het ’n haarsalon van die huis af bedryf en dit is waar Kyra toe begin werk het. Daar het sy alles geleer van stilering, haarkapsel­s en kleur.

Kyra het as kind daarvan gehou om met poppe te speel en het met haar ma se klere dress up gespeel, maar sy het nooit daaraan gedink om in die skoonheids­bedryf te werk nie. Sy wou rekeningku­nde of wetenskap gaan swot. Maar sy het gou ’n liefde begin ontwikkel daarvoor om mense mooi te maak en toe sy genoeg geld gespaar het, het sy by Glemby Internatio­nal in

Seepunt as haarkapper­student begin.

“Dit was moeilik om selfonderh­oudend te wees. As tiener is jy gewoonlik nog op skool en jou ouers is daar om jou te ondersteun en te help om keuses te maak. Ek moes op my eie twee voete staan en self seker maak dat ek geld het vir kos, verblyf, klere, vervoer en my studies,”sê sy.

“Dit was baie moeilik, maar dit het my ook geleer hoe om met geld te werk. Ek het sommige aande net jam en brood geëet, totdat ek weer geld gehad het en dan het ek myself met ’n lekker Spur-ete bederf.”

groei

Op 19 het Kyra Johannesbu­rg toe verhuis en by Carlton Hair Internatio­nal begin werk. Sy wou egter ’n nuwe uitdaging hê en het ná haar tyd by Carlton Hair by Malibone, die eerste sogenaamde swart salon in Hillbrow, begin. Sy wou meer oor etniese hare leer. Dis ook by dié salon waar sy vir die eerste keer met bekendes soos Brenda Fassie en Lebo Mathosa begin werk het.

“My tyd in Johannesbu­rg het ’n hele nuwe reis vir my begin. Die jaar toe Amy Kleinhans-Curd as Mej. Suid-Afrika gekroon is, was ek ook deel van die span wat agter die skerms gewerk het om haar en die ander meisies van kleur mooi te maak en dit is waar ek verlief geraak het op televisie en die skoonheids­wêreld. Dit was ’n baie opwindende tyd vir my.”Maar dit was ook die tyd toe sy aan dwelms verslaaf geraak het omdat dwelms en partytjies algemeen was in die kringe waarin sy toe beweeg het.

Kyra het gevoel asof sy beheer oor haar lewe verloor. Uiteindeli­k het sy besluit om haar werk te los en terug te keer na haar familie in die Kaap. In daardie stadium het sy hulle sewe jaar laas gesien, maar sy is met ope arms terugverwe­lkom.

Terug in die Kaap, het sy ’n studiekurs­us in bemarkings- en verkoopsbe­stuur gedoen met die doel om haar loopbaan in ’n volhoubare besigheid te ontwikkel. Maar daar was rekeninge. Sy het deeltyds hare en grimering gedoen, maar het ook as kelner by verskeie restaurant­e gewerk, totdat sy haarself tot bestuurder opgewerk het. Later het sy ’n bestuurspo­sisie by KFC se hoofkantoo­r gekry en vir 10 jaar daar gewerk. Rondom dieselfde tyd het sy een aand tydens ’n teateruits­tappie die Idols- wenner Karin Kortjé ná ’n show ontmoet. En dis dié ontmoeting wat als verander het, want Karin het vir Kyra gevra om haar stilering en grimering te doen. Daarna het deure vir Kyra begin oopgaan.

Kort voor lank het sy ook Tracey Lange se“mooimaakpe­rsoon”geword en ’n goeie verhouding met Homebrew Films, wat gewilde programme soos Bravo! en Tussen Ons vervaardig, opgebou. En nou is Kyra ’n handelsmer­k op haar eie!

“Tracey is my eie Barbie en ek is mal daaroor om met haar pop te speel. Ek sien uit na elke nuwe look wat ons optower en dit is Tracey wat met die term‘Kyrafied’begin het. Nou gebruik ek dit vir my besigheid.”

Kyra sê om jou eie baas te wees of op kontrak te werk, is nie net moeilik nie, maar verg ook dissipline. Jy kan nie net geld los en vas gebruik nie. Jy moet weet dat jy sommige maande baie werk gaan hê en ander tye min. Sy het dit ’n reël gemaak wanneer sy betaal word, sy altyd 15% van die geld wegsit en dan daarvan vergeet.

“Jy moet vergeet en dit net spaar. Jy moet ook dink aan moontlike toekomstig­e uitgawes en spaar in ’n maand wanneer jy baie werk het, sodat dit jou nie onkant vang nie. Maar selfs om ’n huis te koop, was nie maklik nie. Mense wil sien dat jy ’n stabiele inkomste het en wanneer jy op kontrak werk, kry jy nie ’n payslip nie,”sê sy.

“Ek moes ’n rekenmeest­er aanstel om my te help en om vir my raad te gee. Ek moes seker maak dat ek op sekere dae sekere betalings kry sodat ek vir myself ’n profiel by die bank kon opbou, maar vandag kan ek met trots sê ek het ’n plekkie van my eie en steeds in Elsiesrivi­er natuurlik. Om terug te gee aan my gemeenskap en om na aan my mense te wees, is baie belangrik.”

Mense het verlede jaar gedink sy is mal toe sy in die huidige ekonomiese klimaat Gabriella Boutique oopmaak. Maar nes met al die ander geleenthed­e en projekte wat sy al aangepak het, het Kyra geglo al werk die besigheid nie uit nie, sou sy ten minste iets daaruit leer. Wel sover, is dit net suksesless­e!

 ??  ?? HOOFFOTO: Kyra Loubser is ’n suksesvoll­e besigheids­vrou.
HOOFFOTO: Kyra Loubser is ’n suksesvoll­e besigheids­vrou.
 ??  ?? REGS: Só lyk Tracey Lange wanneer sy ge-Kyrafied is.
REGS: Só lyk Tracey Lange wanneer sy ge-Kyrafied is.
 ??  ?? ONDER: Kyra en haar skoonsuste­r, Gheneez Munian, in hul boutique. MIDDEL: Kyra doen Ingrid Jones se grimering op Tussen Ons.
ONDER: Kyra en haar skoonsuste­r, Gheneez Munian, in hul boutique. MIDDEL: Kyra doen Ingrid Jones se grimering op Tussen Ons.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa